Menu terloops
In Features [5 Jul 2024]

Van ‘Koek’ en ‘Taktiek’ tot ‘Die Byl’ en ‘Wyfie’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings


‘Koek’ en ‘Taktiek’ is voor in die TV-koor met ses benoemings elk by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Van ‘Koek’ en ‘Taktiek’ tot ‘Die Byl’ en ‘Wyfie’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat die beste speelfilms en akteurs van die Silwerskermfees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas. Dit sal die volgende aand, Sondag 1 September, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) uitgesaai word.

Vir die meer as 20 TV-kategorieë – waaronder beste akteurs, aanbieders en persoonlikhede in verskeie genres en formate – kom kykNET en Showmax-reekse wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir televisievermaak gesorg het, in aanmerking.

Drie toekennings vir lewensbydraes in die televisiebedryf word ook uitgedeel. Die name van ontvangers sal op 15 Augustus aangekondig word.

’n Onafhanklike paneel kundiges krap reeds koppe om die kategoriewenners te bepaal, maar kykNET-intekenare kan ook hul mening lug oor wie die Persoonlikheid van die jaar moet wees.

Kandidate vir Persoonlikheid van die jaar is Op my eish! se Brendan Peyper en Rachelle Fourie; Derick Hougaard van HougaardLiefling van Loftus; Avril Albetti van Die brug; Anita Lloyd van Die Real Housewives van die Wynlande en dan die wenners van Kokkedoor: Vuur en Vlam – Karen Els en Gert Joubert.

Kykers wat wil stem, kan hul keuse keuse maak op die kykNET-webwerf vanaf 5 Julie tot 5 Augustus.

Die TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is:

Beste byspeler in ’n komedie

Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Mandri Sutherland en Schalk Bezuidenhout, wat ’n maltrap-tweeling in Taktiek vertolk, het albei benoemings ontvang – Mandri vir beste byspeler in ’n komedie en Schalk vir beste akteur in ’n komedie. Foto: Verskaf

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

  • Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden
  • Kyk wie praat – De Klerk Oelofse
  • My ma kook beter as joune – Early-B
  • Sê jou sê – Aiden Thomas

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

Beste akteur in ’n komedie

  • Magda Louw – Hannes van Wyk
  • Lui maar op, Belinda – Chris van Niekerk
  • Taktiek – Bennie Fourie
  • Taktiek – Schalk Bezuidenhout

Beste aktrise in ’n komedie

  • Magda Louw – Desiré Gardner
  • Lui maar op, Belinda – Brümilda van Rensburg
  • Taktiek – Leché Joubert
  • Taktiek – Marion Holm
Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Leché Joubert in Taktiek. Foto: Verskaf

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Beste ensemble-aanbiederspan

  • eNuus – Jenna-Leigh Bilong, Daniëlla van Heerden, Barron Hufkie, Genée White, Echbert Boezak, Percivale Young
  • Ontbytsake – Dawie Roodt, Charlene Lackay, Corli Prinsloo, Leon Gropp, Anika de Beer
  • Die groot ontbyt – Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Jenna-Leigh Bilong
  • Kom ons praat daaroor – Annelie Bouwer, Charonike Nel, Tanya de Vente-Bijker
  • Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Suidooster – Marco Spaumer
  • Diepe Waters – Werner Coetser
  • Binnelanders – Odelle de Wet
  • Arendsvlei – Bobby Stuurman
  • Wyfie – Marguerite van Eeden
Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Marguerite van Eeden as Wilmien in Showmax se universiteitsdrama, Wyfie. Foto: Verskaf

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Hartklop – Jacques Bessenger
  • Straat – Wilhelm van der Walt
  • Die Byl – Gershwin Mias
  • Koek – Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in ’n drama

Marion Holm, Trompoppie, Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Marion Holm het twee benoemings ontvang – een elk vir haar spel in Taktiek en Trompoppie. Foto: Verskaf

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

  • Kwêla – Pieter Koen
  • Bravo! – Ewan Strydom
  • Prontuit – Kabous Meiring
  • Klop! – Heindrich Wyngaard
  • Medies – Darren Green

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

  • Roer – Alfred Adriaan
  • KoppieTeeFontein – Jak de Priester
  • Hannes aan Huis – Hannes van Wyk
  • Laataand by Rian – Rian van Heerden

Beste aanbieder in ’n aktuele program

Beste akteur in ’n drama

Beste aktrise in ’n drama

Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Melisssa Myburgh is benoem vir haar fynbesnaarde spel in Showmax se Trompoppie. Foto: Verskaf
  • Hartklop – Renate Stuurman
  • Die Byl – Amalia Uys
  • Die Byl – Milan Murray
  • Trompoppie – Melissa Myburgh
  • Koek – Cindy Swanepoel

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

Sepievoorskou, Arendsvlei, Beatrice, Jolene Martin Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Jolene Martin het vir ses jaar die rol van Beatrice in Arendsvlei vertolk. Foto: Verskaf

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 31 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies