VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.
Meer
Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.
Meer
Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.
Meer
Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.
Meer
As daar nou een maatsoekreeks is wat kykers reeds van 2008 landwyd aan’t gons hou, is dit ‘Boer soek ’n vrou’ op kykNET. Hier is ’n paar kort terugflitse na hoogtepunte in dié reeks oor die afgelope jare.
Meer
“Ek ruil haar doek om en kry amper ’n staande applous. Ek stap met haar rond om haar aan die slaap te kry en mense sê: ‘Sjoe, jy is darem ’n goeie pa’. Maar wanneer ’n vrou presies dieselfde doen, is sy nie ’n held nie. Sy is net ’n ma.” Corné van Rooyen vertel oor hoe die emosionele kern vir die nuwe dramareeks ‘Beter as Gister’ reeds in die begindae van pa-wees begin vorm aanneem het.
Meer
‘Boer soek ’n Vrou’ se Reandi Grey is slaggereed met die nuwe oes boere wat in die 18de seisoen van dié gewilde maatsoekreeks na liefde soek. Sy vertel meer oor waarna kykers in dié seisoen kan uitsien.
Meer
Die 14de kykNET Silwerskermfees vertoon vanjaar 22 rolprente, waaronder dokumentêre, onafhanklike kortfilms, asook kortfilms deur gevestigde én opkomende filmmakers. Ook vyf vollengte speelfilms, word bekendgestel.
Meer
Wanneer laas was jy op Sasolburg? Dis waar ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ se Janie du Plessis en haar uitblinkerspan in vandeesweek se episode ’n gastehuis omtower.
Meer
Die tweede seisoen van die bekroonde misdaadkomedie 'Koek' is ná drie aflewerings in volle swang – hier is 12 interessante feite oor die reeks.
Meer
Die tweede seisoen van die bekroonde misdaadkomedie 'Koek' blyk die een wilde episode ná die ander te wees. Wolflight Films wys wat agter die skerms tydens verfilming gebeur het.
Meer
Staan nader, huiskokke en onthoukokke – die verkwiklike 'Kokkedoor' – een van Suid-Afrika se gewildste koswerklikheidsreekse – is op pad terug na die kassie.
Meer
Dean John Smith is omtrent ’n verkleurmannetjie. Hy’s die gawe, aantreklike Wade wat in 'Suidooster' die harte so laat fladder. Hy’s ook daai skreeusnaakse Bettie wat so lekker en snaaks kan klets en skinder. En nou gaan hy sy lyf ook aanbieder hou in ’n nuwe vermaakprogram op kykNET&kie, ‘Show’KIE’.
Meer
"As jy met die duiwel wil dans, wees reg vir die hel …” Die grusame eskapades van ’n voorstedelike huisvrou en ’n ongenaakbare bendebaas woed voort in die tweede seisoen van Wolflight Films se misdaadkomedie 'Koek', wat eersdaags op DStv Stream begin.
Meer
In vandeesweek se episode van ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ is dit A Little Guesthouse aan die buitewyke van Bloemfontein wat ’n transformasie broodnodig het.
Meer
Talle 'Suidooster'-kykers sien deesdae rooi oor die liefdesdriehoek tussen Wade (Dean Smith), Zoë (Lauren Joseph) en Angie (Char Carrie)... Lauren vertel meer oor dié storielyn en hoekom Zoë en Wade altyd hul pad terug na mekaar vind.
Meer
Daar is uiteenlopende vermaak vir kykers op die kassie vandeesmaand – van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi tot die volgende ‘Yellowstone’-hoofstuk, die dramareeks ‘Dutton Ranch’. Hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.
Meer
Dis vir hom ’n droom om by kykNET se ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ betrokke te wees, vertel Willus Bosch, ’n binnenshuisversierder en opknapper aan wie kykers verlede week vir die eerste keer voorgestel is.
Meer
Junie bring groot emosionele spanning na 'Skemergrond' wanneer verhoudings onder groot druk beland, geheime planne ontvou en die verlede onverwags sy opwagting maak.
Meer
As jy gedink het die swembadwaters gaan stil gaan lê omdat dit winter is, dink weer. Junie beloof om een van die mees intense maande nóg in ‘Diepe Waters’ te wees.
Meer
Die Kaapse winter bring stormagtige kinkels na 'Suidooster' dié Juniemaand. Daar is winde van verandering wat verwoestend waai en daartoe bydra dat soete drome in nagmerries ontaard.
Meer
Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (1 tot 5 Junie) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.
Meer
In die sesde episode van ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’ op kykNET mik die span Piketberg se kant toe.
Meer
Adrian Steyn, wat tans as Ryan Peterson in 'Die Toring' te sien is, het vandeesweek ook tot die wêreld van 'Skemergrond' op kykNET & kie toegetree.
Meer
Met die 14de kykNET Silwerskermfees wat in Augustus vanjaar plaasvind, is inskrywings ook reeds oop vir 2027 se fees. Hier’s als wat jy moet weet om in te skryf.
Meer
Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (25 Mei tot 29 Mei) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.
Meer
As ’n ambisieuse junior ontleder in die beleggingsbankwese, is Jan Combrink se karakter in 'Die Toring', Theo Burger, honger vir sukses. Jan vertel meer oor dié rol, sy eerste as deel van die hoofrolverdeling in ’n Afrikaanse reeks.
Meer
Ava Philips (Simone Neethling) is die nuwe apteker in die kykNET-sepie ‘Suidooster’, maar dit word gou duidelik dat daar veel meer aan haar is as wat ’n mens op die oog af sou dink. Simone vertel meer.
Meer