- Toegang tot en gebruik van die Webwerf sowel as die inligting en materiaal beskikbaar op die Webwerf word slegs toegelaat indien dit wettig en vir privaat, nie-kommersiële doeleindes is (tensy relevante lisensiëringsbepalings en -voorwaardes, waarna in klousule 3.2 verwys word, anders bepaal ten opsigte van spesifieke sagteware en/of bronkode), onderhewig aan die Webwerf se Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik. Met ander woorde, jy mag slegs toegang tot die Webwerf verkry en dit, of enige van die inligting en materiaal beskikbaar op die Webwerf, gebruik op ’n wettige manier, vir jou privaat en nie-kommersiële doeleindes, in ooreenstemming met die Webwerf se Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik, en nie vir enige kommersiële of ander nie-privaat doeleindes nie, tensy jy vooraf ons skriftelike toestemming daartoe verkry het.
- Toegang tot en gebruik van sagteware en/of bronkodes gepubliseer op https://terloops.co.za/ wat die standaardkennisgewing “Apache 2.0” of “GNU GPL” insluit of enige ander bekende gratis sagtewarelisensies is onderworpe aan die onderskeie lisensiëringsbepalings en -voorwaardes.
- Jy mag die cache van die Webwerf stoor solank die doel van die cacheberging is om die oordrag of aflaai van die inhoud op die Webwerf meer doeltreffend te maak, en solank jy nie cachedata of -inhoud op enige manier hoegenaamd verander, reproduseer of daarmee inmeng nie, of andersins die cachedata of -inhoud op ’n manier gebruik wat nie deur ons gemagtig is in hierdie Webwerf se Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik nie, en op voorwaarde dat jy die cachedata of -inhoud bywerk of verwyder indien ons jou versoek om dit te doen.
- Geen persoon mag die Webwerf raam (“frame”) op enige manier sonder ons skriftelike toestemming nie. Behalwe bona fide-soekenjinoperateurs en die gebruik van die soekfunksie wat deur die Webwerf voorsien word, mag geen persoon sonder ons skriftelike toestemming enige tegnologie of toepassings (soos webkruipers, webspinnekoppe, botte, oesbotte en skrapers) gebruik of probeer gebruik om die Webwerf te deursoek vir enige doeleindes nie.
- Jy mag jou persoonlike menings, boodskappe en idees in enige forum op die Webwerf deel nadat jy geregistreer het om deel te neem aan die beoordeel van en/of puntetoekenning aan inhoud en die betrokke forum se bepalings en voorwaardes (indien enige) aanvaar het.
- Jy onderneem om geen inligting of inhoud op die Webwerf te laai wat onwettig, lasterlik, teisterend, obseen, persoonlik, kommersiële reklame, bemarkingsmateriaal, godslasterlik, onwaar, vals, inkorrek, misleidend is of mag wees nie, of regte op privaatheid skend, of regte op intellektuele eiendom of enige ander regte of belange van ons, ons geaffillieerdes of van ’n derde party, of op enige manier skadelik is of mag wees nie.
- Ons mag die plasings op en voorleggings aan die Webwerf bestuur om hierdie inligting op ’n geordende manier te laat verskyn, om te verseker dat plasings of voorleggings voldoen aan hierdie Bepalings en Voorwaardes, en vir enige ander rede wat ons as toepaslik beskou, hoewel ons geen verpligting het om dit te doen nie. Enige inhoud wat jy plaas, mag ons wysig, verwyder of weier om dit te plaas, hoewel ons geen verpligting het om dit te doen nie.
- Om die Webwerf te bestuur, mag ons werknemers of ander persone aanwys om as moderators en administrateurs van die Webwerf (“Moderators”) op te tree. Jy stem in om die aanwysings van die Moderators te gehoorsaam rakende jou toegang tot en gebruik van die Webwerf.
- Ondanks die bepalings van die voorafgaande klousules, is ons nie verantwoordelik vir enige inligting of inhoud wat deur jou of derde partye geplaas word op die Webwerf nie.
- As jy enige inligting of inhoud op die Webwerf plaas, is jy verantwoordelik vir enige verlies, aanspreeklikheid of skade wat vir ons of geaffilieerdes mag ontstaan as direkte of indirekte gevolg van jou plasing op die Webwerf.