Menu terloops

Flieks

Van ‘Magda Louw’ en ‘Die Kantoor’ tot ‘Niggies’ en ‘Appels en tee’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

Jaco Bouwer se boeiende dramareeks ‘Niggies’ spog met die meeste benoemings by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
11

Flieks in 2026: Watter rolprente dis streamers soos Netflix en Apple TV dié jaar op?

Die beste flieks word al lankal nie meer spesifiek vir die grootskerm ontwikkel nie – daarvan kan bekroonde flieks wat deur stromingsplatforms vervaardig is, soos 'CODA' en 'Roma', getuig. So, wat lê hierdie jaar op stromingsdienste voor wat die vrystelling van oorspronklike rolprente betref?

Meer

Oscars 2026: Van Brad Pitt se ‘F1’ tot rekordbreker ‘Sinners’ – hier is wie vir gesogte pryse meeding

Ryan Coogler se 'Sinners' is voor in die koor met nie net die meeste benoemings vir vanjaar se Oscars nie, maar ook as die rolprent met die meeste benoemings nog.

Meer
26

‘One Piece’, ‘G20’, ‘1923’, en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

‘Finding Optel’: ‘Ons plaaslike stories het ’n plek in die wêreld,’ meen aktrise Zenobia Kloppers

Die lieflike en vermaaklike plaaslike fliek ‘Finding Optel’ het binnekort sy internasionale première by die gesogte BFI Londen-rolprentfees, waarna dit ook op Showmax beskikbaar sal wees. Een van die fliek se sterre, Zenobia Kloppers, vertel meer. 

Meer

‘The Heart is a Muscle’, ’n boeiende blik op manlikheid, gaan Oscars toe

Regisseur en skrywer Imran Hamdulay se debuutspeelfilm, die rou en boeiende 'The Heart is a Muscle', is amptelik gekies as Suid-Afrika se inskrywing vir die 98ste Oscars.

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Khaki Fever’

FOTO'S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van die bekroonde filmmaker Brett Michael Innes se gewaagde komedie 'Khaki Fever', nou op Showmax.

Meer

Christopher Jaftha bult meer as net spiere in ‘Khaki Fever’-hoofrol

Agter die grootpratery en sy bultende spiere, lê daar ’n kwesbaarheid wat hom tot die karakter van Daniel in die bronstige komedieprent 'Khaki Fever' gelok het, vertel die akteur Christopher Jaftha.

Meer

‘My f*k, Marelize!’ skiet na nommer 1

'My f*k, Marelize!' het die top-posisie by die Suid-Afrikaanse loket (en in Namibië) tydens sy openingsnaweek verower.

Meer

Silwerskermfees 2025: Waar en wanneer om vanjaar se stories te kyk

Van die première van die hartverwarmende 'My f*k, Marelize!' tot 'Tussen hemel en aarde', die aangrypende dokumentêre verhaal van ’n gesin se tragiese verlies – vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf.

Meer

‘Hen’, ‘Nêrens, Noord-Kaap’ maak amper skoonskip by 2025 Silwerskermtoekennings vir Film en TV

Nico Scheepers se aangrypende TV-drama 'Nêrens, Noord-Kaap', asook sy ontnugterende sielkundige gruwelprent 'Hen', het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV. 

Meer

Silwerskermtoekennings 2025: ‘Hen’ en ‘Carissa’ voor met meeste speelfilm-benoemings

Aan die voorpunt van vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings is die diep roerende 'Carissa' en Nico Scheepers se onheilspellende 'Hen' wat onderskeidelik 12 en 11 benoemings ontvang het.

Meer

Silwerskermtoekennings 2025: Hier is die dokkies en kortfilms se benoemdes

Die eerste sarsie van die Silwerskermtoekennings vir Film en TV vind Saterdagoggend plaas en die benoemdes vir onder meer die kort- en dokumentêre filmkategorieë is nou bekend.

Meer

Silwerskermfees 2025: Dís op dag 2 se spyskaart

Die tweede dag van die fees begin met twee uiteenlopende kortprente – wat die bekroonde aktrise Cindy Swanepoel se debuut as regisseur insluit – en sluit af met Nico Scheepers se onheilspellende drama, 'Hen'.

Meer

Silwerskermfees 2025: Dís wat wag op dag 1

Die 13de kykNET Silwerskermfees begin vandag met ’n topklas-skedule wat twee plaaslike speelfilms – die internasionaal bekroonde 'Carissa', asook die lang verwagte 'My f*k, Marelize!' – insluit.

Meer

‘Mense gaan óf mal daaroor wees, óf dit haat’, sê stoute ‘Khaki Fever’ se regisseur

Broekies so kort dis meer soos bikini’s, ’n groepswoeps met ’n leeu as getuie, dáái blou pilletjies en vuilpraatjies wat jou óf gaan laat bloos óf gaan laat skater. Die bekroonde filmmaker Brett Michael Innes vertel meer oor sy gewaagde komedie, 'Khaki Fever'.

Meer

Kyk nou: Die broekies is kort en die sexy tye volop in Showmax se ‘Khaki Fever’

Showmax het pas die lokprent vir 'Khaki Fever', met onder andere Francois Jacobs, Liam Bosman en Trix Vivier in die rolverdeling, vrygestel.

Meer

Nico Scheepers se ‘Hen’ soos ‘droom wat jy nie kan losskud nie’

'Hen', ’n nuwe film uit die pen van skrywer en regisseur Nico Scheepers, is ’n kykervaring wat lank ná die eindkrediete klaar gerol het, steeds by kykers sal spook.

Meer

Verbeeldingryke ‘Finding Optel’ vertel anderste (en mooi) Kaapse Vlakte storie

Die broer-en-suster-duo Mikayla en Jesse Brown vertel oor hul eerste vollengte speelfilm, die lieflike en vermaaklike 'Finding Optel', wat eersdaags by die Silwerskermfees première.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

‘Ons ken almal ’n Adam’: Regisseurs vertel oor fliek wat op eie skoolervarings gegrond is

Die skrywer-regisseur Winford Collings en mede-regisseur Liyema Speelman se fliek, ‘Adam’, oor ’n tienerseun wat deur alle soorte hel op ’n militaristiese plaasskool gaan, is wel op hul eie skoolervarings gegrond, maar met temas wat strek van idealisme tot verkrampte manlikheid, is dié nie net húl storie nie. Soos hulle ook dan sê: ‘Ons almal ken ’n Adam.’ 

Meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies