Menu terloops
In Silwerskermfees [22 Aug 2025]

Silwerskermtoekennings 2025: Hier is die dokkies en kortfilms se benoemdes


Die eerste sarsie van die Silwerskermtoekennings vir Film en TV vind Saterdagoggend plaas en die benoemdes vir onder meer die kort- en dokumentêre filmkategorieë is nou bekend.

Silwerskermtoekennings 2025: Hier is die dokkies en kortfilms se benoemdes

Die eerste helfte van die Silwerskermtoekennings vir Film en TV vind Saterdagoggend (23 Augustus) by The Bay-hotel in Kampsbaai plaas waar die volgende toekennings oorhandig gaan word:

  • Wenners in die tegniese kategorieë oor al die genres
  • Wenners in die kortfilm en dokumentêre kategorieë
  • Wenners vir van die speelfilm-kategorieë

Die benoemdes vir hierdie deel van die toekennings is nou bekend en sluit bekende name soos Suidooster se Lauren Joseph vir Kinnetafel, aktrise Cindy Swanepoel vir haar regie-debuut met Min of meer en Binnelanders se Lorraine Burger vir Totsiens, Selina in.

By hierdie geleentheid word Marida Swanepoel, onder meer ’n stigterslid van kykNET, ook vir haar lewensbydrae vereer.

Wenners in die TV-kategorieë, beste speelfilms en beste speelfilm-akteurs, word by Saterdagaand se afsluitingsfunksie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig.

Kortfilms

Beste draaiboek vir ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Min of meer, Anél Wood
  • Kinnetafel, Stevie Cupido
  • Sewe, Karlé Briedenhann

Beste regie in ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Alma op pad, Jana-Marie Hey
  • Kinnetafel, Stevie Cupido
  • Min of meer, Cindy Swanepoel

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Alma op pad
  • Min of meer
  • Kinnetafel

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Hier, Chris Lotz
  • ARK, Jorrie van der Walt
  • Alma op pad, Jorrie van der Walt

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Alma op pad, Canya Cruywagen
  • ARK, Leon Visser
  • Hier, Byron Davis en Robert dos Santos
  • Min of meer, Alan Sayers en Regardt Visser
  • Totsiens, Selina, Regardt Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Viljé Maritz, Sewe
  • Jihad Otto, Tussen die kwashale
  • David Viviers, Hier

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Lorraine Burger, Totsiens, Selina
  • Lauren Joseph, Kinnetafel
  • Clementine Mosimane, Totsiens, Selina
  • Liezl de Kock, Min of meer

Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker

  • ARK
  • Hier
  • Totsiens, Selina

Dokumentêre films

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Felix by die koppie, Xolani Nhlapo
  • Tussen hemel en aarde, Ursula Ludick
  • Vet vannie land, Danielle McDonald

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vet vannie land, Jurg Slabbert
  • Felix by die koppie, De Wyk Pretorius
  • Jan Bloed, Adi van der Walt

Beste kort dokumentêr

  • Vet vannie land
  • Felix by die koppie
  • Jan Bloed
  • Tussen hemel en aarde

Lees al ons stories oor vanjaar se Silwerskermfees hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies