Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.
Meer
Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.
Meer
Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.
Meer
Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.
Meer
‘Boer soek ’n Vrou’ se nuutste seisoen het reeds sy eerste suksesverhaal: Junior (35), van Bethlehem in die Vrystaat, en een van sy briefskrywers gaan in September vanjaar trou.
Meer
Die akteur Luan Jacobs het onlangs sy verskyning in Suidooster gemaak as Lendré Blomkamp, ’n geharde nutsman met ’n moeilike verlede en ’n sterk oorlewingsinstink. Luan vertel meer oor die uitdagende rol.
Meer
Die aktrise en musikant Emma van Heyn is nog ’n redelike nuweling in die gange van ‘Binnelanders’ as dr. Katryn Conradie, maar sedert sy dié rol losgeslaan het, het haar lewe groot omwentelinge ondergaan. Sy vertel meer.
Meer
'Suidooster'-kykers is al maande lank verdeeld oor een van die reeks se mees emosioneel gelaaide storielyne: die ingewikkelde liefdesdriehoek tussen Angie (Char Carrie), Wade (Dean Smith) en Zoë (Lauren Joseph). Char Carrie vertel meer.
Meer
KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.
Meer
Kykers is tans saam met 'Skemergrond' se Jasmine op ’n wipwarit van emosies soos dié storielyn geheime ontbloot wat verreikende gevolge het. Khadija Heeger vertel meer oor haar karakter se reis.
Meer
Elke liewe kledingstuk, motor en mat, word deel van die hartklop van ’n reeks soos ‘Niggies’. Dié volle reeks is nou ook op Showmax beskikbaar om te stroom. Die produksie- en -kostuumontwerpers van 'Niggies', Rocco Pool en Mariechen Vosloo, vertel hoe hulle dié reeks se visuele wêreld geskep het.
Meer
Die akteurs Izak Davel en Christel van den Bergh maak hart oop oor hul gelaaide 'Diepe Waters'-storielyn en kykers se wipwaentjierit soos die Viljoen-gesin uitmekaarval.
Meer
Die bekroonde Albert Pretorius staar hom nie blind nie – sy hoofrol in die nuwe komediereeks, 'Die Kantoor', is die klas van rol wat nie sommer weer op ’n akteur se pad kom nie. Hy vertel meer.
Meer
“Om met die spanne, spelers, die mense agter die kameras die kreatiewe journey van hierdie ses seisoene te kon deel, was deur en deur ’n hoogtepunt van my loopbaan,” vertel die akteur Waldemar Schultz oor die ikoniese Afrikaanse speurverhaal, ‘Die Byl’. Al ses seisoene is nou uiteindelik op Showmax beskikbaar.
Meer
“Tristan is loshande die uitdagendste karakter wat al aangepak het… Ek hoop werklik dat ons deur hierdie storielyn ’n diepe bewusmaking aanwakker rondom die werklikheid van geslagsgeweld,” vertel die akteur Arno Greeff.
Meer
In die finale episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ was albei spanne se nerwe behoorlik aan flenters, maar aan moed en geesdrif het daar niks geskort nie – ook nie toe hulle besef elke span moet vir 25 gaste bederfkos voorsit nie. Maar daar kon net een wenspan wees: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk!
Meer
Haar eerste skermrol – as Melissa in Showmax se TV-verwerking van die gewilde 'Spooksoeker'-boeke deur François Bloemhof – is ’n droom bewaarheid, vertel die jong aktrise Zarelda de Bruin.
Meer
"Jy soek daai ietsie..." Die bekroonde aktrise Ira Blanckenberg vertel meer oor hoe sy as 'Spooksoeker' se rolverdeling-regisseur dié reeks, wat nou op kykNET uitgesaai word, se tienersterre gevind het.
Meer
In 'Die Kwiksilwers', nou op Showmax beskikbaar, onderneem vier bejaarde vriendinne ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting te beleef. Jordy Sank, regisseur en mede-draaiboekskrywer van dié Afrikaanse fliek, vertel meer oor dié speelfilm en sy ongelooflike rolverdeling.
Meer
Van 'Boer soek ’n vrou' se Reandi Grey en 'Suidooster' se Cole Wessels tot 'Reënboogrant' se Minke Marais en 'Diepe Waters' se Sandi Schultz en Justin Strydom – Terloops se skrywers het met heelwat kunstenaars oor die afgelope jaar gesels. Hier is van die hoogtepunte uit dié gesprekke wat ons nog lank ná 2025 sal bybly.
Meer
Die gasbeoordelaar vir vandeesweek se episode van 'Kokkedoor: Son & see' weet maar al te goed hoe warm dit werklik in die Kokkedoor-stoor kán word, al was hy destyds net ’n skrale 13-jarige oue knapie met ’n groot liefde vir die kombuis. Jip, Edwin Theron van ‘Kokkedoortjie’ kom kuier!
Meer
"Ja, ons koekie het gekrummel en die dough het geflop, maar... dit bly deel van my leerproses, ’n oomblik met ’n traan en ook ’n klein glimlag,” vertel Ronélle de Klerk nadat sy en haar tannie, Marianne du Plessis, die eerste span geword het wat die 'Kokkedoor: Son & see'-kombuis moes verlaat.
Meer
O, koek(ie)! Wie se gebak gaan rys en wie se gebak gaan een span se voorskote eis? In dié episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ is die eerste span huis toe gestuur, en, ja, ons het ook trane weggevee…
Meer
"Ek is op soek na ’n Godvresende man wat die beste weergawe van myself kan uitbring," deel ‘Boer soek ’n vrou’ se Leandi.
Meer
"Ek soek na iemand wat my uitdaag en met wie ek kan groei; iemand wat hul eie stempel kan afdruk," deel ‘Boer soek ’n vrou’ se Jack.
Meer
Die pa-en-seun-span Anton en Stefvan was uit hul nate uit van blydskap toe hulle die eerste uitdaging van 'Kokkedoor: Son en see' kafgedraf het.
Meer
Met Clint Aplon wat vandeesweek sy opwagting in 'Skemergrond' as ene Lukas maak, kan ons nie help om te wonder nie... Gaan Lukas eindelik Patty se ridder op ’n wit perd wees?
Meer
Op die vooraand van 'Suidooster' se tiende verjaardag, onthou ons van die lekkerste gesprekke wat ons sepieskrywer Tarren-Lee Habelgaarn oor die afgelope paar jaar met dié kykNET-sepie se rolverdeling gehad het.
Meer