Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
MeerEen van die sepiewêreld se grootste vetes is ná jare se rugstekery, agterbaksheid, skelmstreke en selfs moordpogings verby! ’n Wit vlag wapper wraggies in 'Suidooster'.
MeerJandré le Roux, bekend vir sy rolle in die romkom 'Gebokste Liefde' en Netflix se 'Ludik' maak volgende week sy opwagting in 'Skemergrond'. En daar is beslis een karakter wat nie gaande oor sy verskyning is nie...
MeerDuan Wanty het nog altyd ’n gawe gehad om mense met onvergeetlike stories op te spoor. En dié gawe betaal groot dividende as die hoof van inhoud en rolverdeling vir kykNET se trefferreeks 'Die brug'. Hy vertel meer oor hoe dié seisoen se spelers gekies is.
MeerToe die gordyn op 'Arendsvlei' sak, was Roberto Kyle reeds in gesprek met die 'Binnelanders'-span, en kort daarna het hy die rol van dr. Joe Olivier losgeslaan. Die akteur het met Tarren-Lee Habelgaarn oor dié kruispad gesels.
MeerOor die jare het kykers al kennis gemaak met heelwat onvergeetlike TV-skurke. Maar sedert 'Skemergrond' begin het, is daar ’n nuwe naam wat opkom as ons van sepieskurke praat: Christine.
MeerIn die skaduryke stilte van die George-wildernis, waar mis aan die bome vasklou en die stilte oor ’n reuse-dam jou laat stilhou, is iets buitengewoons gebou. Nie net een brug nie, maar ’n hele wêreld. Ons het met 'Die brug' se produksieontwerper, Reg Hart, oor die skep van dié besonderse wêreld gesels.
MeerHaar karakter is welbekend aan enigiemand wat al deur ’n “herstruktureringsproses” by die werk gegaan het... En ja, as Melanie Palmer, die sakebestuurder wat die lewensvatbaarheid van die ‘Nuus om 7’-span op ‘Die nuusmakers’ moet bepaal, is Lea Vivier se karakter ’n bekende paaiboelie. Sy vertel meer.
MeerKykNET&kie se gewilde gospelprogram 'Koortjies' vier dié Sondag (18 Mei 2025) sy 200ste episode.
MeerDie Suid-Afrikaanse operasanger Brittany Smith maak binnekort haar sepiedebuut wanneer sy ’n gasverskyning in kykNET se 'Suidooster' maak.
Meer'Skemergrond' se Khadija Heeger is ’n aktrise wat al baie lewens geleef het, diep liefgehad het, dapper geveg het en steeds bly groei, op en agter die skerm. Sy het met Tarren-Lee Habelgaarn gesels.
MeerDeur haar vertolking van die gesoute nuusleser Adri Joubert in die Afrikaanse dramareeks ‘Die nuusmakers’, is ’n waardering en bewondering van joernaliste in die loopgrawe van die alledaags by haar gekweek, vertel die bekroonde aktrise Rolanda Marais.
Meer’n Besonderse element van 'Die stories van Afrikaans', ’n dokkiereeks wat die wortels van Afrikaans verken, is die treffende illustrasies deur die kunstenaar Jotam Schoeman. Hy vertel meer.
MeerAfrikaanse televisie is lank nie meer net slapstick-komedies en voorspelbare gesinsdramas nie. Reekse soos 'Juffrou X' gee harde realiteite weer wat baie Suid-Afrikaners in die gesig staar, terwyl dit nooit vlymskerp stories prysgee nie. Riëtte van der Wat het met vervaardiger Berdene Burger en die skrywer en regisseur Tertius Kapp hieroor gesels.
MeerIn die laaste episode van ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ moet die finale vier deelnemers ’n feesmaal aan die Kapteinstafel voorsit wat geïnspireer is deur die deftige laaste maaltyd op die Titanic en dinge bereik kookpunt in die kombuis soos een span se bootjie sink...
MeerIn 'Die Kwiksilwers' onderneem vier bejaarde vriendinne ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting te beleef. Jordy Sank, regisseur en mede-draaiboekskrywer van dié Afrikaanse fliek, vertel meer oor dié speelfilm en sy ongelooflike rolverdeling.
MeerHoewel haar rol as ’n taai TV-verslaggewer in die nuwe kykNET-dramareeks, 'Die nuusmakers', dramaties van haar vorige karakters verskil, bring dié vertolking vir die aktrise Roeline Daneel ook volsirkel meer as 15 jaar nadat sy self ’n joernalistiekstudent was.
MeerKykers kan maar weet: Hier kom die stryd van alle stryde. Daar gaan klippe gekou word, vuur gemaak word en die bloed, sweet en trane gaan loop tydens die ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-finaal. Ons het met die finale twee spanne gesels.
MeerMet die nuus dat die realiteitsreeks, ‘The Mommy Club: Van die hoofstad’, vir ‘Trompoppie’ oortref het as die mees gekykte Afrikaanse reeks op Showmax sedert dié platform se vernuwing, vertel Johandri Johnson meer oor haar ervaring as deel van dié dramabelaaide program.
Meer’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.
MeerDaar is ’n nuwe sepiefeeks wat die afgelope tyd kykNET se 'Suidooster'-kykers omtrent warm onder die kraag het! Antoinette Louw vertel meer oor haar karakter.
MeerIn die 11de episode van 'Kokkedoor Vuur & Vlam' word die stryd om die wenstreep eerste te haal, al meer intens.
MeerDie koskenner Herman Lensing is ’n bekende gesig op ons skerms en terwyl hy vir die afgelope twee 'Kokkedoor: Vuur & Vlam'-seisoene agter die skerms as kosvervaardiger gewoeker het, is hy later vanjaar as beoordelaar in die franchise se volgende uittog, 'Kokkedoor: Son & see', te sien. Hy vertel meer.
MeerAnsu Viljoen, een van die vyf ma’s op Showmax se gewilde realiteitsreeks, ‘The Mommy Club: Van die hoofstad’, vertel meer oor haar ervaring, wat haar onkant gevang het, en wat sy geleer het.
MeerTerwyl Carlo se storielyne op ‘Suidooster’ met elke episode al meer reaksie ontlok, is die tienerakteur Jadon Booysen se reis van ’n lukrake oudisie tot dié van ’n toegewyde jong akteur vol hoop en inspirasie.
Meer