Menu terloops
In TV [25 Nov 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ S18: Leandi vat ‘groot kans’ om liefde te vind


“Ek is op soek na ’n Godvresende man wat die beste weergawe van myself kan uitbring,” deel ‘Boer soek ’n vrou’ se Leandi.

‘Boer soek ’n vrou’ S18: Leandi vat ‘groot kans’ om liefde te vind
Kyk lokprent

Leandi (36), ’n beesboer van Ventersdorp, Noordwes, is een van die tien boere wat liefde in die 18de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Sy soek ’n manlike pasmaat.

In ’n neutedop: 

Huistaal: Afrikaans 
Hoogste akademiese kwalifikasie: BSc in Biotegnologie en BHons in Wildbestuur
Huwelikstatus: Geskei, geen kinders    
Belangstellings: “Beesboerdery, dieregesondheid, bergfietsry en perde.”

Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?

“Ek hoop my inskrywing sal my die geleentheid gee om my lewensmaat te vind. Ek vat ’n baie groot kans, en dit is buite my karakter, maar dit is ’n geleentheid waardeur ek moontlik iemand met dieselfde leefwyse as ek kan ontmoet.” 

Watter eienskappe soek jy in jou ideale maat?

“Ek is op soek na ’n Godvresende man wat die beste weergawe van myself kan uitbring. Hy moet gedrewe wees en sy eie aspirasies en drome hê. Hy moet sterk maar saggeaard wees en my op die hande dra. Hy moet beslis lief wees vir die natuur en diere.”

Hoe sal jy jouself beskryf?

“Ek is ’n selfstandige, energieke en lewenslustige dame wat altyd nuwe dinge wil probeer. My skaaphond en twee perde is soos my kinders, en ek is mal daaroor om elke dag saam met hulle af te sluit. 

“Ek is baie lief vir die natuur en diere, of dit nou met boerdery, op ’n fiets of in die Wildtuin is – dit bly bitter mooi en spesiaal. Ek is ambisieus en gedrewe en glo ek lewe ’n redelike gebalanseerde lewe. My stokperdjies is bergfietsry, perdry, draf en lees.”

Boer soek 'n vrou
“Kommunikasie is wat verhoudings maak of breek,” meen Leandi. Foto’s: Verskaf

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

“Kommunikasie is wat verhoudings maak of breek. Jy moet sê wat jou pla of gelukkig maak en dit nie laat opbou tot waar jy ontplof nie – maak nie saak hoe groot of hoe klein die kwessie is nie. Jy moet ook tyd maak vir jou maat en nie net in die verbygaan met ’n halwe oor luister nie. En dan glo ek enige verhouding is gebaseer op liefde, eerlikheid en vertroue.”

Sien jy jouself as romanties?

“Ek dink ek is romanties. Ek hou daarvan om die persoon in my lewe spesiaal te laat voel deur iets kleins te doen of te gee, soos ’n handgeskrewe nota iewers te los of ’n mixtape te maak. Diep binne is ek ’n hopeless romantic, en dit sal lekker wees om daai Ster-Kinekor-liefde te ervaar, maar ek laat my nie flous deur groot en romantiese gebare nie.” 

Wil jy vir Leandi skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.

Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.   

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies