Menu terloops
In Kykgidse [24 Aug 2026]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026


Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Dinsdag 1 September 2026

Isaac hou ’n mes teen Amber se keel. Lily en Jasmine is woedend dat Ruan vir Amber by sy ondersoek ingesleep het. Patty en Zander sukkel om Tillie en Manny uit die huis te kry.

Woensdag 2 September 2026                                          

Amber probeer om vir Ruan te verdedig, maar Lily weier om haar toe te laat om in haar verhouding in te meng. Cheryl vind haar stem en maak gereed om te veg. Rynard besoek Christine onverwags.

Donderdag 3 September 2026            

Lily is steeds woedend vir Ruan, en Amber probeer hul verhouding red. Patty verloor finaal haar geduld met Tillie. Die vonke spat tussen Christine en haar nuwe kliënt.

Maandag 7 September 2026                                                

Lily gee vir Ruan ’n antwoord op sy pleidooi. Zander hoop dat hy Patty uiteindelik kan vra om met hom te trou. ’n Krisis ontspoor Christine se beplanning.

Dinsdag 8 September 2026                                        

Lily en Ruan sukkel om aan te gaan en die dorp kies kante. Christine berei voor vir ’n geleentheid met gevaarlike ambisies. Patty se verlowing bots met ander se pyn.

Woensdag 9 September 2026                                                  

Christine sweef op ’n wolk. Amber deel haar frustrasies oor Lily met Erica. Patty en Zander vier hulle liefde. Lily en Ruan is gebroke.

Donderdag 10 September 2026                      

Christine draai Rynard om haar pinkie. Lily en Amber maak vrede, maar Amber het ’n versoek. Ragel skraap moed bymekaar vir ’n nuwe projek.

Maandag 14 September 2026                                          

Ragel verklap uiteindelik waaroor haar toneelstuk gaan. Amber en Hazel sukkel om ’n hartgebreke Lily uit die huis uit te kry. Christine se gevoelens vir Rynard verdiep.

Dinsdag 15 September 2026                                          

Amber kry ’n idee oor hoe om Lily deur haar hartseer te help. Spanning broei tussen Jasmine en Winnie oor die toneelstuk. Christine wroeg oor wat sy haar verhouding met Rynard moet noem.

Woensdag 16 September 2026                          

Genie tree in en verander die dinamiek rondom Lily. Amber dra ’n geheim wat swaar druk. Jasmine en Winnie se wedywering vlam op. Christine word tot breekpunt gedryf.

Donderdag 17 September 2026                            

Winnie se jaloesie teenoor Jasmine ontaard in ’n bakleiery. Christine vertel vir Haylee oor Rynard so groot gebaar en raak paniekbevange wanneer dinge te intiem word.

Maandag 21 September 2026                                    

Christine het ’n weerlose oomblik voor Jasmine. Erica is bekommerd oor die intieme manier waarop Genie teenoor Lily optree. Die oudisies vir die toneelstuk is in volle swang.

Dinsdag 22 September 2026                      

Christine kruip in Gemoedsdrif weg, maar Rynard kom soek haar. Amber besef Genie druk vir Lily om vir Ruan te laat gaan. Jasmine en Winnie stamp koppe voor Ragel die rolverdeling aankondig.

Woensdag 23 September 2026                        

Die Louws is verbaas oor Rynard se invloed op Christine. Patty en Erica, bekommerd oor Genie se gevoelens vir Lily, beraam ’n plan. Winnie is ontsteld omdat sy Magda speel.

Donderdag 24 September 2026            

Christine is in die wolke, tot ’n onverwagse gas alles verander. Jasmine en Winnie stamp kop tydens repetisie en Genie maak sy skuif.

Maandag 28 September 2026

Christine se verlede haal haar in. Lily onttrek ná ’n impulsiewe soen met Genie. Daar is spanning tydens repetisies wanneer Winnie en Jasmine se ego’s bots.

Dinsdag 29 Septmber 2026

Patty ontdek ’n geheim wat swaar op haar weeg. Christine stel ’n ultimatum aan Sonja, maar Sonja toets steeds die grense daarvan. Genie maak ’n bekentenis aan Lily wat haar skok.

Woensdag 30 September 2026        

Lily stoei met haar gevoelens vir Genie. Rynard daag Christine uit met ’n versoek wat haar skok. Jasmine beraam haar eie plan teen Winnie vir die toneelstuk.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies