Menu terloops
In How-to's [2 Aug 2023]

Jou gids tot aanlyn stroomkyk met DStv Stream


Hoe werk streaming op DStv? Hier is ‘n eenvoudige gids oor hoe DStv Stream werk.

Jou gids tot aanlyn stroomkyk met DStv Stream

DStv is nie beperk tot die inhoud op DStv-dekodeerders of Exploras nie. Daar is verskillende DStv-dienste wat dit vir kykers moontlik maak om reekse, flieks, sport en meer te kyk wanneer hulle wil, waar hulle wil, en hoe hulle wil.

Hier is ’n eenvouding gids oor DStv se streaming werk.

Stroom DStv Stream enige plek, enige tyd.

Hoe werk stroming met DStv Stream?

Die DStv-app was voorheen as DStv Now bekend en is nou na DStv Stream verander. Alles waarvan jy hou, het behoue gebly. Al jou gunstelinge, profiele, rekeninginligting, kykgeskiedenis, kyklysies, afgelaaide programme, Catch Up, BoxOffice en toegang om live TV aanlyn te kyk, is steeds daar.

Jy kan kies tussen ’n streaming only-pakket of een van die dekodeerder-opsies.

Met die dekodeerder-opsies, kry DStv-intekenare toegang tot dieselfde kanale en inhoud op DStv Stream as wat hulle op hul DStv-pakket het. Dit is dus ’n aanlyn-weergawe van hul DStv-pakket.

Met die streaming only-opsie het intekenare nie ’n dekodeerder nodig nie. Boonop kan intekenare ’n ekstra fooi betaal om toe te laat dat daar van twee verskillende toestelle gelyktydig gestroom kan word (waarvan slegs een ’n slim-TV kan wees). Dit is tans nie moontlik met dekodeerder-opsies nie, maar is in die pyplyn vir later vanjaar.

Wat is nuut aan DStv Stream?

  • Verpersoonliking-opsies is verbeter sodat jy meer inhoud in jou profiel kan vind.
  • ’n Meer vloeiende en vereenvoudigde stroom-ervaring.
  • Skakel oor na jou verkose taal waar dit beskikbaar is. Dit sluit regstreekse sportkommentaar in Zoeloe, Xhosa, Portugees, Engels en Afrikaans in.
  • Sportliefhebbers het nou ook toegang tot liga- en toernooi-inligting. Dit maak dit makliker om jou gunsteling-span, toernooie en ligas te volg.

Só teken jy in op DStv Stream

Bestaande intekenare hoef vanaf 1 Augustus bloot net hul bestaande DStv-app by te werk om die vernuwe tuiste van vermaak ten volle te kan geniet.

Intekenare wat nog nie vantevore van die stroomdiens gebruik gemaak het nie, kan ook nou die nuwe app van hul gunsteling app-winkel aflaai met dieselfde intekenaarbesonderhede wat gebruik is vir die selfhelp-diens.

Nog nie geregistreer nie? Dis maklik om ’n rekening op DStv.com te skep en dit aan jou aktiewe intekenaarbesonderhede te koppel. Gebruik dan daardie aantekenbesonderhede om op die DStv Stream-app te begin stroom.

Al wat jy nodig het is bloot net ’n slim toestel en ’n goeie internetverbinding.

Pryse vir DStv Stream

DStv Stream

Wat is DStv Catch Up?

Meeste reekse (en sepies soos Suidooster en Arendsvlei) se episodes, asook flieks en sportwedstryde wat op DStv-kanale uitgesaai word, sal binne 48 uur ná uitsending op Catch Up vir intekenare beskikbaar wees om te kyk wanneer hulle wil. Catch Up is beskikbaar vir alle DStv-intekenare, maar die inhoud hang af van watter pakket jy het.

Om toegang tot Catch Up te kry, het jy ’n PVR-dekodeerder (DStv Explora) nodig. Jy kan ook inhoud op Catch Up kyk deur die DStv-app of deur DStv Stream se webtuiste te besoek. Daar is geen verdere kostes verbonde nie.

Wanneer jy jou Explora aan die internet koppel, sal dit ’n uitgebreide katalogus Catch Up-inhoud laai. Dit is soos Catch Up op steroïdes!

Nie alle programme op DStv is beskikbaar op Catch Up nie, maar jy kan dit ook met jou PVR-dekodeerder of Explora opneem om later te kyk. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies