Menu terloops
In TV [17 Sep 2026]

Nuwe DStv-pakkette: VIA deel van R99-pakket


Toegang tot VIA se Afrikaanse leefstyl- en vermaakprogramme is vanaf R99 per maand op DStv Stream beskikbaar.

Deur Redaksie
Nuwe DStv-pakkette: VIA deel van R99-pakket

Nog meer kykers kan voortaan deel wees van die VIA-familie. Vanaf 17 September 2026 is VIA in Suid-Afrika op DStv se nuwe Starter-pakket beskikbaar, met toegang tot die kanaal se Afrikaanse leefstyl- en vermaakprogramme vanaf R99 per maand op DStv Stream.

Starter vervang die bestaande Access-pakket en bied meer as 85 kanale. Met die toevoeging van VIA kry kykers op dié intreevlakpakket toegang tot nóg plaaslike stories en vermaak in hul eie taal.

“Ons is baie opgewonde om nóg meer kykers by die VIA-familie te verwelkom. Met VIA op Starter kan meer mense die stories, bekende gesigte en programme waarvoor hulle lief is, in hul eie taal geniet,” sê Azelia Morkel, VIA se kanaalhoof.

VIA is die tuiste van gewilde programme soos Huisgenoot: Ware lewensdramas, Kom ons braai, Dorpie-doenlys met Bobby van Jaarsveld, Herman se halfuur met Herman Lensing, Gesels met Leandie du Randt en Landbouweekliks. Van openhartige gesprekke en kosinspirasie tot aangrypende lewensverhale en die jongste landbounuus, VIA bring ’n verskeidenheid plaaslike stories na kykers se sitkamers.

VIA is ook op Select, Sports, Movies & Series en Premium beskikbaar. Kykers kan dus ’n pakket kies wat by hul begroting en kykvoorkeure pas, en steeds hul gunstelingprogramme op VIA geniet.

Wat die pakkette kos

Hier is die maandelikse pryse vir die pakkette waarop VIA beskikbaar is:

  • Starter: R99 vir slegs stroming op DStv Stream, of R150 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
  • Select: R299 vir slegs stroming op DStv Stream, of R339 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
  • Sports: R399 vir slegs stroming op DStv Stream, of R479 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
  • Movies & Series: R500 vir slegs stroming op DStv Stream, of R500 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.
  • Premium: R799 vir slegs stroming op DStv Stream, of R979 vir die dekodeerder-en-stromingspakket.

Starter vervang Access, Select vervang Family en Sports vervang Compact. Movies & Series is ’n nuwe pakket, terwyl Premium sy naam behou.

Pryse is per maand en geldig vir Suid-Afrika. Internet- en datakoste vir stroming is uitgesluit. Die Premium-dekodeerderprys hierbo is die gewone maandelikse tarief; kontrakaanbiedings kan verskil.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies