Menu terloops
In Silwerskermfees [17 Jul 2026]

Van ‘Magda Louw’ en ‘Die Kantoor’ tot ‘Niggies’ en ‘Appels en tee’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings


Jaco Bouwer se boeiende dramareeks ‘Niggies’ spog met die meeste benoemings by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Deur Redaksie
Van ‘Magda Louw’ en ‘Die Kantoor’ tot ‘Niggies’ en ‘Appels en tee’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

Die aap is nou uit die mou met die bekendmaking van die televisie-benoemings in 16 kategorieë vir die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie, wat vanjaar ’n nuwe kategorie vir beste aanbieder in ’n dokumentêre program insluit. 

Die wenners word op Saterdag 22 Augustus by die afsluiting van die Silwerskermfees in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangekondig. Die wenners van die beste speelfilm en beste filmakteurs wat by die fees gedebuteer het, word ook by dié geleentheid aangekondig.

Die toekenningsgeleentheid word Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET uitgesaai. Die name van die aanbieders en spesiale kunstenaars wat gaan optree, sal later bekend gemaak word. 

Die TV-benoemings vir die 2026 Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is: 

Beste hoofspeler in ’n komedie 

Magda Louw
Desiré Gardner en Hannes van Wyk is vir hul vertolkings in Magda Louw benoem. Foto: Gys Loubser
  • Albert Pretorius (Flip) – Die Kantoor (S1)
  • Desiré Gardner (Magda Louw) – Magda Louw (S3)
  • Hannes van Wyk (Erhard) – Magda Louw (S3)   

Beste byspeler in ’n komedie 

Die kantoor
Gert du Plessis tussen tonele op die stel van Die Kantoor. Foto: Verskaf
  • Daniah de Villiers (Emma) – Die Kantoor (S1)
  • Gert du Plessis (Joubert) – Die Kantoor (S1)
  • Ilse Oppelt (Joanne) – Die Kantoor (S1)
  • Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Die Kantoor (S1)
  • Shimmy Isaacs (Lynette) – Magda Louw (S3)  

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie 

  • Arno Greeff (Tristan) – Suidooster
  • Denver Vraagom (ds. Wayne) – Skemergrond
  • Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond
  • Gustav Gerdener (Johan) – Binnelanders
  • Kay Smith (Shandy/Laylla) – Suidooster
  • Mila Guy (Liné) – Suidooster   
Arno Greeff, Suidooster
Arno Greeff het ’n uitdagende rol as Tristan in Suidooster vertolk. Foto: Skermgreep

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie 

  • Ayden October (Junior Louw) – Skemergrond
  • Cole Wessels (Tino) – Suidooster
  • Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders
  • Judi Hattingh (Jenna) – Suidooster
  • Xander Venter (Marco Viljoen) – Diepe waters  

Beste akteur in ’n telenovela of sepie 

  • Charlton George (JP Louw) – Skemergrond
  • Dann-Jaques Mouton (Ruan Smit) – Skemergrond
  • Dean Smith (Wade Daniels) – Suidooster
  • Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders
  • Irvine van der Merwe (Nazeem Jacobs) – Suidooster
  • Justin Strydom (Gys Swarts) – Diepe waters 

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie 

Diepe Waters Zelda
Daar is selde rus vir Zelda, vertolk deur Sandi Schultz, in Diepe waters… meestal weens haar eie toedoen. Foto: Skermgreep
  • Devonecia Swartz (Christine van As) – Skemergrond
  • Jawaahier Petersen (Kaashifa Mansour) – Suidooster
  • Je-ani Swiegelaar (Naomi) – Binnelanders
  • Marlee van der Merwe (Ella) – Binnelanders
  • Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters
  • Shimmy Isaacs (Erika Pienaar) – Skemergrond 

Beste akteur in ’n drama 

Een keer om die son
Jacques Bessenger as dr. Ruan van Wyk in Een keer om die son. Foto: Verskaf
  • Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies (S1)
  • Beer Adriaanse (André Fourie) – Niggies (S1)
  • Brendon Daniels (Johan Diederiks) – Die nuusmakers 
  • Carel Nel (At van Wyk) – Niggies (S1)
  • Jacques Bessenger (Ruan van Wyk) – Een keer om die son (S2) 
  • Neels Clasen (Willem de Villiers) – Spoorloos: Losprys (S5)  

Beste aktrise in ’n drama 

SILWERSKERMTOEKENNINGS
Diaan Lawrenson as Lisa in Appels en tee. Foto: Skermgreep
  • Diaan Lawrenson (Lisa) – Appels en tee (S1) 
  • Erica Wessels (Ousus Nel) – Niggies (S1)
  • Lorcia Cooper-Khumalo (Rozlynne Joshua) – Breekpunt (S1)
  • Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers 
  • Tinarie van Wyk Loots (Henriette) – Appels en tee (S1)   

Beste manlike byspeler in ’n drama 

Janru Steenkamp Silwerkermtoekennings
Janru Steenkamp as die jong André Fourie in Niggies. Foto: Verskaf
  • Danny Ross (Brad Samson) – Breekpunt (S1)
  • Heinrich Wentzel (Elijah Smith) – Een keer om die son (S2) 
  • Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee (S1) 
  • Jacques Bessenger (Dries Fourie) – Niggies (S1)
  • Janru Steenkamp (die jong André Fourie) – Niggies (S1)
  • Neels Clasen (Henning Nel) – Niggies (S1) 

Beste vroulike byspeler in ’n drama 

  • Bianca Langedyk (Annie) – Appels en tee (S1) 
  • Cintaine Schutte (Henda Nel) – Niggies (S1)
  • Daneel van der Walt (Francia Theron) – Niggies (S1)
  • Jana Kruger (Santjie Schoeman) – Niggies (S1)
  • Kim Cloete (Mandy Baker) – Breekpunt (S1) 
  • Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies (S1) 
Roeline Daneel, Niggies
Roeline Daneel in Niggies. Foto: Verskaf

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram 

  • Marco Botha – Santam Megaboere (S7)
  • Natie Ferreira – Fanaties (S1)
  • Leah – Lottoland Help ’n dorp (S4) 
  • Lundi Khoisan – Fiësta (S27)
  • Hannes van Wyk – Kwêla (S27)
  • Johan en Zanelle Dorfling – Bou of breek (S1) 
  • Jan Scannell – Jan Braai vir Erfenis (S15)
  • Joalette de Villiers – Op pad met my potjie (S2)

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram 

  • Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr (S5) 
  • Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili (S6) 
  • Aden Thomas – Sê jou sê (S5)
  • Brendan Peyper en Bobby van Jaarsveld – Ander dam se eende (S1)   

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Kokkedoor
Yolani Abrahams en Herman Lensing is benoem vir Kokkedoor: Son & see. Foto: Verskaf
  • Herman Lensing en Yolani Abrahams – Kokkedoor: Son & see 
  • Reandi Grey – Boer soek ’n vrou (S17) 
  • Ruan Smith en JP Smith – Op my eish!
  • Cameron Saaiman – Moer ’n boer  

Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram

  • Hannes van Wyk – Hannes aan huis (S12) 
  • Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is (S2) 
  • Lourensa Eckard – In Gesprek (S10) 
  • Rian van Heerden – Laataand by Rian (S4) 
  • Wicus Pretorius – Wie’s Nuus? (S6) 
  • Lyntjie Jaars en Pietman Geldenhuys – Oppiestoep (S10) 

Beste aanbieder in ’n dokumentêre program 

  • Govan Whittles – Govan ontbloot  
  • Frank Opperman en Frankie Opperman – Frank 
  • Dr. Rudi van Vuuren en Marlice van Vuuren – Groen Namibië 
  • Rian van Heerden – Schuster
  • Rian van Heerden – Brakpan Chronicles   
Frank Opperman
Frank en Frankie Opperman. Foto: Skermgreep

Beste ensemble-aanbiederspan 

  • Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie), Jean de Villiers – Toks en Tjops
  • Dawie Roodt, Leon Gropp, Corli Prinsloo, Charlene Lackay – Ontbytsake
  • Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Su-an Müller-Marais – Die Groot Ontbyt

Die legendes vir lewensbydraes in die televisiebedryf word einde-Julie aangekondig.

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 22 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.


Kaartjies vir die Silwerskermfees is by Quicket beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies