Menu terloops
In Gons [5 Sep 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Khaki Fever’


FOTO’S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van die bekroonde filmmaker Brett Michael Innes se gewaagde komedie ‘Khaki Fever’, nou op Showmax.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Khaki Fever’

“Khaki-koors is wat gebeur wanneer eensame toeriste sien hoe gespierde wildbewaarders in hul khaki-kortbroeke uit hul 4×4’s klim,” sê Khaki Fever-regisseur Brett Michael Innes. “As jy al ooit by ’n bosveld-wildoord was, het jy dít al gesien. So hierdie is ’n storie oor wilde diere en wilder veldwagters.”

Brett het Khaki Fever saam met sy man, Nick Ahlers, geskryf. “Hierdie is ’n Vrydagaand-film, ’n snaakse en sexy safari-ontsnapping saam met jou vriende ná ’n lang week,” sê Brett. Dis juis vanaf Vrydag 5 September 2025 op Showmax beskikbaar om te stroom ná die première in Augustus op die Silwerskermfees.

Die Emmy-bekroonde rolverdelingsregisseur Christa Schamberger het Brett en Nick gehelp om die veldwagters te kies. Aan die hoof van dié lot staan die Safta-benoemde Top Billing-aanbieder Christopher Jaftha as Daniel. Hy speel teenoor vier akteurs wat vir die vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV benoem is: Anja Taljaard en Trix Vivier (albei Juffrou X), Liam Bosman (Een Keer Om Die Son), en Ilse Klink (Nêrens, Noord-Kaap). Ook die sanger Abel Knobel, Francois Jacobs (óftewel Kaalgat Karel) en Sean Brebnor (Getroud Met Rugby) verskyn as veldwagters.

Hier is wat op die stel van dié fliek tussen takes gebeur het. (Alle foto’s is deur MultiChoice verskaf.) 


Stroom Khaki Fever op Showmax vanaf Vrydag 5 September.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies