Menu terloops
In Silwerskermfees [30 Jul 2025]

Van ‘Juffrou X’ en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ tot ‘Reënboogrant’ en ‘Een keer om die son’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings


Nico Scheepers se magiese ‘Nêrens, Noord-Kaap’ spog met die meeste benoemings by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Van ‘Juffrou X’ en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ tot ‘Reënboogrant’ en ‘Een keer om die son’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat die beste speelfilms en akteurs van die Silwerskermfees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 23 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) plaas. Dit sal die volgende aand, Sondag 24 Augustus, om 19:00 op kykNET en DStv Strream (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Vir die TV-kategorieë – waaronder beste akteurs, aanbieders en persoonlikhede in verskeie genres en formate – kom kykNET en Showmax-reekse wat tussen 1 April 2024 en 31 Maart 2025 vir televisievermaak gesorg het, in aanmerking.

By dié afsluitingsfunksie van die kykNET Silwerskermfees word die ikoniese blou tapyt vir die grootste sterre in die land uitgerol en top-musikante gaan vir vermaak sorg. Die geleentheid word deur Armand Aucamp en Rozanne McKenzie aangebied, en gaste kan uitsien na optredes deur Early B, Janie Bay en Elandré.

Die benoemdes vir lewensbydraes in die televisiebedryf word op 6 Augustus vanjaar aangekondig.

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 23 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.

Die TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is:

Beste hoofspeler in ’n komedie

  • Jai’prakash Sewram – Banana Air (S1)
  • Emile Smit – Mince jou hare (S1)
  • Bianca Flanders – Mince jou hare (S1)
  • Pietie Beyers – Pronk Primêr (S1)

Beste byspeler in ’n komedie

  • Gershwin Mias – Mince jou hare (S1)
  • Lee-Ann van Rooi – Mince jou hare (S1)
  • Laura-Lee Mostert – Pronk Primêr (S1)
  • Tobie Cronjé – Pronk Primêr (S1)

Beste akteur in ’n drama

  •  Frank Opperman – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
  • Waldemar Schultz – Die Byl (S6)
  • Jacques Bessenger – Een keer om die son (S1)
  • Charlton George – Juffrou X (S1)
Die Byl, Waldemar Schultz
Waldemar Schultz in Die Byl. Foto: Verskaf

Beste aktrise in ’n drama

  •  Milan Murray – Die Byl (S6)
  • Jana Kruger – Een keer om die son (S1)
  • Donnalee Roberts – Een keer om die son (S1)
  • Trix Vivier – Juffrou X (S1)
  • Ilse Klink – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
een keer om die son
Jana Kruger as Lani van Wyk in Een keer om die son. Foto: Verskaf

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Albert Pretorius – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
  • Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
  • Liam Bosman – Een keer om die son (S1)
  • Gershwin Mias – Juffrou X (S1)
  • De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
Nerens Noord-Kaap, Frank Opperman, Geon Nel
Geon Nel in Nêrens, Noord-Kaap. Foto: Verskaf

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Melissa Willering – Die Byl (S6)
  • Alma van Heerden – Een keer om die son (S1)
  • Anja Taljaard – Juffrou X (S1)
  • Daneel van der Walt – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
  • Marion Holm – Nêrens, Noord-Kaap (S2)

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Germandt Geldenhuys – Binnelanders (S14)
  • Hykie Berg – Binnelanders (S14)
  • Justin Strydom – Diepe waters (S3)
  • Gershwin Mias – Skemergrond (S1)
  • Dann-Jaques Mouton – Skemergrond (S1)
  • Irvine van der Merwe – Suidooster (S10)
Nazeem, Irvine van der Merwe
Irvine van der Merwe as Nazeem in Suidooster. Foto: Skermgreep

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Mienke Ehlers – Wyfie (S2)
  • Jill Levenberg – Suidooster (S10)
  • Marlee van der Merwe – Binnelanders (S14)
  • Nadia Valvekens – Diepe waters (S3)
  • Sandi Schultz – Diepe waters (S3)
  • Minke Marais – Reënboogrant (S1)
Reenboogrant, Showmax
Minke Marais in Reënboogrant. Foto: Verskaf

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Lorraine Burger – Binnelanders (S14)
  • Shimmy Isaacs – Skemergrond (S1)
  • Gretchen Ramsden – Skemergrond (S1)
  • Dirk Stoltz – Skemergrond (S1)
  • Char Carrie – Suidooster (S10)
  • Therese Bam – Wyfie (S2)
Therese Bam, WYFIE
Therese Bam in Wyfie. Foto: Verskaf

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Zandélle Meyer – Binnelanders (S14)
  • Julian Robinson – Binnelanders (S14)
  • Caleb Swanepoel – Diepe waters (S3)
  • Mila de Villiers – Reënboogrant (S1)
  • Hunter Plaatjies – Skemergrond (S1)
Reenboogrant Sunette
Mila de Villiers in Reënboogrant. Foto: Verskaf

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams – Oppie noot
  • Rian van Heerden – Wie word ’n miljoener?
  • De Klerk Oelofse – Kyk wie praat
  • Aiden Thomas – Sê jou sê
  • Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili

Beste aanbieder van ’n leefstylprogram (gekombineerd met sommige gesels- en joernaalprogramme)

  • Erns Grundling – Elders (S7: Ligtoringroete)
  • Lundi Khoisan – Fiësta
  • Anzél Rabie – Anzél in die Boland
  • Leah – Lottoland help ’n dorp
  • Hannon Bothma – Glam guru
  • Neil Sandilands – Die groot niks
  • Minki van der Westhuizen – Lamb champs: Die hart en siel van skaapboerdery
  • Ewan Strydom – Bravo!

Beste aanbieder van ’n aktuele- of geselsprogram

  • Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is
  • Hannes van Wyk – Kwêla
  • Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod
  • Lourensa Eckard – In gesprek (S9)
  • Rian van Heerden – Laataand by Rian

Beste aanbieder van ’n realiteitsprogram

  • Ewan Strydom – Plaasjapie
  • Marciel Hopkins – Boer soek ’n vrou
  • Robbie Kruse – Klein paradys
  • Bertus Basson & Kobus Botha – Kokkedoor: Vuur & vlam
Bertus Basson en Kobus Burger op die stel van Kokkedoor: Vuur en vlam. Foto: Verskaf

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks & tjops
  • Dawie Roodt, Charlene Lackay, Leon Gropp, Corli Prinsloo, Anneke de Beer – Ontbytsake
  • Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Su-an Müller-Marais – Die groot ontbyt

Kaartjies vir die Silwerskermfees is by Quicket beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies