Menu terloops
In Gons [4 Aug 2025]

Kyk nou: Die broekies is kort en die sexy tye volop in Showmax se ‘Khaki Fever’


Showmax het pas die lokprent vir ‘Khaki Fever’, met onder andere Francois Jacobs, Liam Bosman en Trix Vivier in die rolverdeling, vrygestel.

Kyk nou: Die broekies is kort en die sexy tye volop in Showmax se ‘Khaki Fever’
Kyk lokprent

Showmax het pas die lokprent vir Khaki Fever, wat Vrydag 22 Augustus 2025 by die kykNET Silwerskermfees première, vrygestel. Dié gewaagde komedie is vanaf Vrydag 5 September 2025, op Showmax beskikbaar.

Khaki Fever draai om ’n private oord se groep wildbewaarders wat mekaar uitdaag om te sien wie met die meeste toeriste oor die loop van die toerisme-seisoen seks kan hê. Die prys? Die gesogte “Khaki-koning”-titel, asook al die verloorders se fooitjies… Maar hulle moet ook vir Anel (Trix Vivier), die konserwatiewe oordbestuurder, in die donker hou want as sy snuf in die neus kry, kan sy hulle summier afdank.

‘Watse koors?’

“Khaki-koors is wat gebeur wanneer eensame toeriste sien hoe gespierde wildbewaarders in hul khaki-kortbroeke uit hul 4×4’s klim,” sê die regisseur Brett Michael Innes. “As jy al ooit by ’n bosveld-wildoord was, het jy dít al gesien. So hierdie is ’n storie oor wilde diere en wilder veldwagters.”

Khaki Fever is ook Brett se tweede komedie as regisseur – dit volg op die sukses van Daryn’s Gym, wat in 2022 by die internasionale rolprentfees in Rotterdam meegeding het.

“Hierdie is ’n Vrydagaand-film, ’n snaakse en sexy safari-ontsnapping saam met jou vriende ná ’n lang week,” vertel Brett.

Brett het Khaki Fever saam met sy man, Nick Ahlers, geskryf. “Hulle sê jy moenie met diere of jou lewensmaat werk nie, maar ons het albei hierdie dinge gedoen en is steeds gelukkig getroud,” sê Nick.

Die rolverdeling

Khaki Fever
Daai broekies kan wraggies nie korter nie… Foto: Verskaf

Die Emmy-bekroonde rolverdelingsregisseur Christa Schamberger het Brett en Nick gehelp om die veldwagters te kies.

Die Safta-benoemde Top Billing-aanbieder Christopher Jaftha staan aan die hoof van die rolverdeling as Daniel. Hy speel teenoor vier akteurs wat vir die vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV benoem is: Anja Taljaard en Trix Vivier (albei Juffrou X), Liam Bosman (Een Keer Om Die Son), en Ilse Klink (Nêrens, Noord-Kaap). Ook die sanger Abel Knobel, Francois Jacobs (óftewel Kaalgat Karel) en Sean Brebnor (Getroud Met Rugby) verskyn as veldwagters – almal geklee deur Boerboel Wear, die welbekende handelsmerk wat al die khaki-uniforms in die film geborg het.

Christopher Jaftha, Khaki Fever
Christopher Jaftha as die spiertier-veldwagter Daniel. Foto: Verskaf

Juanita de Villiers (Reënboogrant) en Izette Blignaut (Binnelanders), asook ’n klompie leeus, kameelperde, hiënas, en ’n ratse Franse bulhond genaamd Chardonnay, maak ook deel van die rolverdeling uit. 

Die Safta-benoemde Loki Rothman (Koek) het die musiek gekomponeer. Hy het ook ’n oorspronklike temalied vir die film geskep, gepas getiteld “Khaki Fever”.


Stroom Khaki Fever op Showmax vanaf Vrydag 5 September.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies