Menu terloops
In How-to's [19 Feb 2024]

Showmax 101: Als wat jy van die ‘nuwe’ Showmax moet weet


Iets wat jy oor die nuwe, beter, en goedkoper Showmax wil weet? Dié handige gids is net wat jy nodig het.

Showmax 101: Als wat jy van die ‘nuwe’ Showmax moet weet

Die “nuwe” Showmax spog met ’n nuwe look en feel, ’n nuwe app, asook ’n vergrote aanbod teen ’n laer prys as vantevore. Dít kom sowat tien maande ná ’n vennootskap tussen Showmax en Comcast se NBCUniversal en Sky. Hier is ’n oorsig van die belangrikste goed wat jy oor Showmax 2.0 moet weet.

Wat is Showmax?

Showmax is nie ’n TV-kanaal nie. Dit is ’n video-op-aanvraag-diens wat vir intekenare toegang gee tot ‘n reuse-katalogus van reekse, flieks, dokumentêre- en kinderprogramme en Premierliga-wedstryde.

Die maand-tot-maand fooi gee intekenare onbeperkte toegang, nuwe inhoud wat weekliks by die bestaande argief gevoeg word en die vryheid om te kyk wat jy wil, wanneer jy wil. Daar is geen kontrakte betrokke nie – jy kan die intekening enige tyd kanselleer.

Al wat jy nodig het, is ’n Showmax-intekening en ’n toestel wat met die internet kan verbind.

Die nuwe Showmax-platform se tegnologie word deur Peacock gedryf.

Pakkette en planne

Intekenare kan kies uit die volgende:

  • Showmax Entertainment teen R89 per maand. Dit sluit álle inhoud in, laat twee gelyktydige stromings toe en is in hoë definisie beskikbaar. 
  • Showmax Entertainment Mobile teen R39 per maand. Dié opsie is vir mobiele gebruik in standaarddefinisie. 
  • Showmax Premier League teen R69 is ook net vir mobile gebruik in standaarddefinisie.
  • Gemengde pakkette vanaf R99 per maand (byvoorbeeld Showmax Entertainment Mobile + Showmax Premier League)

Hoe kry jy Showmax?

  • Gaan na die Showmax-webwerf en kies ‘Sign Up’.
  • Kies jou plan. 
  • Teken in met jou e-posadres en skep ’n wagwoord. 
  • Kies jou betaalmetode. 
  • Indien jy die “recurring billing”-opsie kies, moet jy een keer per maand betaal.  
  • Daar is geen kontrak nie en jy kan enige tyd kanseleer. 

Hoe om te betaal

Daar is verskeie opsies wat betaling betref. 

  • Visa en Mastercard-debiet en -kredietkaarte 
  • Showmax vouchers 
  • DStv se “Add to Bill”-opsie (voeg dit tot jou bestaande DStv-rekening) – beskikbaar in Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Ghana, Zambië en Zimbabwe.
  • Vodacom Add to Bill-opsie (slegs in Suid-Afrika)
  • MTN Add to Bill-opsie (slegs in Suid-Afrika)
  • M-Pesa via USSD (slegs in Kenia)

Hoe om Showmax by jou DStv-rekening te voeg

Die DStv Add to Bill-opsie is beskikbaar in Suid-Afrika, Kenia, Botswana, Ghana, Namibië, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe en Nigerië.

Vir DStv Premium-intekenare

  1. Besoek die DStv selfdiens-webblad
  2. Teken in met jou Connect ID. 
  3. Kies My Products. 
  4. Kies DStv Premium. 
  5. Klik Link Showmax op die Showmax-banier. 
  6. Aanvaar die kwotasie.

Wanneer jy Showmax op die DStv-selfdiensblad geaktiveer het, sal jy terugverwys word na die Showmax-webblad om daar in te teken en te begin kyk.

Vir DStv-intekenare op ander pakkette

DStv Compact- en Compact Plus-kliënte in sekere lande kwalifiseer vir 50% afslag op Showmax, en DStv-kliënte op Family, Access en Easyview kan kies om Showmax by hulle DStv-rekening te voeg, maar hulle sal die standaard-fooi betaal.

  1. Besoek die DStv selfdiens-webblad
  2. Teken in met jou Connect ID. 
  3. Kies My Products. 
  4. Kies die korrekte pakket. 
  5. Klik Link Showmax op die Showmax-banier. 

Wanneer jy Showmax op die DStv selfdiens-webblad geaktiveer het, sal jy bevestiging kry dat dit suksesvol was. Jy sal dan terugverwys word na die Showmax-webblad om in te teken en te begin kyk.

Wat as ek reeds ‘n Showmax-intekenaar is?

  1. Teken in op Showmax se webblad.
  2. Kies My Account.
  3. Kies Manage Subscription.
  4. Kies Add to DStv.

Op watter toestelle kan jy Showmax kyk?

Showmax is beskikbaar op amper enige toestel wat aan die internet gekoppel kan word. Dié toestelle kan van land tot land verskil.

  • Foon of tablet: Kry die Showmax-app op jou Android- of iOS-toestel.
  • Skootrekenaar of rekenaar: Kyk via die webwerf.
  • Slim-TV: Stroom Showmax op you slim-TV of koppel jou skootrekenaar met ‘n HDMI-kabel aan jou TV.
  • Media-stroomtoestel: Gebruik jou gekoppelde Explora Ultra, Streama, Android TV, Apple TV, Google Chromecast, om Showmax na jou TV te stroom.

Hoe om dataverbruik op Showmax te beheer

Showmax dataverbruik

Showmax bied maniere vir jou om jou dataverbruik te beheer.

  • Laai programme af om later te kyk (offline): Wanneer jy toegang tot wi-fi het, laai reeks of flieks op die Showmax-app op jou tablet of foon af en kyk dit later wanneer jy nie aanlyn is nie. Kies tussen verskillende aflaai-stellings – hoe laer die kwaliteit, hoe minder data sal jy gebruik om dit af te laai en hoe minder plek sal dit op jou toestel neem.
  • Plaas ’n beperking op jou bandwydte-dekking: Om ’n beperking op jou bandwydte te plaas, help om minder data te gebruik. Dit is baie handig indien jy op ’n data-begroting is.

Lees ook meer hier oor hoe jy data kan spaar.

Wie kan jy vir hulp vra?

Showmax bied verskeie opsies om gebruikers by te staan, waaronder:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies