Menu terloops
In How-to's [27 Jun 2023]

Hoe werk BritBox op DStv?


BritBox is nou beskikbaar as ’n app op Explora Ultra- en Streama-toestelle vir DStv-intekenare. Alternatiewelik kan dit ook bygevoeg word as ’n bykomende betaling op intekenare se bestaande DStv-rekening.

Hoe werk BritBox op DStv?

BritBox, ’n Britse stroomdiens, is in Augustus 2021 vir die eerste keer in Suid-Afrika bekendgestel en was beskikbaar op die web, slim TV’s en mobiele apps.

BritBox is nou beskikbaar as ’n app op Explora Ultra- en Streama-toestelle vir DStv-intekenare. Alternatiewelik kan dit ook bygevoeg word as ’n bykomende betaling op intekenare se bestaande DStv-rekening.

Dit bied Britse vermaak uit die boonste rakke met produksies soos Vera, Hotel Portofino, Sanditon, Call the Midwife, Fawlty Towers, Grace, Blackadder en The Outlaws.

BritBox kos maandeliks R99,99 ná ’n aanvanklike gratis toetsperiode van sewe dae.

Met die toevoeging van BritBox bied DStv nou ses derdeparty-stroomdiensapps op Explora Ultra en Streama: Amazon Prime Video, Disney+, Netflix, YouTube en YouTube Kids, sowel as Showmax en die SuperSport app.

Voeg so BritBox by jou DStv

Gebruik WhatsApp (060 060 3788) om BritBox by jou DStv te voeg. Kliek hier, en volg die aanwysings. Jy sal ’n e-pos ontvang om jou BritBox-rekening te skep.

Wat jy moet weet

  • Jy kan die BritBox app op jou DStv Explora Ultra- en/of DStv Streama-toestelle gebruik sonder om daarvoor deur jou DStv te betaal. Maak die app oop, teken aan met jou aansluit-details en begin stroom. Onthou: jy het ’n aktiewe DStv-intekening en toegangsfooi (Access Fee) nodig vir toegang tot enige van die aanlyn-produkte op die DStv Explora Ultra. Jy moet by DStv ingeteken wees om die DStv Streama te gebruik.
  • Kliënte moet maandeliks vir DStv betaal en oor ’n aktiewe intekening beskik om BritBox by hul rekening te voeg.
  • As jy reeds vir BritBox geregistreer het en dit gebruik, kan jy dit nie by jou DStv-rekening voeg nie. Slegs nuwe BritBox-intekeninge kan by  jou DStv-rekening gevoeg word. 
  • Jy kan een BritBox-intekening aan jou DStv-rekening koppel. As jy meer as een aktiewe DStv-intekening het, sal BritBox outomaties aan jou grootste pakket gekoppel word.     
  • Kontak DStv se hulplyn as jy jou sewe dae gratis toetsperiode wil kanselleer. Jy sal bevestiging van DStv ontvang waarin jy ingelig word dat BritBox van jou rekening verwyder is.  
  • Indien jy BritBox by jou DStv-rekening gevoeg het, maar geen e-pos ontvang het met ’n skakel om vir BritBox te registreer nie, moet jy DStv se hulplyn kontak sodat hulle weer vir jou ’n skakel kan stuur. Onthou, as meer as 14 dae verloop het sedert jy aansoek vir BritBox gedoen het en dit is nie geaktiveer nie, moet jy dit weer by jou rekening voeg. Vir veiligheidsredes verstryk die skakel binne 14 dae.
  • Die eerste betaling vir BritBox sal eers begin nadat jou gratis toetsperiode van sewe dae verstryk het. Dit sal pro-rata op jou DStv-betalingsdatum geskied waarna jou intekeningdatums vir DStv en BritBox op dieselfde datum sal geskied.
  • Jy kan BritBox op enige toestel wat DStv ondersteun, gebruik.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    ’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

    Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

    Meer

    Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

    VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

    Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

    Meer
    6

    ‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

    Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

    Meer
    Sien alle opsies