Menu terloops
In How-to's [19 Mei 2022]

Hoe werk Disney+ op DStv?


Iets wat jy oor Disney+ wil weet? Dié handige gids is net wat jy nodig het.

Hoe werk Disney+ op DStv?

Met Disney+ uiteindelik in Suid-Afrika beskikbaar – onder meer via DStv – is duisende flieks en TV-reekse tot kykers se kiesopsies gevoeg. Daaronder tel ál 33 seisoene van die ikoniese animasiereeks The Simpsons, die volledige Star Wars-pakket, die sogenaamde “Disney-kluis” met al hul animasie classics, asook die volledige National Geographic-katalogus. Dan is daar nog Marvel-reekse en -flieks, waaronder die nuwe reeks Moon Knight met Oscar Isaac en Ethan Hawke. 

Die nitty-gritty

Disney+ is aanlyn beskikbaar, en ook deur verskeie gekoppelde toestelle, waarvan die DStv Explora Ultra-dekodeerder ’n opsie vir DStv-intekenare is. 

Die ooreenkoms tussen DStv en Disney laat toe dat DStv-intekenare toegang tot al die programme en flieks op Disney+ met hul dekodeerder kan kry.

Vier gelyktydige streams word toegelaat – met ander woorde, Disney+ kan op vier toestelle terselfdertyd gekyk word. Intekenare het ook toegang tot onbeperkte downloads op tot tien toestelle. ’n Maksimum van sewe verskillende profiele kan op een intekening gelaai word. Kinderprofiele kan ook opgestel word. 

Hoeveel kos dit?

Dit is beskikbaar teen R119 per maand of R1190 vir ’n jaarlikse intekening.

Daar is egter ook spesiale DStv-pakkette wat afslag bied as jy dit met jou DStv-intekening kombineer:

  • DStv Premium + Disney+ = R909 per maand
  • DStv Compact Plus + Disney+ = R619 per maand
  • DStv Compact + Disney+ = R499 per maand

Indien ek op Disney+ op my Explora Ultra inteken, sal ek Disney+ net op my TV kan kyk?

Nee, wanneer jy inteken op die Explora Utra, kry jy toegang tot Disney+ net soos wat jy sou kry indien jy op hulle webblad ingeteken het. Jy kan dit dus ook op jou foon, tablet, TV, of rekenaar kyk.

Het ek toegang tot die internet nodig om Disney+ op DStv te kyk?

Ja. Dit is ’n streaming platform wat beteken dat jy die internet nodig het. Die Explora Ultra het ingeboude wi-fi wat dit maklik maak om dit aan jou internet te koppel.

Die ideaal is natuurlik ’n uncapped konneksie met spoed-aanbevelings as volg: 

  • ’n minimum van 2Mbps om SD af te laai;
  • ’n minimum van 4Mbps vir SD stroming;
  • ’n minimum van van 10Mbps vir HD stroming (plus ’n konneksie tot ’n hoë-definisie TV).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies