Menu terloops
In How-to's [13 Sep 2021]

Hoe kyk ek Netflix op DStv?


Die nuwe DStv Explora Ultra maak dit makliker as ooit om Netflix op jou TV te kry, of jy ‘n Netflix-intekenaar is of nie. Die Ultra is die eerste in Suid-Afrika wat DStv-intekenare toelaat om in te teken op Netflix, asook ander platforms soos Showmax.

Hoe kyk ek Netflix op DStv?

Die nuwe DStv Explora Ultra maak dit makliker as ooit om Netflix op jou TV te kry, of jy ‘n Netflix-intekenaar is of nie. Die Ultra is die eerste in Suid-Afrika wat DStv-intekenare toelaat om in te teken op Netflix, asook ander platforms soos Showmax.

Watter kanaal is Netflix op DStv?

Netflix is ’n app wat jy in die apps-kategorie op die DStv Explora Ultra sal kry. Dit is nie ‘n kanaal op DStv nie aangesien Netflix ’n maatskappy op sy eie is met sy eie katalogus van programme en flieks.

Die ooreenkoms tussen DStv en Netflix laat toe dat DStv-intekenare toegang tot al die programme en flieks op Netflix direk van hul dekodeerder kan kry.

Hoe teken ek in op my Netflix-rekening op my Explora Ultra-dekodeerder?

Indien jy ’n bestaande Netflix-intekenaar met ‘n Explora Ultra is, is die proses baie maklik. Al wat jy doen, is om die APPS-knoppie op jou Explora-afstandbeheerder te druk en dan op Netflix aan te meld. Dieselfde proses geld vir Showmax.

Hoe teken ek in op Netflix op my Explora Ultra-dekodeerder?

Dit is ook baie maklik om te doen. Druk die APPS-knoppie op jou afstandbeheerder, gaan na Netflix en kies “sign up”. Sodra jy dit gedoen het, sal jou Netflix-rekening outomaties by jou DStv-rekening gevoeg word en hoef jy net een betaling te maak. Die bestaande manier van betaling wat jy vir DStv gebruik, sal ook vir Netflix gebruik word.

Hoe voeg ek my Netflix-rekening by my DStv-rekening?

Indien jy reeds ‘n Netflix-intekenaar is voordat jy op jou DStv Explora Ultra inteken, kan jou twee rekeninge nie bymekaar gevoeg word nie – Netflix sal steeds vir jou ‘n rekening stuur en die fondse verhaal soos toe jy by Netflix aangesluit het. Die enigste manier om jou Netflix-rekening by jou DStv-rekening te voeg, is om as ‘n nuwe Netflix-kliënt te registreer deur die Explora Ultra.

Indien jy ’n Netflix-rekening het wat verval het, kan jy wel dit op die Explora Ultra heraktiveer deur “join now” op die APPS-spyskaart op die afstandbeheerder te druk. Gebruik jou bestaande aanmeld-details en jou rekening sal weer geaktiveer word en die die rekening sal outomaties by jou DStv-rekening gevoeg word.

Indien ek op Netflix op my Explora Ultra inteken, sal ek Netflix net op my TV kan kyk?

Nee, wanneer jy inteken op Netflix op die Explora Utra, kry jy toegang tot Netflix net soos wat jy sou kry indien jy op hulle webblad ingeteken het. Jy kan dus Netflix op jou foon, tablet, TV, of rekenaar kyk.

Hoeveel kos dit om Netflix op DStv te kyk?

Dit kos dieselfde as wat dit sou kos as jy op Netflix sou inteken op hulle webblad. Die prys van Netflix sal by jou DStv-rekening gevoeg word. Daar is geen ekstra kostes verbonde nie.

Het ek toegang tot die internet nodig om Netflix op DStv te kyk?

Ja. Netflix is ’n streaming platform wat beteken dat jy die internet nodig het. Die Explora Ultra het ingeboude wi-fi wat dit maklik maak om dit aan jou internet te koppel.

Die ideaal is natuurlik ’n uncapped konneksie met spoed-aanbevelings as volg: Die aanbevole spoed van die konneksie vir stroming is as volg:

  • ’n minimum van 2Mbps om SD af te laai;
  • ’n minimum van 4Mbps vir SD stroming;
  • ’n minimum van van 10Mbps vir HD stroming (plus ‘n konneksie tot ’n hoë-definisie TV);
  • vir 4K stroming, wat Netflix aanbied, stel ons voor dat jy na Netflix se webblad gaan vir riglyne.

Jy kan ook programme en flieks van Showmax, sowel as Catch Up op DStv, met jou Explora Ultra-dekodeerder kyk.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies