Menu terloops
In How-to's [19 Feb 2024]

Spaar só data as jy Showmax stroom


Daar is so baie lekker programme op die nuwe Showmax…maar data is nie juis goedkoop nie. Daar is egter heelwat maniere om beheer oor jou dataverbruik en -kostes tydens binge-sessies te neem.

Spaar só data as jy Showmax stroom

Hier is ’n kort lys van verskillende maniere om Showmax se ingeboude databesparingsopsies te gebruik en so die hoeveelheid data wat jy gebruik, te beperk.

    Showmax
    Showmax het verskillende verstelling vir streaming op jou slim-TV, via die webwerf, of via die app op byvoorbeeld jou selfoon.
    1

    Gebruik Showmax-bandwydtebeperking

    Showmax se bandwydte-beperkingsfunksie laat jou toe om te beheer hoeveel data gebruik word wanneer jy stroom. Jy kan jou gebruik tot so min as 40MB (op jou selfoon) beperk. Regstreekse uitsendings, soos die sokker, kan wel dataverbruik opstoot.

    As jy in HD wil kyk, kies Best – dit gee jou die hoogste moontlike gehalte teen 1.2GB per uur. Maar as jy eerder data wil spaar, of as jy konneksie stadiger is, kan jy die gehalte tot so laag as 288p stel, wat slegs sowat 100MB/h gebruik.  

    • Gaan na Account Settings. Op mobiele toestelle kan jy dit vind onder jou profielikoon regs onder op die skerm, terwyl op die webwerf en op slim-TV’s, dié ikoon gewoonlik regs bo is.
    • Kies die Data Settings-opsies.
    • Gaan deur die opsies en kies een wat jou behoeftes die beste pas.
    • Op jou mobiele toestelle kan jy ook reekse aflaai of slegs oor wifi stroom, wat ook help om data te bespaar.
    2

    Laai af op mobiele toestelle en kyk offline

    Showmax gee jou die opsie om enige program of fliek op Wi-Fi af te laai en offline op slimfone of tablette te kyk met die Showmax-app vir Android en iOS. Geen data is dus nodig om te kyk nadat jy dit afgelaai het nie. Dit is besonders handig as jy iewers sonder internet gaan wees. Of, jy weet, as die krag wéér afgaan…

    3

    Verminder aflaai-kwaliteit om data (en spasie) te bespaar

    As jy jou selfoondata moet gebruik om programme af te laai, of as die stoorspasie op jou toestel min raak, maak gebruik van die Showmax-gehaltestellings vir jou downloads.

    Wanneer jy ’n titel kies om af te laai, sal jy uit verskillende kwaliteitstellings kan kies. Hoe laer die kwaliteit wat jy kies, hoe minder data sal jy gebruik en hoe minder spasie sal die lêer op jou toestel opneem.

    Só kan jy die die data wat jy sal gebruik om ’n uur lange episode af te laai, van ongeveer 1GB tot 180MB verminder.

    4

    Gebruik gratis Wi-Fi hotspots

    Die beste manier om data te spaar is om geen data te gebruik nie! Duh.

    Stroom of download jou programme terwyl jy op jou middagete by die werk is, as jy in ’n koffiewinkel of by jou vriend se ouers se huis is. Enige plek waar jy nie vir die Wi-Fi hoef te betaal nie. (It’s our little secret!)

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

    VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

    Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

    Meer
    6

    ‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

    Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

    Meer

    Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

    Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

    Meer
    Sien alle opsies