Menu terloops
In Silwerskermfees [22 Aug 2025]

Silwerskermtoekennings 2025: ‘Hen’ en ‘Carissa’ voor met meeste speelfilm-benoemings


Aan die voorpunt van vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings is die diep roerende ‘Carissa’ en Nico Scheepers se onheilspellende ‘Hen’ wat onderskeidelik 12 en 11 benoemings ontvang het.

Silwerskermtoekennings 2025: ‘Hen’ en ‘Carissa’ voor met meeste speelfilm-benoemings

Terwyl Hen en Carissa voor in die koor is met hul kykNET Silwerskermtoekennings is Khaki Fever kort op hul hakke met agt benoemings, terwyl The Heart is a Muscle ses benoemings en My f*k, Marelize! vyf benoemings ingepalm het. Finding Optel druk ook sy stempel af met twee benoemings.

Die wenners in die speelfilm-kategorieë word Saterdag tydens twee geleenthede aangekondig. Die meerderheid van die toekennings word tydens ’n oggendfunksie by The Bay Hotel oorhandig, terwyl die glansryke galageleentheid die aand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) die wenners vir beste speelfilm, beste aktrise en beste akteur, saam met die wenners in die TV-kategorieë, sal aankondig. Die TV-benoemings is reeds vroeër bekendgemaak.

Beste draaiboek in ’n speelfilm

  • Nico Scheepers – Hen
  • Jason Jacobs en Devon Delmar – Carissa
  • Brett Michael Innes – My f*k, Marelize!

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Tapiwa Musvosvi – The Heart is a Muscle
  • Loki Rothman – Khaki Fever
  • Frazer Barry, Devon Delmar en Mikhaila Alyssa Smith – Carissa

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Tim Pringle – Carissa
  • Charlotte Buys – Khaki Fever
  • Tim Pringle – Hen

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Gray Kotzé – Carissa
  • Dino Benedetti – Khaki Fever
  • Chris Lotz – Hen
  • Paul Guyeu – Finding Optel

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Devon Delmar – Carissa
  • Paul Speirs – The Heart is a Muscle
  • Regardt Botha – Hen

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Jolene Cilliers – My f*k, Marelize!
  • Maritsa Maritz – Khaki Fever
  • Jolene Cilliers – Hen
  • Lynn le Roux – The Heart is a Muscle

Beste kostuumontwerp in ’n speelfilm

  • Cleveland Hopp – Carissa
  • Sulet Meintjes – Hen
  • Lori Myburgh – Khaki Fever

Beste produksieontwerp in ’n speelfilm

  • Merishen Wessels – Hen
  • Cleveland Hopp – Carissa
  • Sumaya Wicomb – Finding Optel

Beste regie in ’n speelfilm

  • Zandré Coetzer – My f*k, Marelize!
  • Nico Scheepers – Hen
  • Jason Jacobs en Devon Delmar – Carissa

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Francois Jacobs, Khaki Fever
  • Liam Bosman, Khaki Fever
  • Dean Marais, The Heart is a Muscle
  • Elton Landrew, Carissa

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Zandélle Meyer, My f*k, Marelize!
  • Ilse Klink, Khaki Fever
  • Wilhelmiena Hesselman, Carissa

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Stian Bam, Hen
  • Dawian van der Westhuizen, Hen
  • Keenan Arrison, The Heart is a Muscle

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Gretchen Ramsden, Carissa
  • Amalia Uys, Hen
  • Je-ani Swiegelaar, My f*k, Marelize!

Beste speelfilm

  • Hen
  • Carissa
  • The Heart is a Muscle

Lees al ons stories oor vanjaar se Silwerskermfees hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies