Menu terloops
In Fokus [10 Nov 2026]

‘Boer soek ’n vrou’: Christiaan wil sy toekoms op die plaas met iemand deel


Van antieke trekkers tot motorfietsritte in die oop ruimtes: Christiaan geniet die plaaslewe en hoop om ’n pasmaat deur ‘Boer soek ’n Vrou’, wat sy geloof en liefde vir die natuur deel, te vind.

‘Boer soek ’n vrou’: Christiaan wil sy toekoms op die plaas met iemand deel
Kyk lokprent

Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.

Christiaan (27) bedryf ’n gemengde boerdery by Clocolan in die Vrystaat. Dié kykNET-maatsoekreeks gee hom die kans om iemand te ontmoet wat saam met hom vorentoe wil kyk.

Christiaan se liefde vir die plaas strek van antieke trekkers en enjins tot die oop ruimtes waar hy graag jag, visvang en motorfiets ry. Hy is hardwerkend, weet waarheen hy op pad is en probeer die positiewe in elke situasie raaksien. Familie en vriende is vir hom kosbaar, en dit is hom belangrik om betrokke in sy gemeenskap te wees.

Hy hoop om iemand te ontmoet met wie hy sy lewe en toekoms kan deel: ’n meisie met ’n sterk geloof en goeie waardes, een wat die plaas en natuur liefhet en saam met hom uitdagings sal aanpak.

As jy ook die plaaslewe liefhet en waarde heg aan geloof en saamstaan, kan jou brief die eerste tree wees om Christiaan te leer ken.

Skryf só in

  • Besoek www.kyknet.tv.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
  • Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
  • Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies