Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.
Adam (24), ’n wildboer van Swartruggens in Noordwes, hoop sy soektog in dié seisoen lei na iemand met wie hy ’n lewe kan bou.
Adam is ’n sosiale mens wat lief is vir die buitelug en graag aktief bly met gholf, padel en hokkie. Op die plaas geniet hy wildritte, jag en kuiers om die vuur saam met familie en vriende. Hoewel hy Engels grootgeword het, lê Afrikaans hom na aan die hart. Hy hoop om ’n Afrikaanse meisie te ontmoet met wie hy ’n lewe kan bou.
Sy ideale maat is gesinsgerig, eerlik, respekvol en avontuurlustig met ’n positiewe lewensuitkyk en die vrymoedigheid om haarself te wees.
Klink ’n wildrit en ’n kuier om die vuur na jou soort tyd saam? Vertel Adam in ’n brief wat jou gelukkig maak.

Skryf só in
- Besoek www.kyknet.tv.
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
- Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
- Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.







