Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.
Dean (56) is ’n bees-, sitrus- en byeboer van Pretoria in Gauteng. Hy neem aan dié seisoen deel omdat hy gereed voel om weer plek vir liefde te maak.
Dean is ’n voltydse veearts en beskryf homself as ’n boerseun wat in Pongola in KwaZulu-Natal grootgeword het. Hoewel hy ’n suksesvolle veeartspraktyk het, woon hy permanent op sy plaas waar sy deeltydse boerdery hom kans gee om asem te skep terwyl hy die bos, jag, visvang, reis en kosmaak geniet. Hy is ’n geskeide pa en sy dogter is besig met haar nagraadse studies. Volgens Dean is hy op ’n rustige plek in sy lewe en voel hy dit is tyd om ook weer na sy hart te kyk.
Hy soek ’n intelligente Christinvrou met ’n omgeehart, wat lekker kan gesels, goed kan luister en mense sonder oordeel aanvaar. Meer as enigiets soek hy ’n beste vriendin met wie hy die goeie én die slegte kan deel.
Waardeer jy goeie gesprekke, ’n luisterende oor en die kans om die lewe met ’n beste vriend te deel? Skryf vir Dean.

Skryf só in
- Besoek www.kyknet.tv.
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
- Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
- Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.







