Menu terloops
In Fokus [12 Nov 2026]

‘Boer soek ’n vrou’: Dirk se hart lê op die plaas en dalk by jou


Dirk geniet die plaas, reis en ’n aktiewe lewe. Hy hoop om ’n selfversekerde vrou te ontmoet wat haar waardes ken en saam met hom vorentoe kyk.

‘Boer soek ’n vrou’: Dirk se hart lê op die plaas en dalk by jou

Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.

Dirk (39), ’n beesboer van Groot Marico in Noordwes, hoop dié seisoen bring hom nader aan die vrou met wie hy die lewe kan deel.

Dirk, wat ’n positiewe uitkyk op die lewe het, is ’n sakeman en boer, wie se hart op die plaas lê. Hy geniet jag, gholf en motorfietswedrenne, maar maak ook graag tyd vir reis en vakansies in die Tuinroete. Hy skryf in met die hoop om sy lewensmaat te ontmoet en die lewe saam te geniet.

Sy ideale vrou is aanpasbaar, intelligent en iemand wat omgee en oor sterk Christelike waardes beskik. Sy moet goed kan kommunikeer, aktief leef en met selfvertroue vir haarself en haar waardes opstaan.

As jy sterk in jou waardes staan en lus is om die lewe saam met iemand aan te pak, vertel Dirk in ’n brief van jouself.

Skryf só in

  • Besoek www.kyknet.tv.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
  • Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
  • Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies