Menu terloops
In TV [14 Okt 2026]

Alles wat jy moet weet oor ‘Taktiek’ se tweede seisoen


Schusterton bly die land se veiligste dorpie, maar ‘Taktiek’ se tweede seisoen, wat binnekort op kykNET begin, loop oor van moeilikheid. Lisa se pa word haar sakevyand, die span trek na ’n ou kerk, en muisneste en familieprobleme hou almal op hul tone.

Alles wat jy moet weet oor ‘Taktiek’ se tweede seisoen

Schusterton is steeds die veiligste dorpie in die land, maar vir die Taktiek-sekuriteitspan is daar oorgenoeg moeilikheid – en min daarvan het met misdaad te doen. In die tweede seisoen van dié kykNET-komedie moet Lisa (Leché Schroder) die onderneming aan die gang hou terwyl haar pa, Jorrie (Deon Lotz), sy eie sekuriteitsmaatskappy begin en haar direkte mededinger word. 

Intussen verskuif die span se hoofkwartier na ’n ou kerk, en sorg muisneste, familieprobleme en ingewikkelde vriendskappe vir meer drama as enigiets wat in Schusterton se strate gebeur.

Hier is drie dinge om te weet:

1. Daar is nou twee sekuriteitsmaatskappye in ’n dorp wat skaars een nodig het

Jorrie begin sy eie sekuriteitsmaatskappy en word sy dogter, Lisa, se direkte mededinger. Nou moet pa en dogter hul verhouding probeer herstel terwyl hulle in kompetisie met mekaar is. Familie en besigheid was nog nooit ’n maklike kombinasie nie – en Jorrie maak dit beslis nie makliker nie.

2. Die span trek kerk toe

Taktiek se nuwe hoofkwartier is ’n ou kerk. Die span hou nou vergaderings in die kerkbanke, terwyl Lisa vanuit die moederkamer moet probeer om orde te handhaaf. Ook hul kuierplek kry ’n nuwe voorkoms. Nadat die kroeg sluit, begin Bronwyn (Melissa de Vries) ’n food truck om steeds haar kliënte te bedien. Dis ’n nuwe adres, maar met al dieselfde ou streke.

3. Goose ontplooi ’n nuwe taktiek om Lisa se hart te wen

Goose (Bennie Fourie) besluit die pad na Lisa se hart loop deur vriendskap. Sy redenasie? Getroude paartjies sê altyd hulle is mekaar se beste vriende. As hy dus eers haar beste vriend word, behoort die res mos vanself te volg. Intussen raak Attie (Schalk Bezuidenhout) verlief op Venter (James Borthwick) se dogter. Om die dorp veilig te hou, lyk skielik heelwat eenvoudiger as om jou hart te beskerm.

Die regiespan bestaan uit Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Mila Guy. In die rolverdeling is Bennie Fourie, Leché Schroder (nee Joubert), Schalk Bezuidenhout, Mandri Sutherland, James Borthwick, Keeno Lee Hector, Deon Lotz en Melissa de Vries.

Kykers kan ook uitsien na talle ander bekende akteurs, wat die eerste keer ’n verskyning in Taktiek maak, soos Beer Adriaanse, Mila Guy, Carel Nel, Zenobia Kloppers, De Klerk Oelofse, Dirk Stoltz, Daneel van der Walt, Melt Sieberhagen en Louw Venter.

Taktiek se tweede seisoen begin op Sondag 25 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies