Menu terloops
In TV [14 Oct 2026]

Vyf redes hoekom jy nuwe Deon Meyer-rillerreeks móét kyk


‘INVISIBLE’, ‘n nuwe M-net-rillerreeks, gegrond op ’n Deon Meyer-verhaal, verken mag, korrupsie en geheimhouding vanuit die Limpopo-bosveld.

Vyf redes hoekom jy nuwe Deon Meyer-rillerreeks móét kyk

Die langverwagte rillerreeks INVISIBLE maak uiteindelik sy debuut op M-Net (DStv-kanaal 101). Gegrond op ’n verhaal deur Deon Meyer, een van Suid-Afrika se mees gevierde skrywers, neem dié reeks van agt episodes kykers van die Limpopo-bosveld tot diep in ’n duister wêreld van mag, korrupsie en geheimhouding.

Hier is vyf redes volgens die vervaardigers hoekom jy dit moet kyk:

1. Dis Deon Meyer soos jy hom nog nooit tevore beleef het nie

Wanneer Deon Meyer ’n storie vertel, luister die wêreld. Sy boeke word in meer as 40 lande uitgegee en miljoene lesers het al hulle weg verloor in sy spanningsvolle verhale.

INVISIBLE, geïnspireer deur sy roman Onsigbaar, neem die kern van die geliefde verhaal en gee dit ’n vars, moderne televisieverwerking wat die spanning, misterie en emosionele gewig van die oorspronklike behou.

2. ’n Rolverdeling wat internasionale en plaaslike vuurkrag kombineer

Die bekroonde Abbie Cornish (Three Billboards Outside Ebbing, Missouri, Limitless) en Dougray Scott (The Crow Girl, The Hack) lei die rolverdeling, saam met plaaslike talent, waaronder Tim Theron, Tumisho Masha, Frank Rautenbach, Kim Engelbrecht, Chi Mhende en Siv Ngesi.

3. Elke episode laat jou met nóg vrae

Wat begin as die dood van renosterstropers in Hoedspruit, ontplof vinnig in ’n veel groter verhaal van politieke intrige, historiese geheime, korrupsie en moord.

Soos die raaisel ontvou, ontdek kykers dat niemand heeltemal is wie hulle voorgee om te wees nie. Dis die tipe reeks wat jou ná elke episode laat sê: “Net nog een.”

4. Suid-Afrika lyk ongelooflik

Van uitgestrekte wildreservate en droë bosveld tot berge, riviere en afgeleë dorpe, wys die reeks Suid-Afrika op ‘n manier wat selde op televisie gesien word. Dit is ‘n visuele ervaring wat maklik langs internasionale premium dramas kan staan.

5. Dit bewys weer dat Suid-Afrikaanse drama wêreldklas is

Die span agter INVISIBLE is dieselfde kreatiewe krag wat reeds kykers beïndruk het met produksies soos Trackers, Devil’s Peak en Heart of the Hunter.

Met sy ambisieuse omvang, filmiese voorkoms en universele temas van mag, familie, oorlewing en geregtigheid wys INVISIBLE dat Suid-Afrikaanse stories nie net plaaslik kan aanklank vind nie, maar wêreldwyd behoort te reis.

INVISIBLE première Woensdag 14 Oktober, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Nuwe episodes word weekliks uitgesaai en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies