Menu terloops
In Sepies [30 Sep 2026]

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober


Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Die temperatuur styg dié Oktober in Ruiterbosch, en dit het min met die warmer weer te doen. In dié fiktiewe Kaapse woonbuurt waar kykNET se gewilde Suidooster-sepie afspeel, raak ou vetes gevaarliker en nuwe verhoudings ingewikkelder. En vir een gesin wag daar ’n skokwending wat alles verander.

Terwyl sommige inwoners aan ’n gelukkige toekoms probeer bou, speel ander met vuur. Die grens tussen saamwerk en persoonlike toenadering raak gevaarlik dun, en ’n nuwe liefde laat iemand se oordeel wankel. Hoe goed ken jy werklik die mense wat jy die naaste aan jou toelaat?

Gelukkig is daar ook kans vir ’n bietjie asem skep, al loop selfs ’n doodgewone koshuisreünie behoorlik skeef. Van romantiese planne tot ’n sakegeleentheid wat net te goed lyk om te laat verbygaan: Ruiterbosch se inwoners het genoeg op hul kerfstok om Oktober allesbehalwe vervelig te maak.

Hier is vyf Suidooster-storielyne om dié maand dop te hou.

1. Die Jacobs-gesin se wêreld stort in duie

Die stryd tussen Bridgette (Denise Newman) en Nazeem (Irvine van der Merwe) neem ’n onheilspellende wending. Nazeem is vasbeslote om haar finaal op haar knieë te dwing, maar niemand is voorbereid op wat volgende gebeur nie.

    ’n Aardskuddende kinkel verander alles vir die Jacobs-gesin en stuur skokgolwe deur Ruiterbosch.

    Skielik lyk die familie se ou struwelinge heel anders, en word bande wat reeds onder druk is, tot die uiterste beproef.

    Vir Bridgette raak dit al moeiliker om haar emosies in toom te hou. Wanneer die behoefte aan antwoorde verander in ’n drang om iemand te laat boet, is daar geen waarborg dat sy betyds sal halt roep nie.

    2. Siya en Elzette speel met vuur

    Bianca (Simone Biscombe) werk hard om haar fondsinsameling ’n sukses te maak, maar haar man se aandag is al hoe meer elders. Siya (Gantane Kusch) en Elzette (Nina Swart) se kliniekprojek gee hulle oorgenoeg rede om tyd saam deur te bring – en hul gemak in mekaar se geselskap begin Bianca pla.

      Is haar jaloesie ongegrond, of sien sy iets raak wat niemand hardop wil erken nie? Tussen werkafsprake en persoonlike gesprekke begin die grense vervaag. Hoe harder Siya probeer om alles onder beheer te hou, hoe moeiliker raak dit om sy eie gevoelens te ignoreer.

      Met Mymoena (Jill Levenberg) ook by die projek betrokke, kan selfs ’n onbewaakte oomblik ongemaklike vrae ontlok. En sommige vrae is veel makliker om te ontduik as om eerlik te beantwoord.

      3. Gary se nuwe liefde het ’n geheime kant

      Gary (Craig Adriaanse) sien ’n romantiese geleentheid wanneer Kate (Annelisa Weiland) ’n nuwe huurder soek. Die aantreklike Claire (Julia Marone) trek sy aandag, en hy haal alles uit om haar te beïndruk.

        Intussen teiken ’n swendelaar Ruiterbosch se inwoners, en Gary se rekenaarvernuf word ingespan om die skuldige op te spoor. Maar hoe nader hy aan die waarheid kom, hoe ingewikkelder raak sy eie liefdeslewe.

        4. Frankie en Riaan waag hul kans op geluk

        Frankie (Mienke Ehlers) en Riaan (Daniel Coetzee) besluit om hul verhouding ’n behoorlike kans te gee, maar nie almal is ewe gereed om saam fees te vier nie.

          Amanda (Lindie Strydom) sukkel om die verhouding te aanvaar, terwyl Justin (Eden Classens) moet leer om sonder Frankie aan te beweeg.

          Wanneer die nuwe paartjie ’n partytjie reël, blyk dit gou dat goeie bedoelings nie noodwendig gekrenkte gevoelens kan voorkom nie.

          5. Mike se reünie raak ’n behoorlike toets

          ’n Koshuisreünie klink eenvoudig genoeg, totdat Mike (Anrich Herbst) besluit dié reünie hierdie keer iets besonders moet wees. Sy uitbundige ou vriend Derek (Adam Neill) se koms verhoog die verwagtinge, veral omdat Mike ook ’n sakegeleentheid raaksien.

            Wanneer ’n onverwagse terugslag by Anker die planne bedreig, moet Wade (Dean Smith) kreatief dink. Kan Mike sy ou vriend beïndruk én die ooreenkoms beklink waarop hy hoop?

            Wat, waar en wanneer?

            Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

            Sien ook Meer

            Jy sal hou van:

            ’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

            Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

            Meer

            Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

            VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

            Meer

            Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

            Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

            Meer
            6

            ‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

            Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

            Meer
            Sien alle opsies