Menu terloops
In Onderhoude [24 Apr 2024]

Marco Spaumer: ‘Suidooster’ se Tim ‘nie jou tipiese skurk’


Dinge tussen Tim en Bridgette was nog nooit maanskyn en rose nie, maar oor die afgelope paar weke het die rugstekery, agterbaksheid en power plays tussen dié twee regtig ’n verbysterende vlak in ‘Suidooster’ bereik – en die man in die middel van al die naelbytende sepiedrama is die akteur Marco Spaumer.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Stroom Suidooster aanlyn

Marco Spaumer: ‘Suidooster’ se Tim ‘nie jou tipiese skurk’

Tim du Plooy is nie jou tipiese skurk nie. Diep binne dié Suidooster-karakter is hy eintlik ’n goeie mens. Hy het ’n suksesvolle loopbaan (buite die misdaadwêreld), ’n semi-suksesvolle huwelik, en baie vriende. Sy vrou het nou wel vir hom verneuk, maar dit is mos nou nie sy skuld nie. ’n Mens kan selfs wonder of die akteur Marco Spaumer se goedheid dalk die beste in sy karakter uitbring. Ná nege jaar in Tim se skoene ken Marco hom immers amper so goed soos sy tweelingbroer, Marcel.

Volgens Marco is Tim glad nie so sleg soos wat hy soms voorgee nie. Dit is maar eerder omstandighede wat die skurk in hom uitbring. 

“Toe ek Tim leer ken het, was hy regtig jonk, ambisieus en vol lewe. In die eerste paar maande en jare was daar geen villain in hom nie. Ek kan ook nie sê dat hy soos ander karakters as ’n skurk ingeskryf is nie,” vertel Marco. 

“Ek dink nadat hy onder Ian October gewerk het, is hy beïnvloed. Hy het gesien hoe dinge regtig in besigheid werk en wat jy soms moet doen om bo uit te kom. Ek kan nie presies onthou wat gebeur het nie, maar hy het nie sy sin gekry nie en toe maak hy daardie skuif – van goed na sleg – met dit wat hy geleer het.”

Wolf in skaapsklere

Marco Spaumer, Suidooster, Tim du Plooy
Marco Spaumer as Tim in Suidooster. Foto: Verskaf

Teen dié tyd weet almal dat Tim nie sommer toelaat dat iemand oor hom loop nie, veral nie Bridgette (Denise Newman) nie. Groter vyande binne ’n familie kry jy nie sommer nie. (Behalwe vir die Forresters in The Bold and the Beautiful…)  

En selfs noudat Tim vir Bridgette op haar knieë het, is dit nie genoeg nie.

“Tim se ambisie kan hom soms verblind, maar hy gaan beslis nie stop totdat hy die hele empire het nie,” vertel Marco laggend oor sy hardkoppige karakter. 

Tim is die definisie van ’n wolf in skaapsklere en sy jonk en onskuldige voorkoms het vir jare in sy guns gewerk. Dít is juis hoekom Marco op ’n dag vir die produksiespan gevra het of hy een verandering kan maak om Tim ’n bietjie meer badass te maak. 

“Ek het gevoel die bokbaardjie werk nie meer nie en ek wou hom elevate. Toe dink ek, wat as ek vir hom ’n badass villain-snor gee?,” vertel Marco. 

“Nie almal was mal oor die idee nie. Maar hulle het dit toegelaat en dit is hoe hy toe die snor gekry het. Dit het gewerk en het onmiddellik vir Tim meer volwasse laat lyk. Dit het vir my ook gehelp, want dit het vir my daai edge gegee. Toe hy daardie eerste aand met die snor saam met Nazeem instap om vir Bridgette te vertel dat hulle aandeelhouers is, het ek sommer soos die aandeelhouer gevoel. Dit is snaaks hoe sulke klein veranderings aan ’n karakter ’n groot impak kan hê.” 

As fiksie en realiteit oorvleuel

Marco geniet dit vreeslik om in Tim se wêreld te speel, maar daar is ook tye wanneer toneelspel en die werklike lewe oorvleuel. Vir Marco gebeur dit elke keer as Tim se ma Rita (Illse Roos) opdaag. Daardie tonele kan nogal emosioneel uitputtend raak, deel hy. 

“Ek dink die Rita-storielyne is vir my die moeilikste om te vertolk, want ek self het vir ’n lang tyd ’n turbulent verhouding met my ma gehad. Dit het vir ons jare gevat om mekaar uit te figure. So daardie storielyne het my diep geraak, omdat ek Tim se seer verstaan. Ek kon sien hoe hy sukkel en ek kon dit verstaan,” vertel Marco. 

En terwyl akteurs dikwels saam met aspekte van hul karakters kan assosieer, is dit ook lekker om buite jou gemaksone te beweeg. 

“Marco is confident, maar hy moet soms hard werk om dit te laat uitkom. My verloofde (Danilo Acquisto) het die gift of the gab en is baie social. Ek is ’n bietjie meer van ’n introvert en observer,” sê Marco laggend. 

“Dit is juis hoekom dit vir my so lekker is met Tim. Hy het so baie selfvertoue en is beslis cocky en arrogant. Ek geniet dit om daardie gedeelte te explore, omdat ek dit nie self as Marco doen nie.”

Ek dink die Rita-storielyne is vir my die moeilikste om te vertolk, want ek self het vir ’n lang tyd ’n turbulent verhouding met my ma gehad. Dit het vir ons jare gevat om mekaar uit te figure. So daardie storielyne het my diep geraak, omdat ek Tim se seer verstaan. Ek kon sien hoe hy sukkel en ek kon dit verstaan.

Marco Spaumer

Marco hou aan timmer aan Tim

Marco Spaumer, Suidooster, Tim du Plooy
Tim en Zoë (Lauren Joseph) op hul troudag. Foto: Verskaf

Oor die jare het Marco ook  probeer om ’n bietjie van die karakters wat vir hom aan Tim herinner in sy karakter in te bou. Marco is mal oor TV-reekse, al binge hy nie so vinnig soos sy verloofde nie.

“Aanvanklik het die jonger broer Roman Roy (vertolk deur Kieran Culkin) in Succession vir my aan Tim laat dink. Hierdie klein mannetjie met boldness, wat impulsief is. Ek geniet dit baie om na hom te kyk. Maar die laaste paar jaar het ek dele van Jason Bateman se karakter in Ozark op Tim probeer toepas.” 

Marco sê as hy nou terugdink oor hoe hy sy pad na Suidooster toe gevind het, is hy niks behalwe dankbaar vir dié geleentheid nie. Veral omdat dit vir hom die kans gegee het om vir ’n tydjie saam met sy tweelingbroer Marcel te werk en te woon. 

“Marcel het voor my Kaap toe getrek en was besig om aan hierdie nuwe sepie te werk (wat toe Suidooster geword het). Hy het vir my gevra of ek Kaap toe sou trek en het my aangemoedig om vir Tim te oudisie. Dit is presies wat ek gedoen het en gelukkig het ek die rol gekry,” vertel hy. 

Kaapstad word húl New York

“As kinders was dinge nie altyd maklik in ons huis met ons ouers wat geskei het toe ons nog jonk was nie, so dit het ons band baie sterk gemaak, vertel Marco oor sy verhouding met sy broer.

“Ons het maar baie getrek en moes altyd gewoond raak aan ’n nuwe skool. Maar gelukkig, met ’n tweeling, het jy outomaties een vriend in daardie skool. Ek onthou toe ons nog op die plaas gewoon het, het ons vir ure buite rondgestap en gedroom van hoe ons eendag saam in New York in ’n woonstel gaan bly terwyl ek act en hy skryf. Toe ek Kaap toe trek en ons saam by Suidooster gewerk het en saam gewoon het, het dit op ’n manier soos daardie New York-ervaring gevoel.”

Marco Spaumer, Suidooster, Tim du Plooy
Soos wat hy ouer raak sê Marco maak hy meer tyd en moeite vir die dinge en mense in sy lewe wat regtig saak maak. Foto: Verskaf

En vir die wat wonder, nee, Marcel het nog nooit vir Marco voor die kamera ingestaan as hy siek is nie. 

“Marcel werk al jare nie meer by Suidooster nie, maar ek dink nie hy sou ooit dit doen nie. Hy is meer gemaklik agter die skerms en ek is meer gemaklik voor die kamera.  Hy wou nog altyd ’n skrywer wees en ek ’n akteur. Dit gee ons ons eie identiteit, maar dit is ook waar ons passies lê,” vertel Marco. 

“Ek dink ook die gehoor sou onmiddellik die verskil sien. As aanhangers ons op ons eie ontmoet, sal hulle altyd vra, ‘Is jy Tim of die broer?’ Maar as hulle ons saam ontmoet, sien jy onmiddellik die verskil. Dit is ook glad nie maklik om sommer in ’n karakter soos Tim se skoene te klim nie. So ek dink nie ons sou ’n gehoor kon oortuig dat Marcel Tim is nie.”

Soos wat hy ouer raak sê Marco maak hy meer tyd en moeite vir die dinge en mense in sy lewe wat regtig saak maak. Hy probeer ook om meer die balans tussen sy werk en sy persoonlike lewe te vind. 

“Dit gebeur so maklik dat die wêreld en tonele jou insluk. Ons almal kry dit nie altyd reg nie, but it requires intentionality to find rest and yourself.

En dit is presies waarna Marco hierdie jaar mik. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies