Menu terloops
In Lysie-lysie [7 Feb 2024]

‘Suidooster’-studs Siya en Nazeem se sake van die hart


Ter viering van Valentynsmaand kyk terloops terug op die liefde en leed van twee ‘Suidooster’-hunks, Siya en Nazeem.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
‘Suidooster’-<em>studs</em> Siya en Nazeem se sake van die hart

Siya (Gantane Kusch) en Nazeem (Irvine van der Merwe) mag dalk albei op Ruiterbosch se lys van aantreklike hunks wees, maar dís waar die ooreenkomste begin en eindig!

Die sjarmante Siya was ’n mediese dokter, maar is nou ’n pastoor wat die gemeenskap van Ruiterbosch bymekaar hou en daagliks aanmoedig. Daar is niks wat Siya nie vir sy vriende, familie en gemeenskap sal doen nie. Hy het selfs een van die stout kinders aangeneem en in ’n voorbeeldige seun verander. Nazeem is die teenoorgestelde en is so boos en slinks soos kan kom. Hy het selfs al so ver gegaan as om sy broer se dogter te ontvoer! En dan het hy nog onlangs planne gemaak om sy suster te laat vermoor. 

Hierdie hunks kan wel om dieselfde vuur sit as die liefde ter sprake is. Albei het al meer as een groot liefde gehad, maar ongelukkig hou hul verhoudings nie lank nie. Siya het wel oënskynlik sy gelukkige einde met Danni (Vashti Prins) gekry, maar met hierdie duifies wat nie meer op dieselfde bladsy is oor hul toekoms wat familie en kinders betref nie, kan dit dalk moeilikheid veroorsaak. 

Ter ere van Valentynsmaand kyk terloops terug op die liefde en leed van hierdie twee Suidoosterstuds.

1

Nazeem en Zoë (Lauren Joseph)

Hollywood het dit al oor en oor bewys, en so cliché soos wat dit is, kan meisies net nie ’n bad boy  weerstaan nie. Toe Ruiterbosch se boujee-prinses Zoë vyfster-dates met haar argitekman vir gatsby’s en ’n straatbraai buite Nazeem se winkel verruil, het almal gedink sy het haar kop gestamp. Maar toe nie! Hul vurige en skelm verhouding het wel so vinnig geëindig soos wat dit begin het. En al hoe ’n mens dit kan beskryf is as toxic.  Hulle het albei ’n sagter kant in mekaar wakker gemaak, maar hulle het ook mekaar lelik in die rug gesteek. Dit het vir baie vermaak gesorg! Ongelukkig het die verhouding gestop toe Zoë ingestem het om vir Nazeem van verkragting te beskuldig. Praat van ’n low blow! Dié twee was nooit weer saam ná daardie beskuldigings nie, maar elke nou en dan is die chemistry tussen hulle steeds tasbaar deur die skerm. En dan kan kykers net nie wegkyk nie. 

2

Nazeem en Laylla (Kay Smith) 

Kay Smith as Laylla in Suidooster.
Die vonke het gespat tussen Nazeem (Irvine van der Merwe) en Laylla (Kay Smith) in Suidooster. Foto: Skermgreep

Ek dink Laylla sal vir altyd die een wees wat weggekom het. Ek sou nooit kon raai dat ’n meisie Nazeem kon verander nie, maar Laylla het beslis soos ’n wrecking ball in Nazeem se lewe ingeswaai. Hierdie keer was dit ’n goeie ding, want sy het alles wat sleg is, afgebreek en ’n goeie man uit Nazeem probeer maak. Dit was amper te goed om waar te wees! Ongelukkig het hy te veel geraamtes in die kas en daai geraamtes vind altyd ’n manier om sy geluk te steel. Net toe Laylla ’n lewe saam met hom wou bou, tref tragedie hulle en nou sal Nazeem met daardie skuldgevoelens moet saam lewe. As hy maar net ingestem het om ’n Uber te vat, was hy nou dalk gelukkig en verlief in Kanada. Maar wat het regtig in daardie motor gebeur? Ons sal maar moet inskakel vir antwoorde oor Nazeem se grootste liefde en verlies. 

3

Siya en Michelle (Greta Pietersen)  

Siya en Michelle is die perfekte voorbeeld van hoe vriende in lovers kan verander. Toe haar verhouding met haar man uitmekaar geval het, was Siya daar om haar te troos. Die twee het groot golwe in Suidooster veroorsaak, maar ongelukkig is daar sekere goed wat net te veel vir ’n verhouding is. Nadat Siya en Michelle in sy woonstel deur twee mans aangehou is en hy toe later verkrag is, was dit net te veel trauma om hierdie verhouding te red. Ongelukkig het dit ook nie gehelp dat Michelle glad nie vir Siya ruimte wou gee nie. Gelukkig is daar ’n deksel vir elke pot en hulle het toe albei met die regte persoon opgeëindig. 

4

Siya en Bianca (Simone Biscombe) 

Toe dinge tussen Siya en Michelle nie uitwerk nie, het hy toe by Michelle se man se baby mama gaan vry. Ja ek weet, awkward! Kykers was mal oor Siya en Bianca se verhouding en almal het duime vasgehou dat hierdie twee sou trou. Maar dit was toe nou nie vir hulle beskore nie. Arme Bianca was hartgebroke toe hul verhouding eindig. Siya het Bianca mos verneuk met sy trouvrou, Danni. Die wonde was vir ’n rukkie rou, maar tyd genees mos en nou is almal weer boesemvriende. 

5

Siya en Danni (Vashti Prins) 

Praat van ’n tuimeltreinrit! Hierdie twee se verhouding het vir ons almal whiplash gegee. Dan is hulle saam, dan is hulle uit. Maar toe Siya en Danni in 2022 trou, was dit ’n regte Suidooster-sprokiesoomblik. Hierdie twee is al deur baie saam en kom altyd sterker aan die ander kant uit, maar nou dat Siya nie vir Danni ’n baba kan, of wil, gee nie, kan dit die begin van die einde beteken. Siya se spermtelling is laag, maar hy stel ook nie in IVF belang nie. Danni wil weer graag swanger wees en wil niks hoor van aanneem nie. Kom ons hoop cupid is nog aan hierdie fan favourite paartjie se kant… 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies