Menu terloops
In Sepies [4 Feb 2024]

Sepievoorskou: Die waarheid maak seer (veral as jy lekker lieg)


Die waarheid kom altyd op een of ander manier uit en hierdie week is geen uitsondering in ons sepies nie. Lees ons sepievoorskou vir die week vorentoe.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die waarheid maak seer (veral as jy lekker lieg)

Hulle sê the truth shall set you free, maar in sepieland is ’n leuen of blissful ignorance altyd beter as realiteit. Hierdie week se sepievoorskou is soos altyd die inside scoop van wat jy hierdie week (5 tot 9 Februarie 2024) op Suidooster, Diepe Waters en Binnelanders kan verwag.

Suidooster

Tragedie tref Ruiterbosch hierdie week en laat almal spraakloos. Selfs al probeer jy alles in jou mag om iemand van hulself te red, is dit nie altyd genoeg nie. 

Nazeem (Irvine van der Merwe) is smoorverlief, maar dit lyk asof sy verlede uiteindelik vir hom ingehaal het. Ek dink nie Laylla (Kay Smith) sal hierdie bitter pil kan sluk nie.  

Zoë (Lauren Joseph) se jaloesie vier intussen hoogty. En hoewel sy glo sy vir Laylla probeer beskerm deur die waarheid van Nazeem se shady verlede te deel, het dit ernstige gevolge. Ek hoop Zoë is nou gelukkig, want al is ek nie Nazeem se grootste aanhanger nie, is wat Zoë gedoen het ook nie reg nie. Jy kan nie in jou paleis met jou prins wil bly, maar dan steeds jou arme lover se hart wil hê nie. 

Ná die nuus van Siya (Gantane Kusch) se lae spermtelling hul droom ontspoor om ouers te word, het Siya en Dani (Vashti Prins) uiteindelik weer hoop. Tog is hulle ongelukkig nie op dieselfde bladsy nie. Kan hul huwelik hierdie reuse-struikelblok oorleef? 

Bianca (Simone Biscombe) is uitgeput deur Lee-Ann (Portia Joel) se versoeke. Lee-Ann is so behep met geld insamel dat sy nie kan sien hoe die mense rondom haar, en veral haar seun, sukkel nie.  

Elana (Esther von Waltsleben) het groot berou oor iets wat dinge in Ruiterbosch onherroeplik gaan verander. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders

Naomi (Je-ani Swiegelaar) kry hierdie week die nuus waarvoor sy al so lank gewag het. Feite rondom haar skenker se identiteit begin uiteindelik in plek val, maar niemand het hierdie nuus verwag nie.  

Louis (Germandt Geldenhuys) is bang hy gaan Naomi verloor. Hierdie keer het Louis dalk te ver gegaan… En met nuwe inligting wat uiteindelik na vore gekom het, hang Louis se huwelik nou regtig net aan ’n draadjie van genade. 

Nicolette (Kate Roothman) kry snuf in die neus oor die vaderskap van Tracy (Melinda Viljoen) se baba. Die gelukkigste tyd in Tracy se lewe is besig om in ’n nagmerrie te ontaard en sy sukkel by te hou met al die leuens. 

Conrad (Hykie Berg) is ook nou agterdogtig. Hy begin ook dink oor hoe die lewe saam met Tracy en ’n kleintjie sou wees, maar dit laat hom onvanpaste dinge doen. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Sanet (Nadia Valvekens) bevind haarself in ’n kompleks situasie, maar anders as in die verlede, besluit sy om haar probleme met eerlikheid aan te pak. Ongelukkig blaas dit in haar gesig op. Nou bevind sy haarself weereens verlore en verlate. 

Die liefde kan gevaarlik wees en dit vind Rossouw (Altus Theart) vinnig uit. Hierdie mid-life crisis beter nou end kry, want Rossouw speel regtig met sy lewe. 

Valencia (Vinette Ebrahim) is darem uitgeslape! Sy doen alles in haar vermoë om die bestuurder van Skinvestment te wees. Maar sy beter hoop dat sy nie sonder werk sit danksy hierdie vendetta nie!

Zelda (Sandi Schultz) het weer Gys (Justin Strydom) se HPC planne in die wiele gery en hy is op die oorlogspad. Maar Jacques (Werner Coetser) is net dankbaar dat Meghan steeds vereer gaan word. 

’n Nuwe gesig bring hierdie week geheime saam met haar wat dinge vir een familie omvergooi…

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies