Menu terloops
In Lysie-lysie [16 Nov 2023]

‘Suidooster’ is 8! Hier is 8 springmieliefeite oor dié sepie


’n Plaaslike sepiewêreld sonder ‘Suidooster’ is haas ondenkbaar – dis immers vandag dié sepie, met van die grootste TV-sterre in Suid-Afrika as deel van sy rolverdeling, se agtste verjaardag. Lekker verjaar, ou maat!

Stroom Suidooster nou

‘Suidooster’ is 8! Hier is 8 springmieliefeite oor dié sepie

Lekker verjaar aan die uiters toegewyde span van Suidooster, derduisende kykers se gunsteling-sepie.

1

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word.

2

Dit het destyds ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie tot die eerste episode wat op 16 November 2015 uitgesaai is.

3

Die Suidooster-ateljee was voorheen ’n Makro-groothandelaar.

4

Die akteurs en produksiespan val reeds soggens 07:30 by die ateljee in en werk tot sowat 19:30 saans.

5

Alistair Izobell het spesiaal twee liedjies vir Suidooster gekomponeer, waarvan een as die temalied gebruik word.

6

Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet drie kameras vir ongeveer tien ure elke dag. Dit beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word na 22 minute afgesny.

7

Daar is ’n “karakterbybel” vir die reeks en só het elke karakter tot hul eie sterreteken! Denise Newman se karakter, Bridgette October, is ’n Skerpioen!

8

Richard September, wat die geliefde Bennie-karakter speel, is ook een van die sepie se regisseurs.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies