Menu terloops
In Sepies [4 Mei 2023]

‘Suidooster’: Ruiterbosch groet AB ná 8 jaar


Ná amper agt jaar se kuier, skaterlag, huil en vloek voor die TV, moes kykers ’n geliefde ‘Suidooster’-sepiekarakter, AB Samsodien, groet. Hier is terloops se gunsteling ‘Suidooster’-storielyne van AB Samsodien oor die jare:

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

‘Suidooster’: Ruiterbosch groet AB ná 8 jaar

Ja, ek was netso die duiwel in en het ’n regte ugly girl tranedal in my sitkamer gehad toe ek besef dat dit die einde vir AB op Suidooster is. Ek het met al my hart gehoop dat hy soos talle karakters wonderbaarlik sal herstel van sy near death experience, maar ai… Dít was toe nou nie vir hom beskore nie. Ons almal weet daardie koeël was eintlik vir Dirk (Evan Hengst) bedoel. Kom ons hoop Bianca skrik nou wakker en luister na haar geliefdes, want ek weet nie of ’n lewe saam met Dirk die moeite werd is nie.

Samsodiens bring diversiteit na plaaslike sepies

AB, vertolk deur die veteraanakteur Cedwyn Joel, het in 2015 sy verskyning as AB op Suidooster gemaak en sedertdien hou die sjarmante patriarg van die Samsodien-familie vir ons op ons tone.

Voor die Samsodiens in Suidooster op ons skerms verskyn het, was daar nie regtig ’n Moslem-gesin in ons sepiewêreld nie. Maar het AB en sy TV-gesin het vir kykers op ’n outentieke wyse die Moslem-tradisies en -kultuur uitgebeeld. Nou ken ek ook woorde soos talaq (egskeiding), mashallah (dit is God se wil) en Alhamdulillah (lof aan God). Ons het saam begrafnis gehou, by troues gehuil… En wie sal ooit die blye dag vergeet toe AB uiteindelik van Farah (Lee-Ann van Rooi) skei?

Nee, kyk, op 70 het Cedwyn Joel vir kykers tot die einde op die punt van hul stoele gehou. Hy was meeste van die tyd oud van jare, maar jonk van gees. So hardekwas soos wat AB soms was, was hy ’n staatmaker in die Ruiterbosch-gemeenskap en almal se gunsteling-apteker.

Sy karakter was ook gewild onder kykers en het hy hulle dikwels lekker laat skaterlag met sy sê-goed. Soos toe hy vir sy skoonbroer, Ismail (Sherman Pharo), gesê het dat sy idee van “ware liefde” eintlik “ware malligheid” is. Ek lag nou nog so lekker as ek hoor hoe AB vir Ismail sê: “Plaas jou kop noordoos en vra vir leiding want jou moral compass is duidelik stukkend”. 

AB gaan ’n groot leemte in Ruiterbosch los, ja. Ek dink Cedwyn se afwesigheid op TV gaan egter ’n groter leemte in Suidooster-kykers se harte los.

Hier is terloops se gunsteling Suidooster-storielyne van AB Samsodien oor die jare:  

1

Ek dink nie daar was al ooit ’n karakter (behalwe Wengrid in Arendsvlei) wat meer gehaat as Farah was nie. Die vrou wat AB kom verlei het en hom by Mymoena (Jill Levenberg) afgevry het. Ek dink almal was oortuig dat AB die kluts kwyt geraak het. Want hoekom wil hy op sy ouderdom ’n tweede vrou hê? Hierdie storielyn het kykers se bloed laat kook, alles te danke aan Cedwyn se briljante vertolking. Gelukkig was dit een van die min gelukkige eindes in sepieland. AB het wakker geskrik en besef dat Mymoena die enigste vrou vir hom is.

2

AB se gesondheid was nog altyd ’n probleem, maar hy weet mos altyd beter en wou nooit dokter toe gaan nie. En toe het hy ’n nier nodig! Hierdie storielyn was rof. Sommige kykers het gevoel AB is ondankbaar, terwyl ander met hom saamgestem het dat Nazeem (Irvine van der Merwe) dinge te ver gevat het toe hy ’n onwettige nier vir AB gekoop het. Dit is waar alles met Dirk se familie begin het. Maar sjoe, ons sal nooit vergeet hoe AB vir Nazeem ingedoen het toe hy uitvind van die onwettige nier nie! Dit het gelyk asof AB letterlik ’n aar gaan bars.

Suidooster
AB (Cedwyn Joel) en Nazeem (Irvine van der Merwe)
3

AB het sy foute gehad, maar hy het altyd seker gemaak dat ander die regte ding doen. Toe sy skoonbroer, Ismail, ’n affair met Bridgette (Denise Newman) gehad het, was AB voor in die koor om die affair stop te sit. Die dag toe AB vir Bridgette konfronteer was dit een van die min tye wat ek al vir Bridgette bang gesien het. Sy hou mos nie daarvan om kwesbaar te wees nie. So gaaf soos wat AB is, weet hy ook hoe om iemand te dreig.

4

AB sal enigiets vir sy kinders doen. Hy is ook nie iemand wat deur die lewe met oogklappe beweeg nie. Kykers het deur die jare gesien hoe AB met sy sagte hart ’n paar moeilike besluite moes neem as dit by sy kinders kom. Een van die mees hartverskeurende tonele was toe AB en Mymoena vir Bianca uit die huis uit moes sit weens haar dwelmprobleem. Geen ouer wil dit aan hul kind doen nie. Ek sien nou nog hoe AB vir Mymoena met trane in sy oë vashou terwyl Bianca buite die voordeur skree. Daardie toneel het my hoendervel gegee.

5

Vir AB was daar niks lekkerder as sy darling se kos nie. As Mymoena so vir AB gevang het terwyl hy skelm iets uit die kombuis uit probeer steel, was dit te lekker om te kyk. Dit het my sommer aan my eie pa herinner en dan lag ek nog harder. Tydens Mymoena se Hallie Happie-kosvideo-era moes sy gereeld vir AB oor die vingers tik. Maar hy kon homself net nie keer nie.

6

Mymoena is en was nog altyd die vrou vir AB. Al het hulle oor die jare baie uitdagings gehad, het hul liefde altyd gewen. Toe Bianca se biologiese pa, Eben (Phillip Henn), in Ruiterbosch kom draai het, het AB net rooi gesien. Eben wou mos vir AB oortuig dat Mymoena eintlik sy groot liefde is en dat AB vir haar in hul huwelik gedwing het. Ek hoop elke man veg vir hul vrou soos AB vir Mymoena tydens hierdie storielyn geveg het. Ek weet nie hoe Mymoena sonder AB gaan lewe nie, maar ons sal maar moet inskakel en om te kyk.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies