Menu terloops
In Onderhoude [30 Jan 2023]

Irvine van der Merwe oor ‘Suidooster’ se slinkse Nazeem: ‘Hy’s ’n survivor’


Nazeem is een van die grootste sepie-skurke op die kassie en maak kykers gereeld warm onder die kraag. Maar oordeel ons dalk te vinnig? Gee die man ’n kans, meen Irvine van der Merwe, die akteur wat dié ‘Suidooster’-karakter vertolk.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou Suidooster

Irvine van der Merwe oor ‘Suidooster’ se slinkse Nazeem: ‘Hy’s ’n survivor’

Daar is min karakters wat kykers se bloeddruk soos Suidooster se Nazeem (vertolk deur Irvine van der Merwe) kan opstoot. Waar Nazeem gaan, volg daar gewoonlik moeilikheid. Maar ons wag in spanning vir die dag as hy só verlief raak dat sy skelmstreke end kry.

Daai dag kom dalk vinniger as wat ons dink, want met dié dat hy en Zoë (Lauren Joseph) nou saam aan ’n projek werk, raak hulle baie gemaklik met mekaar.

Kykers het nog nie regtig vir Nazeem verlief gesien nie, maar elke pot het mos sy deksel. Dalk is Zoë net die deksel wat die slinkse Nazeem nodig het om ten goede te verander.  

terloops het met Irvine van der Merwe gesels oor sy karakter en mense se wanpersepsie van Nazeem. En in ware Nazeem-styl, antwoord die akteur ons vrae met sy tong stewig in die kies. Gewoonlik kan ek die verskil tussen die akteur se stem en die karakter se stem in onderhoude hoor, maar met hierdie onderhoud moes ek myself herinner dat ek met Irvine gesels – en nie Nazeem nie. Dít is hoe verweef Irvine met sy karakter is. 

Dink jy Nazeem is reg vir liefde? Wat dink jy is die kanse dat ’n prim en proper meisie soos Zoë haar man vir Nazeem sal los? 

“Nazeem is reg gebore en alles is moontlik as dit by Nazeem kom. Ek dink dit is altyd moontlik dat enigiets kan gebeur as dit by Zoë of enigiemand kom.”

Irvine van der Merwe as Nazeem en Lauren Joseph as Zoë. Foto: Verskaf
Irvine van der Merwe as Nazeem en Lauren Joseph as Zoë in Suidooster. Foto: Verskaf

As kykers, sien ons meeste van die tyd net die slinkse kant van Nazeem. Dink jy kykers is te hard op hom?

“Natuurlik is die kykers te hard op hom. Hy is dan so ’n bedagsame en aangename mens. ’n Regte ‘soet’ seuntjie. Maar hy is soos die stiefseun van Suidooster en dit is fine. Ek wens mense kon meer konsentreer op sy bedagsaamheid en hulpvaardigheid. Hy help altyd almal, maar mense kom net hard op hom neer. Gee die arme man ’n break.”  

Is daar ’n sagter kant wat kykers miskyk? Wat sal jy meer van hom wil sien? 

“Ek dink deep down is Nazeem ’n hopeless romantic, op sy eie delinquent manier. Ek dink sy menslikheid kan meer uitgebeeld word. Ons is almal mens en almal maak foute. Almal kan leer en ek dink Nazeem het net ruimte nodig om te leer.”

Jy vertolk nou al hierdie rol vir ’n tydjie. Kry die skrywers dit nog reg om jou met storielyne of nuwe aspekte van jou karakter te verbaas?

“Daar is nooit ’n dull moment met Nazeem nie. Daar is altyd iets wat verbasend sal wees. So hou aan kyk, want met elke stap is daar iets nuuts, iets opwindend en iets interessant. Dit is wie hy is.”

Kykers raak baie invested in sepies, die karakters en die storielyne. Nazeem krap mense gereeld om… Wat is die snaakse reaksie wat jy al van ’n aanhanger op straat gehad het? 

“Ja-nee, kyk, Nazeem word elke dag en waar ook al hy gaan, uitgeskel. Dit is maar deel van die werk en dit is hoekom ek daar is – om mense se siele om te krap en die bloeddruk so ’n bietjie op te stoot. Die snaakste reaksie wat ek al gekry het, was onlangs in Namibië toe twee aunties my genader het. Een auntie het my met ’n uppercut in my wind geslaan en die ander het my met haar kruk geslaan. Die mense is passievol, maar ons waardeer dit en dit wys jy doen jou werk.”

Dink jy Nazeem sal uiteindelik in 2023 ’n nuwe blaadjie omslaan? 

“Ons weet nie, ons sal maar kyk. Ag, ek hoop maar die ou kom daar uit en dat hy dit tot die einde van die jaar sal maak. Ons kan dit net dag vir dag vat en hoop dat hy groei en sterker uit elke situasie sal kom. Ek wens net die beste vir Nazeem.”

Wat is die grootste lesse wat Nazeem vir jou geleer het en wat van hom herinner jou aan jou eie persoonlikheid?

“Wat Nazeem my geleer het, is om ’n beter sakeman te wees. Hy is ’n regte hustler, so hy het my ’n bietjie anders na die sakewêreld en besighede se benaderings laat kyk. Sy hustle is inspirerend, al verskil ons heeltemal. Ek is nie ’n misdadiger nie. Ek dink wel ons albei het dieselfde deursettingsvermoë. Hy survive altyd. Hy is altyd op soek na die volgende geleentheid en hoe om probleme op te los. Daardie deursettingsvermoë is iets wat ek nogal in myself waardeer.”


Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies