Menu terloops
In Onderhoude [19 Jan 2023]

‘Suidooster’ se Natasha van der Merwe: ‘Geskok’ toe sy oor verneukery-storielyn hoor


Eers Elana, toe Justin en nou Keith. Die aktrise Natasha van der Merwe se ‘Suidooster’-karakter Susan, blyk wraggies unlucky in love te wees. terloops het met Natasha oor Susan se storielyne in dié gewilde sepies gesels.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou Suidooster

‘Suidooster’ se Natasha van der Merwe: ‘Geskok’ toe sy oor verneukery-storielyn hoor

Kykers het aanvanklik vir Susan (Natasha van der Merwe) as een helfte van ’n getroude lesbiese paartjie – destyds ’n eerste in ons plaaslike sepiewêreld – ontmoet. Maar van haar en Elana (Esther von Waltsleben) se liefdesverhaal het daar net trane en as oorgebly met Susan wat na die arms van ’n ou liefde, Justin (Eden Classens) gehardloop het. Maar ook in dié verhouding het Susan begin kriewelrig raak. Dit was nie lank nie, of Justin se plek in haar kooi is deur Keith (Christiaan Schoombie) ingeneem.

Kykers was onkant gevang toe haar karakter vir Justin met Keith verneuk het, maar niemand was meer verbaas as sy nie, sê Natasha. Kykers spoeg nou wel vuur oor die gebeure op sosiale media, maar volgens Natasha het dié storielyne haar uit haar gemaksone as aktrise gedwing. Sy moes diep grawe en dís juis wat sy van toneelspeel geniet.    

terloops het met Natasha oor Susan se moeilikheid met liefde en haar eie planne vir 2023 gesels.

Hoe sou jy Susan beskryf en wat het jou die meeste verras toe jy hierdie karakter op papier ontmoet het?

“Sy is iemand wat glad nie bang is vir ’n uitdaging of ’n moeilike situasie nie. Sy is ’n klein bietjie roekeloos en bombasties by tye en volg nie altyd die reëls nie, maar sy werk ontsettend hard. Sy is ’n bietjie van ’n dark horse. Dít is iets wat ek kan explore en gebruik om vir haar lewe te gee. Sy is baie sjarmant, maar daar is ’n kant van haar wat mense nie eintlik ken nie. Daar is beslis iets wat sy wegsteek of waarvan sy weghardloop.”

Akteurs voel soms dit is lekkerder en meer interessant om ’n bad guy, eerder as iemand wat hou by die reëls, te speel. Wat verkies jy? En waar pas Susan in?

“Sjoe dit is ’n moeilike een, want ek is nie seker wat ek verkies nie. Ek is altyd ywerig vir ’n uitdaging, maar ek dink beslis Susan val nie noodwendig duidelik in die een of die ander groep nie. Ek dink die feit dat sy eintlik pansexual is, maak Susan interessant. Mense vergeet – of sukkel om te aanvaar – dat haar voorkeure fluid is en sy verlief kan raak op ’n man of vrou of ’n transgender persoon of enigiemand wat ’n siel het. Daar was ’n fliek wat ek geskiet het waarin ek ’n transgender karakter gespeel het en dit was ook baie interessant. Hierdie rolle is ’n awesome ervaring. Dit daag my as ’n aktrise uit. It pushes me beyond my boundaries, beide in terme van die karakter én die navorsing wat jy as ’n aktrise moet doen. Suzie is ’n goeie persoon, maar het ’n dark horse-kant. Hopelik is mense nie te kwaad vir haar nie.”

Romcoms en boeke het ons in hierdie picture perfect romanse laat glo en die idee dat daar net een perfekte persoon vir ons is. Glo jy ook dat daar net een persoon vir elkeen is of is daar dalk meer? Is dit dalk wat Susan tans ervaar?

“As Natasha, glo ek daar is meer as een perfekte persoon vir ons elkeen. Maar dit is uiteindelik ’n keuse wat jy maak en oor die algemeen gaan daar altyd iemand wees met wie jy goed oor die weg kom. Jy gaan altyd similarities met mense deel. Dit is net ’n kwessie van die keuse wat jy maak en wie jy kies om die res van jou lewe mee te spandeer. Nee, ek dink nie Susan ervaar dít nie. Ek dink sy hardloop weg van iets en sukkel om alleen te wees. Daar is definitief ’n commitment issue daar.”

Wat dink jy het vir Susan gedryf om Elana en Justin te verneuk? Wat dink jy sê dit van Susan as mens?

“Ek dink Susan is gedryf om Elana te verneuk omdat daar unfinished business met Justin was. Sy was Justin se eerste liefde en hy het gedink Susan is sy trouvrou. Ek dink die feit dat sy dalk haar verhouding met Elana bevraagteken het en sy soveel druk van Elana oor kinders ervaar het, het veroorsaak dat sy vir Justin as die beter en jonger keuse gesien het. Noudat sy ook vir Justin verneuk het, dink ek sy hardloop van iets weg en is definitief bang vir commitment. Ek dink sy het haarself onkant gevang.”

Natasha van der Merwe as Susan in Suidooster
Christiaan Schoombie as Keith en Natasha van der Merwe as Susan in Suidooster. Foto: Verskaf

Watter storielyne was moeilik om te vertolk?

“My reaksie toe ek hierdie storielyn lees, was eintlik skok. Ek was verbaas dat hulle vir Justin en Suzie so vinnig gaan laat opbreek. Ek was ook weer onkant gevang met die sing-storielyn, want dit was soort van ’n juxtaposition waar sy wéér vir iemand verneuk, maar tog gaan sy iets doen waarvoor sy lief is saam met Keith. Ek sal nie sê my storielyn met Elana was makliker of moeiliker as die een met Justin nie. Albei was baie verskillend en daar was ander uitdagings waardeur Suzie gegaan het. As Natasha, is dit nie wie ek as persoon is nie. As Suzie, was dit ’n interessante plek om te gaan. Vir my was dit great om daardie rol te vertolk en om na daardie plek te gaan. You need to dig deep on some days en dit is wat die journey so beautiful maak.”

Watter vyf dinge is vir jou ononderhandelbaar as dit by verhoudings kom? 

“Vertroue, kommunikasie, lojaliteit, respek en kindness is baie belangrik.”

Wat sal jy graag vir Susan in 2023 wil hê? 

“Ek weet nie wat vir Suzie in 2023 voorlê nie, maar as Natasha is ek reg om die rol van Suzie te vertolk met wat ook al die skrywers vir haar skryf. Iets wat Suzie en Natasha in gemeen het, is dat ek nie bang vir ’n uitdaging is nie.”

Waarna sien jy in 2023 uit?

“Ek voel 2023 gaan vir my ’n goeie jaar wees. My heel eerste Afrikaanse enkelsnit word op 10 Februarie vrygestel en ek kan nie wag nie. Dit is ’n nuwe hoofstuk in my lewe en iets wat ek nog altyd wou doen. Voor Suidooster was ek baie betrokke by teater en vir my is dit lekker dat ek steeds kan sing en dans en alles doen waarvoor ek lief is, maar op ’n sepie. Ek dink dit was die perfekte tyd met hierdie storielyn om hierdie enkelsnit vry te stel.

“Ek sien ook uit om weer te reis. Ek gaan einde van die jaar terug Viëtnam toe. Ek was daar in 2016, maar dit was baie vinnig en ek wou nog altyd teruggaan om van Noord tot Suid te toer. “Ek wil ook konsentreer op my werk by Suidooster. Jy is in ’n sepie en dit is dalk ’n vaste werk, maar ’n mens kan ook baie vinnig complacent raak. Ek hou daarvan om myself te challenge en aan nuwe goed te werk. Ek glo jy is nooit te oud om te leer nie. Elke jaar kies ek ’n woord en hierdie jaar is daai word ‘moed’. Just have the courage to do the things you are always afraid of… Want die lewe is kort!”


Kyk Suidooster op kykNET op DStv (kanaal 144) DStv Online en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies