Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
Meer
Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.
Meer
Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.
Meer
Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.
Meer
Op die oog af is ‘Appels en tee’ se Dawid Rossouw ’n man wat lyk of hy in beheer van sy lewe is. Maar, sê die akteur wat dié karakter vertolk, Ivan Zimmermann, Dawid verpersoonlik eintlik wat met baie mans fout is.
Meer
Caroline en haar dogter Anél vertel hulle het ’n baie groot kans gevat toe hulle vir 'Kokkedoor: Son en see' ingeskryf het, en het "nooit gedink ons grootste droom sal waar word nie". Hulle vertel meer oor hul ervaring op dié reeks.
Meer
“Alhoewel ek met ’n stukkende hart en teleurstelling weggeloop het van hierdie ervaring, glo ek steeds dat ek my partner in crime en beste vriend gaan vind om hierdie dolle en wonderlike lewe mee te deel,” vertel 'Boer soek ’n vrou' se Lauren nadat haar en Evert se verhouding ten einde geloop het.
Meer
Sy en Willie het groot pelle geword, maar van ’n 'groot liefde' is daar nie sprake nie, vertel 'Boer soek ’n vrou' se Cilmari.
Meer
'Kokkedoor: Son & see' se pa-en-dogter-duo, Andrew en Leoné, is beide mededingende siele met ’n ewe groot passie vir mense en kos. Hulle vertel meer oor hul 'Kokkedoor'-ervaring.
Meer
Toe die akteur Mario Haupt hoor wat sy 'Skemergrond'-karakter, Ronnie Maarman, se voorland is, was hy net so geskok soos die kykers wat nie kon glo watter wending dié telenovela se storielyn vandeesweek geneem het nie.
Meer
Natuurlik was daar teleurstelling, maar haar hart is egter nie gebreek nie, vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se Lizelle nadat kykers vandeesweek onkant gevang is toe Rudi H met ’n splinternuwe pasmaat – en nie Lizelle soos almal verwag het nie – vir die reeks se vakansieweek aangemeld het.
Meer
Ja, Rudi se siel het diep met hom geresoneer, maar 'Boer soek ’n vrou' se Arnold glo steeds dat alles uiteindelik uitgewerk het "soos dit moes".
Meer
"Ek was net myself – heeltyd, altyd. En as dit nie was wat Willie wou hê nie, is dit ook reg so," vertel 'Boer soek ’n vrou' se Denike nadat Willie vir haar gevra het om eerder die plaas te verlaat.
Meer
Sy het vrede oor elke keuse wat gemaak is, het 'Boer soek ’n vrou' se Theresa ná afloop van die gebeure in vandeesweek se episode van dié reeks – met boer Evert wat dié "asemrowende" vrou huis toe gestuur het – vertel.
Meer
Toe ‘Suidooster’ vir Tino aan kykers bekendgestel het, die lewenslustige, modebewuste nuwe gesig in Ruiterbosch, kon ons eenvoudig nie wegkyk nie. En dis nie net sy skerp tong en selfs skerper humorsin wat hom so onvergeetlik maak nie. Dis hoe die akteur Cole Wessels dié karakter met warmte, moed en egtheid lewe gee.
Meer
"Ek wou graag ’n kans op die liefde waag," vertel 'Boer soek ’n vrou' se Elizma. En al het sy toe nie die konneksie tussen haar en Pieter ervaar waarvoor sy gehoop het nie, glo sy vas dat haar groot liefde nog op pad is.
Meer
Elmarie Laubscher, oftewel Ella soos kykers haar in die 17de seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks 'Boer soek ’n vrou' leer ken het, moes in vandeesweek se episode huiswaarts keer. Maar sy het vrede in haar geloof dat haar liefdesverhaal steeds geskryf word.
Meer
Die lieflike en vermaaklike plaaslike fliek ‘Finding Optel’ het binnekort sy internasionale première by die gesogte BFI Londen-rolprentfees, waarna dit ook op Showmax beskikbaar sal wees. Een van die fliek se sterre, Zenobia Kloppers, vertel meer.
Meer
Met 'Diepe Waters' wat behoorlik nou opwarm, is daar een karakter wat dreig om die hele appelkar om te gooi. Jip, Linda – vertolk deur die aktrise Anel Alexander – gaan oor die volgende ruk kykers beslis op hul tone hou…
Meer
Die aktrise Carmen Maarman vertolk al vir byna twee dekades kragtige en onvergeetlike vroue op die verhoog en op die skerm. Maar sy is veral trots op haar ‘Skemergrond’-karakter, Hazel, wat oor die volgende paar weke van dié telenovela in ’n hele paar emosionele storms vasgevang gaan wees.
Meer
Frank Opperman se vertolking as Pa Lourens in 'Nêrens, Noord-Kaap' is onverbeterlik, en ja, hy het self lekker gehuil toe hy dié pragreeks gekyk het. 'Deel II' is ook nou op Showmax beskikbaar om te stroom.
Meer
Daar is geen keer aan die talentvolle Marion Holm nie. Dié aktrise, wat verlede jaar die Safta-toekenning as beste aktrise in ’n TV-komedie vir haar werk in 'Taktiek' gewen het, vertel meer oor hoe sy haar karakter in Nico Scheepers se ‘Nêrens, Noord-Kaap’ – vanaf hierdie week op Showmax beskikbaar – aangepak het.
Meer
Die DNS waaruit ’n seisoenale kettingreeks, soos kykNET se ‘Spoorloos’ opgebou word, bly seisoen ná seisoen dieselfde, terwyl die karakters, storielyn en die wêreld waarbinne dit afspeel, elke keer verander. Riëtte van der Wat het met skrywer en regisseur Francois Coetzee oor dié gewilde genre gesels.
Meer
“Die Here weet wat sy plan is met ons, die Here weet wat die passie is wat ons het. Ons hoop net dat Rudi gaan oukei wees, want hy is in goeie hande,” was Nelius se reaksie nadat sy tyd saam met boer Rudi op ‘Boer soek ’n vrou’ tot ’n einde gekom het.
Meer
“Die program het my definitief geleer watter vrae ’n mens vir jouself moet vra wanneer jy op soek is na liefde,” vertel Yvonne nadat boer Willie vir haar gekies het as die pasmaat wat haar tasse moes pak.
Meer
Sy was effens onseker toe sy ná 16 jaar weg van die kamera haar by 'Suidooster' aangesluit het, maar nou ry sy met ’n lied in haar hart stel toe en verwelkom die skoenlappers wat in haar maag fladder, vertel die aktrise Lindie Strydom.
Meer
Daar is nie ’n manier wat sy sou nee sê vir die rol van Lynette in die vyfde seisoen van ‘Spoorloos’ nie, vertel Angelique Pretorius al die pad uit Los Angeles.
Meer
Agter die grootpratery en sy bultende spiere, lê daar ’n kwesbaarheid wat hom tot die karakter van Daniel in die bronstige komedieprent 'Khaki Fever' gelok het, vertel die akteur Christopher Jaftha.
Meer