Menu terloops
In Lysie-lysie [27 Jun 2023]

Bennie van ‘Suidooster’ se 8 beste bekkighede


‘Never fear when Bennie’s near!’ ‘Suidooster’ se Bennie (Richard September) het van die heerlikste sêgoed oor al die sepies heen. Hier is ons gunstelinge.

Kyk nou

Bennie van ‘Suidooster’ se 8 beste bekkighede

Suidooster-kykers lag al te lekker vir die bekkighede van Bennie, wat nommerpas deur Richard September vertolk word. Richard is ook sedert 2022 agter die skerms by Suidooster betrokke, waar hy as een van die sepie se regisseurs woeker. 

Jy weet al as Bennie iets kwytraak, dit jou lagspiere gaan kielie. Of jy gaan jou oë rol, want dié geliefde karakter voel vere vir wat uit sy mond kom.

Bennie Suidooster
Ester von Waltsleben as Elana, en Richard September as Bennie in Suidooster. Foto: Verskaf

Hier is van ons gunsteling Bennie-sêgoed:

1

“Gonnapiet!”

2

Later alligators.” 

3

“Never fear when Bennie’s near. Die kroeks hol weg as hulle my sien.” 

4

“Soos ‘n Woodpecker. Kap aan.” (As iemand vir Bennie vra hoe dit gaan.)

5

“My ma sê insurance is vir ryk mense.” 

6

“My ma sê altyd as iemand jou groet, dan groet jy terug en sê wie jy is…” 

7

“My ma sê altyd as iemand ongeskik is, kan hulle steel ook.” 

8

“My ma sê altyd ek is ook bietjie otherwise.” 


Kyk Suidooster op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) en op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies