Menu terloops

Misdaad

‘Juffrou X’, nou op Showmax, kom ruk mens hard in die bek met ’n held vir die hier en nou

'Juffrou X' is moeilike kykstof, maar dis ʼn fantastiese en realistiese blik op ʼn donker wêreld van skoolgeweld, bendes, dwelmmisbruik – en oor ʼn enkele onderwyser wat met Wiskunde en waagmoed, haar leerlinge se lewens wil verander.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks

Kykers is vasgevang deur die boeiende dramareeks 'Niggies' en die ware gebeure wat as die storie se grondslag dien. Juis daarom het kykNET nou ook ’n spesiale podcast vervaardig om hul vertelling oor die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 aan te vul.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Als wat jy oor ‘Steinheist’-dokkiereeks se nuwe episodes moet weet

Dis nagenoeg drie jaar sedert die vrystelling van ‘Steinheist’, Showmax se dokumentêre reeks oor die Steinhoff-bedrogspul waarin miljarde kwyt is. Maar die wiele van geregtigheid het intussen gedraai en twee nuwe episodes van dié dokkiereeks kyk nou na wat sedert 2022 as deel van dié verhaal ontvou het. 

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

‘Niggies’: Nuwe Jaco Bouwer-reeks vertel oor aangrypende ware verhaal

In 1966 is die jong Issie Fourie en Petro Nel in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor. Issie se broer, André, het gesweer om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry. Dit sou hom 18 jaar neem. En nou is dié meevoerende, tragiese storie in ’n TV-reeks – 'Niggies' – omskep.

Meer

‘Die Byl’ ’n loopbaanhoogtepunt, sê Waldemar Schultz oor ikoniese reeks en rol 

“Om met die spanne, spelers, die mense agter die kameras die kreatiewe journey van hierdie ses seisoene te kon deel, was deur en deur ’n hoogtepunt van my loopbaan,” vertel die akteur Waldemar Schultz oor die ikoniese Afrikaanse speurverhaal, ‘Die Byl’, wat pas sy sesde – en laaste – uittog op die kassie begin het. 

Meer
8

8 van die boosaardigste reeksmoordenaars in ‘Die Byl’

’n Slapelose nag is ’n gegewe ná ’n episode van die rillerreeks 'Die Byl'. Hier is ons lys van die godsgruwelikste reeksmoordenaars wat vir ons oor die loop van die afgelope vyf seisoene wakker gehou het.

Meer
View trailer
Kyk lokprent

Die Byl S1-6

Op DStv

'Die Byl' is geskoei op die ware loopbaan van bekendste speurder, Piet Byleveld. Die vyfde seisoen stroom nou op kykNET.
Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

‘White Lies’, nou op Showmax, se houvas allesomvattend

Daar’s weinig TV-reekse so heerlik tergend soos ’n old school whodunnit. Een wat jou laat speurder speel en raaiskote tussendeur kinkels in die storielyn televisie se kant toe uitbasuin. Dís ‘White Lies’, ’n misdaaddrama met Brendon Daniels en Natalie Dormer in die hoofrolle, in ’n neutedop. Die reeks is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Meer
25

kykNET: 25 jaar later

Op 15 November 1999 is kykNET vir die eerste keer op DStv uitgesaai. 25 jaar later kies ons 25 kykNET-programme wat sedertdien onlosmaaklik deel van dié Afrikaanse kanaal se suksesverhaal geword het. Van 'Kwêla' tot 'Suidooster' en alles tussenin.

Meer
19

‘The Station Strangler,’ ‘Dr. Death’, ‘Catch Me a Killer’, ‘Devilsdorp’, en meer: 19+ programme wat diep die donker in delf

Van 'Rosemary's Hitlist' en 'Boetie Boer' tot 'Die Byl' en 'Dr. Death'... En nou ook die onthutsende 'The Station Strangler': dié TV-programme sal jou nekhare laat rys.

Meer

Ontmoet Marié Botha, die “boeremeisie” in ‘The Penguin’

Die Suid-Afrikaanse aktrise Marié Botha is al 14 jaar in New York, maar niks sal ooit die "boeremeisie" uit haar kry nie. Sy vertel meer oor haar rol in een van vanjaar se grootste TV-reekse, 'The Penguin'.

Meer

Elani Dekker oor hoe ‘Die Bloedhonde’ tot lewensverandering lei

Aanvanklik het Elani Dekker nie gedink sy sou die rol van Katrien in 'Die Bloedhonde' kon vertolk nie, maar uiteindelik sou dié hoofrol ’n lewensveranderende leerskool vir haar wees.

Meer

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax

Die kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.

Meer

(Veilige) Seks op skerm: ‘Dit kan mooi wees. Maar ook real’

Intimiteitskoördinering is die nuutste beroep in die televisie- en rolprentbedryf en die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur Sara Blecher doen plaaslik en internasionaal baanbrekerswerk op dié gebied. Sy het met Riëtte van der Wat gesels.

Meer

‘Die bloedhonde’ ’n raaiselprent met heerlike rolverdeling, humor

In die whodunnit komedie-drama, 'Die bloedhonde', skuif die bekroonde akteur Stiaan Smith agter die skerms in as dié Silwerskermfees-speelfilm se skrywer en regisseur.

Meer

Die onverbiddellike houvas van Jake Gyllenhaal se ‘Presumed Innocent’

'Presumed Innocent', ’n nuwe misdaadreeks op Apple TV+ met Jake Gyllenhaal in die hoofrol, is ’n rit deur troebel waters van geregtigheid en verraad – ’n rit wat jy eerder nie moet misloop nie.

Meer

Van ‘Koek’ en ‘Taktiek’ tot ‘Die Byl’ en ‘Wyfie’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

'Koek' en 'Taktiek' is voor in die TV-koor met ses benoemings elk by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Meer

Clayton Evertson: ‘Ek het nooit gedink my loopbaan gaan hiér uitkom nie’

Sy naam is die een op almal se lippe op die oomblik – of jy hom nou as Pitbull in 'Koek', Morgan in 'White Lies', Vernon in 'Spinners' of as 'Arendsvlei' se geliefde Clint ken, geen mens kan wegkyk as die akteur Clayton Evertson op ’n skerm verskyn nie. Ons gesels met die akteur oor sy loopbaanreis en die rits rolle wat hy mees onlangs vertolk het.

Meer

Tim Theron skop nuwe deure oop

Tim Theron is nie iemand wat kan stilsit nie, en boonop is daar vir hom niks lekkerder as om van begin tot einde deel van ʼn projek te wees nie. En twee grotes – 'Plan B' op kykNET en 'Heart of the Hunter 'op Netflix – het hom die afgelope ruk uit die kwaad gehou, vertel hy aan Riëtte van der Wat.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies