Menu terloops
In Gons [8 Okt 2025]

Kyk nou: Aksiebelaaide lokprent vir nuwe plaaslike Netflix-misdaaddrama wys vrot kant van sosiale media


Jo-Anne Reyneke en Cindy Mahlangu vertolk die hoofrolle in ‘Bad Influencer’, Netflix se nuwe plaaslike misdaaddrama oor ’n enkelma wat met ’n sosiale media-ster kragte saamspan om vervalste ontwerpershandsakke te verkoop. 

Kyk nou: Aksiebelaaide lokprent vir nuwe plaaslike Netflix-misdaaddrama wys vrot kant van sosiale media
Kyk lokprent

Die glans van sosiale media kry ’n donker kinkel in Bad Influencer, Netflix se nuwe plaaslike misdaaddrama, met ’n sterbelaaide rolverdeling wat akteurs soos Jo-Anne Reyneke (Black Tax, Red Ink), Cindy Mahlangu (Blood & Water, Kings of Jo’burg), Emmanuel Castis (Isidingo, Diepe Waters), Brendan Daniels (White Lies, Unseen), Julia Anastasopoulos (Tali’s Baby Diary), en selfs die voormalige Mej. Suid-Afrika én Mej. Heelal Zozibini Tunzi in haar eerste groot rol insluit. 

Die reeks, met regie deur Safta-wenner Ari Kruger (Tali’s Baby Diary) en Keitumetse Qhali (Blood & Water), draai om Jo-Anne Reyneke se BK, ’n enkelma wat desperaat is om vir haar seun met spesiale behoeftes te sorg. In die lokprent sien ons hoe sy dan kragte saam met ’n sosiale media-influencer, Pinky (Cindy Mahlangu) om vervalste ontwerpershandsakke te verkoop.

Bad influencer, netflix
Jo-Anne Reyneke as BK in Bad Influencer. Foto’s: Netflix

Dis ’n winsgewende bedrogspul, maar dan trek hulle ongelukkig die aandag van Bra Alex (Vincent Mahlape, Silverton Siege) en Jobs “Flames” Jiyane (Hamilton Dlamini, Shaka iLembe, Reyka), misdaadbase wat die stad se onderbuik met ystervuiste regeer, én ook die owerhede. Hulle is ’n onwaarskynlike duo, maar hulle is op mekaar aangewese in ’n ongenaakbare oorlewingstryd.

Die reeks, bestaande uit sewe episodes, kom vanuit die skeppersbrein van Kudi Maradzika (Black Tax, Isono) en Lincoln Green Media, en is deur Gambit Films (Blood & Water, Unseen, Nommer 37) vervaardig. 


Bad Influencer is vanaf 31 Oktober 2025 op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies