Menu terloops
In Gons [3 Apr 2025]

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks


Kykers is vasgevang deur die boeiende dramareeks ‘Niggies’ en die ware gebeure wat as die storie se grondslag dien. Juis daarom het kykNET nou ook ’n spesiale podcast vervaardig om hul vertelling oor die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 aan te vul.

Kyk 'Niggies' op DStv Stream

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks
Kyk lokprent

In die dae ná die eerste episode van die kykNET-dramareeks Niggies uitgesaai is, was dit nie net kykers wat meer wou weet oor die ware gebeure waaruit dié storie put nie. Ook mediapublikasies het in hul eie argiewe gaan soek na ou artikels oor dié opspraakwekkende saak wat destyds die land geruk het. Nou is daar ook ’n Niggies-podcast wat poog om nie net kykers se vrae te beantwoord nie – onderhoude met kenners en rolspelers in die saak wag ook.

Niggies is gegrond op die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 in Odendaalsrus. Issie se broer, André, het daarna beloof om alles in sy vermoë te doen om die skuldiges op te spoor. Dit is eers egter in 1984, nadat André by die polisie aangesluit het, dat die ondersoek weer met erns aangepak is.

Delf dieper

Dié podcast sal na afloop van elke derde episode van Niggies ’n nuwe episode vrystel. Luidens ’n mediaverklaring is die doel nie net om ’n blik van wat agter die skerms van Niggies gebeur het te gee nie, maar ook om dieper in die tragiese voorval te delf. Wie sou so iets wreeds kon doen? Waarom gebeur só iets? Wat gebeur met ’n familie as trauma van dié aard op hul pad kom?

Kabous Meiring is die aanbieder, en die podcast word deur DStv se multiplatformspan, onder leiding van Renaldo Schwarp, vervaardig.

“Dit bied ’n aangrypende blik op die ware saak,” sê Renaldo in die mediaverklaring. “Met elke episode weef ons verskeie stemme saam: kenners en sleutelrolspelers om die sielkunde, familiedinamiek en regsverloop daarvan te ontleed. Met Kabous aan die stuur, delf ons in die ongekende lae van hierdie tragedie en die impak daarvan. Vir die aanhangers van ware misdaad, die #CrimeTok-speurders en liefhebbers van die reeks, is dit ’n kans om die legkaart soos nog nooit te vore te bou nie.”

Wanneer, wie en waar?

In die eerste episode (9 April) is Kabous se gas Willem van der Merwe, seun van Poppie Fouché, die jongste niggie wat nie daardie dag in 1966 saam swembad toe gegaan het nie.

Casper Steenkamp, ’n kliniese sielkundige, gesels met Kabous in die tweede episode (30 April).

In die derde episode (21 Mei) is die gaste die kriminoloog Stacey Venter, die voormalige staatsaanklaer adv. Helene Booysen en Annelie Coleman, wat in 1984 as jong joernalis die saak in die hooggeregshof gedek het.

Die podcast sal op Spotify, YouTube en ook DStv Stream beskikbaar wees.


Niggies saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Gaan ook saam met ons agter die skerms op die stel van Niggies.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies