Menu terloops
In Gons [3 Apr 2025]

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks


Kykers is vasgevang deur die boeiende dramareeks ‘Niggies’ en die ware gebeure wat as die storie se grondslag dien. Juis daarom het kykNET nou ook ’n spesiale podcast vervaardig om hul vertelling oor die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 aan te vul.

Kyk 'Niggies' op DStv Stream

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks
Kyk lokprent

In die dae ná die eerste episode van die kykNET-dramareeks Niggies uitgesaai is, was dit nie net kykers wat meer wou weet oor die ware gebeure waaruit dié storie put nie. Ook mediapublikasies het in hul eie argiewe gaan soek na ou artikels oor dié opspraakwekkende saak wat destyds die land geruk het. Nou is daar ook ’n Niggies-podcast wat poog om nie net kykers se vrae te beantwoord nie – onderhoude met kenners en rolspelers in die saak wag ook.

Niggies is gegrond op die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 in Odendaalsrus. Issie se broer, André, het daarna beloof om alles in sy vermoë te doen om die skuldiges op te spoor. Dit is eers egter in 1984, nadat André by die polisie aangesluit het, dat die ondersoek weer met erns aangepak is.

Delf dieper

Dié podcast sal na afloop van elke derde episode van Niggies ’n nuwe episode vrystel. Luidens ’n mediaverklaring is die doel nie net om ’n blik van wat agter die skerms van Niggies gebeur het te gee nie, maar ook om dieper in die tragiese voorval te delf. Wie sou so iets wreeds kon doen? Waarom gebeur só iets? Wat gebeur met ’n familie as trauma van dié aard op hul pad kom?

Kabous Meiring is die aanbieder, en die podcast word deur DStv se multiplatformspan, onder leiding van Renaldo Schwarp, vervaardig.

“Dit bied ’n aangrypende blik op die ware saak,” sê Renaldo in die mediaverklaring. “Met elke episode weef ons verskeie stemme saam: kenners en sleutelrolspelers om die sielkunde, familiedinamiek en regsverloop daarvan te ontleed. Met Kabous aan die stuur, delf ons in die ongekende lae van hierdie tragedie en die impak daarvan. Vir die aanhangers van ware misdaad, die #CrimeTok-speurders en liefhebbers van die reeks, is dit ’n kans om die legkaart soos nog nooit te vore te bou nie.”

Wanneer, wie en waar?

In die eerste episode (9 April) is Kabous se gas Willem van der Merwe, seun van Poppie Fouché, die jongste niggie wat nie daardie dag in 1966 saam swembad toe gegaan het nie.

Casper Steenkamp, ’n kliniese sielkundige, gesels met Kabous in die tweede episode (30 April).

In die derde episode (21 Mei) is die gaste die kriminoloog Stacey Venter, die voormalige staatsaanklaer adv. Helene Booysen en Annelie Coleman, wat in 1984 as jong joernalis die saak in die hooggeregshof gedek het.

Die podcast sal op Spotify, YouTube en ook DStv Stream beskikbaar wees.


Niggies saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Gaan ook saam met ons agter die skerms op die stel van Niggies.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer
Sien alle opsies