Menu terloops
In Features [23 Mar 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Niggies’


FOTO’S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meevoerende nuwe dramareeks, ‘Niggies’.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Niggies’
Kyk lokprent

In 1966 is twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor. Issie se broer, André, het gesweer om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat nageoeg 20 jaar sou neem. En nou is dié meevoerende, tragiese ware verhaal deur ’n gedugte span – voor en agter die kameras – in ’n TV-reeks, Niggies, omskep.

Die storie én spelers

Hoewel Niggies se storie in 1966 begin, strek die vertelling oor die 1960’s en 1980’s, met ’n rolverdeling wat ’n versameling bekroonde, veteraan- én nuweling-akteurs insluit. Daaronder tel Beer Adriaanse, bekend vir reekse soos Hotel, in die rol van die ouer André. Die talentvolle nuweling Janru Steenkamp speel die jong André. 

Carel Nel (KoekSpinners) is kaptein At van Wyk wat die ondersoek lei. Tinarie van Wyk Loots (Dwaalster, Fynskrif) en Jacques Bessenger (KoekEen keer om die son) speel Issie (Lane Vertue) se ouers, Marie en Dries Fourie.  Neels Clasen (Getroud met rugbyLegacy) en Erica Wessels (DwaalsterDonkerbos) is Petro (Izebella Louw) se ouers, Henning en Ousus. Petro se ouer suster, Henda, word as 17-jarige deur Anja Taljaard (Juffrou X, Een keer om die son) vertolk. As 35-jarige word sy deur Cintaine Schutte (Dinge van ’n kindWyfie) gespeel. Albert Pretorius (Donkerbos, Nêrens, Noord-Kaap,) en Roeline Daneel (FynskrifSpooksoekers) is Gustaff en Maks Fouché – familie van die slagoffers.

Die reeks se regie is deur die veelbekroonde Jaco Bouwer, bekend vir flieks soos Gaia en die internasionale trefferreeks SpinnersNiggies is vervaardig deur Wolflight Films, met Roelof Storm (KanariePoppie Nongena) as uitvoerende vervaardiger. Die bekroonde Saartjie Botha en Philip Rademeyer het die draaiboek geskryf.  

Hier is wat agter die skerms op die stel van dié dramareeks gebeur het (alle foto’s deur Wolflight Films verskaf):

Niggies begin Dinsdag, 25 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies