Menu terloops
In Gons [25 Feb 2025]

Kyk nou: Lokprent vir Jaco Bouwer-reeks, ‘Niggies’, stel volronde rolverdeling bekend


Van Tinarie van Wyk Loots en Jacques Bessenger tot Beer Adriaanse en Cintaine Schutte – van Suid-Afrika se bekendste teater-, film- en televisie-akteurs vorm deel van die besondere rolverdeling van regisseur Jaco Bouwer se nuwe Afrikaanse dramareeks, ‘Niggies’, wat eersdaags begin.

Kyk nou: Lokprent vir Jaco Bouwer-reeks, ‘Niggies’, stel volronde rolverdeling bekend
Kyk lokprent

Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1966 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor is. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat sowat 20 jaar sou neem. Niggies begin dus in 1966, maar die reeks strek oor die 1960’s en 1980’s.

Die reeks se regie is deur die veelbekroonde Jaco Bouwer, bekend vir sy grensverskuiwende teaterwerk, asook flieks soos Gaia en die internasionale trefferreeks Spinners. Niggies is vervaardig deur Wolflight Films, met Roelof Storm (Kanarie, Poppie Nongena) as uitvoerende vervaardiger. Die bekroonde Saartjie Botha en Philip Rademeyer het die draaiboek geskryf.  

Wie’s wie in Niggies?

Beer Adriaanse, bekend vir flieks soos Wonderlus en Kanarie, asook reekse soos Hotel, vertolk die rol van die ouer André. Die talentvolle nuweling Janru Steenkamp speel die jong André. 

Niggies, Beer Adriaanse
Beer Adriaanse as die ouer André. Foto: Verskaf
Niggies
Janru Steenkamp as die jonger André. Foto: Verskaf

Carel Nel (Koek, Spinners) is kaptein At van Wyk wat die ondersoek lei. Tinarie van Wyk Loots (Dwaalster, Fynskrif) en Jacques Bessenger (Koek, Een keer om die son) speel Issie (Lane Vertue) se ouers, Marie en Dries Fourie.  

Neels Clasen (Getroud met rugby, Legacy) en Erica Wessels (Dwaalster, Donkerbos) is Petro (Izebella Louw) se ouers, Henning en Ousus. Petro se ouer suster, Henda, word as 17-jarige deur Anja Taljaard (Juffrou X, Een keer om die son) vertolk. As 35-jarige word sy deur Cintaine Schutte (Dinge van ’n kind, Wyfie) gespeel. 

Albert Pretorius (Donkerbos, Nêrens, Noord-Kaap,) en Roeline Daneel (Fynskrif, Spooksoekers) is Gustaff en Maks Fouché – familie van die slagoffers.

En nog…

Ander spelers sluit in: Kristen Raath, Jana Kruger, Liam Bosman, Wessel Pretorius, Daneel van der Walt, Stian Bam, Ludwig Binge, Mbulelo Grootboom, Neels van Jaarsveld, Melissa Myburgh, Deon Lotz en Michele Burgers. 


Niggies begin Dinsdag, 25 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies