Menu terloops
In Gons [25 Feb 2025]

Kyk nou: Lokprent vir Jaco Bouwer-reeks, ‘Niggies’, stel volronde rolverdeling bekend


Van Tinarie van Wyk Loots en Jacques Bessenger tot Beer Adriaanse en Cintaine Schutte – van Suid-Afrika se bekendste teater-, film- en televisie-akteurs vorm deel van die besondere rolverdeling van regisseur Jaco Bouwer se nuwe Afrikaanse dramareeks, ‘Niggies’, wat eersdaags begin.

Kyk nou: Lokprent vir Jaco Bouwer-reeks, ‘Niggies’, stel volronde rolverdeling bekend
Kyk lokprent

Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1966 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor is. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat sowat 20 jaar sou neem. Niggies begin dus in 1966, maar die reeks strek oor die 1960’s en 1980’s.

Die reeks se regie is deur die veelbekroonde Jaco Bouwer, bekend vir sy grensverskuiwende teaterwerk, asook flieks soos Gaia en die internasionale trefferreeks Spinners. Niggies is vervaardig deur Wolflight Films, met Roelof Storm (Kanarie, Poppie Nongena) as uitvoerende vervaardiger. Die bekroonde Saartjie Botha en Philip Rademeyer het die draaiboek geskryf.  

Wie’s wie in Niggies?

Beer Adriaanse, bekend vir flieks soos Wonderlus en Kanarie, asook reekse soos Hotel, vertolk die rol van die ouer André. Die talentvolle nuweling Janru Steenkamp speel die jong André. 

Niggies, Beer Adriaanse
Beer Adriaanse as die ouer André. Foto: Verskaf
Niggies
Janru Steenkamp as die jonger André. Foto: Verskaf

Carel Nel (Koek, Spinners) is kaptein At van Wyk wat die ondersoek lei. Tinarie van Wyk Loots (Dwaalster, Fynskrif) en Jacques Bessenger (Koek, Een keer om die son) speel Issie (Lane Vertue) se ouers, Marie en Dries Fourie.  

Neels Clasen (Getroud met rugby, Legacy) en Erica Wessels (Dwaalster, Donkerbos) is Petro (Izebella Louw) se ouers, Henning en Ousus. Petro se ouer suster, Henda, word as 17-jarige deur Anja Taljaard (Juffrou X, Een keer om die son) vertolk. As 35-jarige word sy deur Cintaine Schutte (Dinge van ’n kind, Wyfie) gespeel. 

Albert Pretorius (Donkerbos, Nêrens, Noord-Kaap,) en Roeline Daneel (Fynskrif, Spooksoekers) is Gustaff en Maks Fouché – familie van die slagoffers.

En nog…

Ander spelers sluit in: Kristen Raath, Jana Kruger, Liam Bosman, Wessel Pretorius, Daneel van der Walt, Stian Bam, Ludwig Binge, Mbulelo Grootboom, Neels van Jaarsveld, Melissa Myburgh, Deon Lotz en Michele Burgers. 


Niggies begin Dinsdag, 25 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies