Die lang wag is uiteindelik verby! Nêrens, Noord-Kaap Deel II saai vanaf hierdie Dinsdag, 17 September 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit. Dié reeks van 13 episodes tel op waar die eerste 13 episodes geëindig het. Al die hoofspelers van Deel 1 is ook in Deel II te sien, en dieselfde produksiespan, Nagvlug Films, was agter die skerms doenig.
Wat gebeur volgende in die storie?
Ná afloop van die wankelrige reis terug na hul ouerplaas, Nêrens, probeer drie broers, Frans (Geon Nel), Ronnie (Albert Pretorius), en Andries (De Klerk Oelofse), en hul pa (Frank Opperman) mekaar ná jare van vervreemding opnuut leer ken. Maar hoe leer jy liefhê as die dolk van ’n ma se dood steeds diep in almal se harte steek? Soos met Deel I, is daar in Deel II tonele wat in die hede asook in die verlede – toe die drie broers nog jonk was – afspeel.
Hier is wat agter die skerms op die stel van dié dramareeks gebeur het.
(Al die foto’s is deur Zaheer Banderker geneem.)
Nêrens, Noord-Kaap Deel II begin op 17 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die volledige eerste reeks van dertien episodes van Nêrens, Noord-Kaap is tans beskikbaar op Showmax.