Menu terloops
In Onderhoude [22 Nov 2024]

Die toneelspel-gogga het gebyt, sê ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se Arnold Swart


Hy was nog ’n pikkie toe Arnold Swart die rol van klein Lourens in ‘Nêrens, Noord-Kaap’ gekry het. Maar sedertdien het dié jong akteur homself tot binne die harte van kykers gespeel.

Stroom nou

Die toneelspel-gogga het gebyt, sê ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se Arnold Swart

“Die eerste dag op stel het ons geweet ons het die regte keuse gemaak,” het die skrywer en regisseur van ‘Nêrens, Noord-Kaap’, Nico Scheepers, in ’n onlangse onderhoud oor die jong akteur, Arnold Swart, vertel. 

Volgens Nico was die rol van klein Lourens die moeilikste om te cast omdat hy ewe veel dialoog en tonele as die volwasse akteurs het. “Ons het verskriklik baie oudisies gekyk, maar daar was net iets aan Arnold. Dis moeilik om vas te vang hoekom hy ’n mens so vasgryp, maar daar is ’n rou eerlikheid aan hom. Toe ek na sy video gekyk het, het my gut wawiele en bokspringe gemaak. ’n Mens luister nie na mense om jou nie, vertrou net jou gut.”

En met Deel II  was daar nog moeiliker werk vir jonge Arnold om te doen. 

“Dis nie vir my nodig om sy lof te sing nie. Alles is op die skerm. Ek dink mense vergeet dat hy 13, 14 jaar oud is. Hy werk geweldig hard en ken altyd sy woorde. In al die tyd wat ek saam met hom gewerk het, het ek hom dalk nog net een keer met papiere in sy hand sien staan. En hy luister en dis hoekom hy goeie akteur is.”

Arnold vertel vir terloops meer oor sy sonderlinge Nêrens, Noord-Kaap-ervaring. 

Arnold Swart op die stel van Nerens, Noord-Kaap.
Arnold Swart op die stel van Nêrens, Noord-Kaap. Foto: Verskaf

As jy terugdink aan die oomblik wat jy die rol van klein Lourens gekry, wat onthou jy?

“Wel, ek was maar net 11 jaar oud, so my kop het dadelik gegaan na, ‘Ek gaan op TV wees!’.”

Klein Lourens gaan deur geweldig baie in Deel II. Hoe het jy vir dié mallemeule voorberei?

“Ek het gehoor om die draaiboek ’n paar keer deur te lees, is nie ’n slegte idee is nie. So dis presies wat ek gedoen het. Ek het seker gemaak ek weet waar Lourens sy highs en lows oor die loop van die 13 episodes tref. Ek was in daardie stadium besig met my laaste graad 8-eksamen – ek word tuis onderrig – so om die draaiboek te lees, was natuurlik baie beter as om vir wiskunde te leer.”

Wat is die grootste les wat jy geleer het?

“Daar’s so baie goed wat ek geleer het! Ek het maar net weer eens besef dat hierdie is wat ek vir ’n lewe wil doen. Enigiets te doen met stories.”

Wat bly jou by as ’n hoogtepunt met die maak van Deel II?

“Om almal van Deel I weer te kon sien. Om as een groot familie weer te kon saam wees. Dit was ook baie lekker om saam met die nuwe spelers in Deel II te kon speel.”

Wat het jy by die ander spelers geleer?

Nerens, Noord-Kaap
’n Ligte oomblik op stel tussen Ilse Klink, Daneel van der Walt en Arnold Swart. Foto: Verskaf

“Ek het orals iets gesteel, maar veral ongelooflik baie by Albert Pretorius en Daneel van der Walt geleer. 

“By Albert het ek geleer hoe belangrik dit is om jou karakter goed te ken. Hy is letterlik die koning van improvisasie en hou jou altyd op jou tone. 

“By Tannie Daneel het ek geleer hoe om te luister. Hoe om te jou mede-akteur in die oë te kyk en net in die oomblik te wees en te reageer op wat hulle sê en doen. Albei van hulle is ongelooflik en ek is baie dankbaar dat ek weer saam hulle kon speel.”

Wat is die belangrikste dinge wat jy by die skrywer en regisseur Nico Scheepers geleer het?

“Hoe om die waarheid te praat. Ek het by hom geleer hoe om nie te act nie, maar om met eerlikheid en rou emosie Lourens se storie te vertel. Hoe om my karakter se situasie en gevoelens vir myself werklik te maak en net ’n natuurlike reaksie daarop voor die kamera te gee. 

“Ek kan nie beskryf hoe baie ek by Nico geleer het nie. Hy is nie net ’n ongelooflike skrywer en regisseur nie, maar ook ’n amazing mens na wie ek baie opkyk. Ek sal vir altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat hy en Nagvlug Films my gegee het om Lourens te kon vertolk.”

Droom jy daarvan om eendag toneelspel jou loopbaan te maak?

“Definitief! Die gogga het my gebyt. Ek wil ook graag eendag ’n skrywer word.”

Herken mense jou? Wat is hulle reaksie?

“Nogals! Dis altyd lekker om te hoor as iemand van die storie hou. Die meeste mense se reaksie is gewoonlik, ‘Kyk hoe groot het jy geword!’.”


Nêrens, Noord-Kaap Deel II saai op Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uit. Nuwe episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die volledige eerste reeks van dertien episodes van Nêrens, Noord-Kaap is tans beskikbaar op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies