Menu terloops
In Onderhoude [19 Nov 2024]

‘Diepe Waters’ se Dané de Waal groet: ‘Dit voel soos ’n breakup’ 


Dané de Waal, die aktrise wat kykers in haar rol as Charity Vorster op kykNET se ‘Diepe Waters’ betower het, het onlangs met ’n hartseer, maar opgewonde hart van dié telenovela afskeid geneem.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’ se Dané de Waal groet: ‘Dit voel soos ’n breakup’ 

Die aktrise Dané de Waal deel die mooi én moeilike ervarings van haar tyd op Diepe Waters, asook wat volgende op haar wag. 

’n Tyd van spesiale oomblikke

“Wat vir my die lekkerste op stel was, was die oggende voor ons begin skiet het,” vertel Dané. “Almal het eers ’n koppie koffie saam geniet en gesels. Dit was veral merkwaardig hoe vriendelik die cast en crew was – selfs al was dit halfses op ’n yskoue wintersoggend!”

Sy deel een van die spesiale herinneringe wat haar altyd sal bybly: “Melani van Real Housewives van Pretoria het een dag saam met ons swemmers tonele kom skiet. Ons was opgedollie met haar Tammy Tailor-naels, en my karakter (Charity) se aangeplakte lang naels het diamante gehad. Net voor my toneel verloor ek een nael in die toilet! Ek het almal op stel laat wag terwyl ek met ’n toilet plunger op soek was. Gelukkig het ek dit uiteindelik in my broekspyp gevind.”

Diepe Waters
’n Onthou-oomblik agter die skerms… Van links is Dané de Waal, Daniélle Swanepoel en Reze-Tiana Wessels. Foto: Verskaf

Nog ’n besondere herinnering vir Dané was die dae toe haar karakter op straat moes bly. “Charity het slegs uit een tassie geleef en uit ’n asblik geëet. Dit was moeilik, maar ongelooflik bevredigend om daardie rou emosie en menslikheid oor te dra.”

En dan was daar die glansgeleenthede: “As gevolg van Diepe Waters het ek geleenthede soos om die aanbieder van Dorp van die Jaar 2023 te wees, ’n Bravo!-onderhoud, en ’n rugbykuier saam met die cast en crew beleef. Ek moet sê, Reandi (Grey) het my selfs geleer om Black Label te drink!”

Maar dit was nie altyd maklik nie. Een van die grootste uitdagings was om swembadtonele in die winter en tydens beurtkrag te skiet. “Jy voel letterlik hoe jou tone vries!”

Diepe Waters, Dane de Waal
En toe wen hy haar hart… Liam Bosman as Johan met Dané de Waal as Charity. Foto: Verskaf

Lewenslesse

“Dit voel eerlikwaar soos ’n breakup,” sê Dané oor haar afskeid van die reeks. “Ek gaan die mense die meeste mis – hulle het my lewe ingekleur. Werner Coetser (Jacques), Justin Strydom (Gys), en Stiaan Bruwer (Henry) se grappies het beslis gehelp om die koue oggende en lang ure op stel draaglik te maak.”

Uit haar tyd as Charity neem sy kosbare lewenslesse saam. “’n Groot les wat ek geleer het, is om nie net te luister om te antwoord nie, maar werklik te luister om te verstaan.” 

Nuwe horisonne

Alhoewel Dané haar mense gaan mis, lê daar opwindende nuwe projekte en avonture vir haar voor. Sy sien uit om haar kêrel, Leon, in Swede te besoek. Dané help ook om haar suster se troue in België te reël.

Op die werkfront is sy besig met oorklanking, skryf aan ’n kortfilm, en het sy onlangs haar eie toneelspel-werkswinkel, Life to Lens Acting, begin. “Ek wil ander help om hulself as kunstenaars te ontdek en hul passie te volg.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies