Menu terloops
In Onderhoude [21 Okt 2024]

Van Moedverloorvlakte na ‘Nêrens, Noord-Kaap’ vir aktrise Daneel van der Walt


Kort voordat sy die rol van Suzette in ‘Nêrens, Noord-Kaap’ losgeslaan het, was Daneel van der Walt op die punt om moed op te gee met toneelspel. Maar toe draai Suzette haar loopbaan op sy kop… Daneel vertel meer.

Stroom nou

Van Moedverloorvlakte na ‘Nêrens, Noord-Kaap’ vir aktrise Daneel van der Walt

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar ’n handvol spelers wat vir kykers onbekend was. Een van hulle was Daneel van der Walt, die geliefde Suzette wat nou, ná ’n duikongeluk, in ’n rolstoel is. Destyds het Daneel in onderhoude gesê sy was op die punt om moed op te gee wat ’n groot deurbraak betref toe sy die rol in regisseur en draaiboekskrywer Nico Scheepers se besonderse dramareeks gekry het. En nou, drie jaar later, is sy ’n bekende en welkome gesig op die kassie. 

Daneel vertel vir terloops meer oor haar karakter in Nêrens, Noord-Kaap en hoekom sy dink Suzette so geliefd onder kykers is. 

Daneel van der Walt Nerens Noord-Kaap
Ná ’n duikongeluk, is Suzette (vertolk deur Daneel van der Walt) nou in ’n rolstoel in Nêrens, Noord-Kaap. Foto: Skermgreep

Suzette het baie diep in kykers se harte gekruip. Hoekom dink jy praat die karakter so met mense? 

“Dit is vir my ongelooflik om te sien hoe mense hulself met haar kan vereenselwig. Ek dink dit gaan terug na die slim Nico Scheepers toe wat werklikwaar weet hoe om liefdevolle vroue te skryf. Kyk byvoorbeeld ook na Maggie (vertolk deur Ilse Klink); nog ’n sterk, liefdevolle vrou. Ek dink (die impak is ook só merkwaardig) omdat dit in skrille kontras staan met al die ander moeilike dinge wat in die reeks gebeur.” 

Suzette en klein Lourens het ’n baie hegte band. Maar dieselfde geld ook vir jou en Arnold Swart wat die rol van klein Lourens vertolk, nie waar nie?

“Arnoldjie. Hy het so ’n spesiale plek in my hart. Dit is dalk iets wat in die sterre geskryf is. Hy was verskriklik skaam tydens die verfilming van die eerste seisoen, en dis wonderlik om te sien hoe hy homself intussen regtig leer ken het en weet wat hy uit die lewe wil hê. Dís vir my mooi. Ek dink hy is ’n baie sterk en unieke mens en ek het soveel liefde in my hart vir hom. Hy is een van die redes hoekom ek so dankbaar is vir Suzette.” 

Daneel van der Walt Nerens Noord-Kaap
“Dit is vir my ongelooflik om te sien hoe mense hulself met haar kan vereenselwig,” sê Daneel oor kykers se reaksie op haar karakter, Suzette. Foto: Skermgreep

Voor Nêrens, Noord-Kaap se eerste seisoen was jy amper reg om handdoek in te gooi as aktrise. As jy kon teruggaan in tyd, wat sou jy vir die Daneel van die verlede gesê het?

“Moenie ophou nie. Luister na jou agent. My agent, Suzanne Boje, het vir my gesê: ‘Oukei, suster, jy gaan nie ophou nie’.” 

Sedertdien was jy baie besig. Daar was Roem, ’n musiekblyspel wat by al die groot kunstefeeste te sien was, die verhoogproduksie Braam en die engel, en nog werk voor die kamera in reekse soos Trompoppie, Fraksie en Koek. Wat is jou planne vir volgende jaar? 

“Daar was ditjies en datjies tussenin en daar is nog ’n nuwe TV-reeks, Spooksoeker, wat in Desember op Showmax begin. Volgende jaar? Dis nooit ’n lekker vraag vir ’n akteur nie!” 

Anja Taljaard en Daneel van der Walt in Deuntjie.
Daneel van der Walt het ook in die musikale kortprent, Deuntjie, teenoor Anja Taljaard gespeel. Dié film het by vanjaar se Silwerskermfees première.

Wat hoop jy kom nog op jou lewenspad? 

“Sjoe! Vrede. Gesonde liefde vir myself. Verskriklik baie treinritte verby mooi plekke. Verskriklik baie liefde. Die geleentheid om stories te vertel totdat ek stories van ou mense kan vertel. Grace. Met myself en met my medemens. Vreedsaamheid. En so baie kos!”


Nêrens, Noord-Kaap Deel II saai op Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uit. Nuwe episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die volledige eerste reeks van dertien episodes van Nêrens, Noord-Kaap is tans beskikbaar op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies