Menu terloops
In Gons [11 Feb 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Recipes for Love and Murder’ se tweede seisoen


Tannie Maria is weer aan die kook in ’n tweede seisoen van die gewilde M-Net-reeks ‘Recipes for Love and Murder’ – hier is ’n blik op wat agter die skerms tydens verfilming op die stel gebeur het.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Recipes for Love and Murder’ se tweede seisoen

Recipes for Love and Murder is “nes ’n driegangmaal, met verskillende teksture en smake wat jou op jou tone hou,” skryf Riëtte van der Wat in haar resensie oor dié reeks se tweede seisoen.

In Recipes for Love and Murder vertolk die aktrise Maria Doyle Kennedy die karakter van Tannie Maria, ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. Die eerste seisoen het gedraai om die moordondersoek van een van Tannie Maria se korrespondente terwyl die tweede seisoen begin met ’n brand wat die klein dorpie Eden verswelg en ’n noodlottige kettingreaksie ontlok. 

Hier is wat op die stel van dié reeks, met regie deur Jozua Malherbe en Karen Jeynes, tussen takes gebeur het. (Alle foto’s is deur M-Net verskaf.)


Die tweede seisoen van Recipes for Love & Murder saai weekliks vanaf Donderdag, 23 Januarie 2025, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uit. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies