Menu terloops

Komedie

O, Schucks! Dié Schuster-treffers is op pad na kykNET

Met ’n loopbaan wat oor dekades strek, is Leon Schuster verantwoordelik vir van die land se heel grootste lokettreffers. En van die daardie treffers is eersdaags op kykNET te sien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 10 stories in Oktober misloop

’n Dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se bekendste poetsbakker Leon Schuster; ’n ou kykergunsteling, ‘Vetkoekpaleis’, weer op die kassie; die tweede seisoen van die romantiese komedie ‘Nobody Wants This’; en ’n nuwe Afrikaanse drama, ‘Appels en tee’, met Diaan Lawrenson in die hoofrol, tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

‘Boer soek ’n vrou’ se Nelius vertel meer oor sy ervaring: ‘Vertrou die Here’

“Die Here weet wat sy plan is met ons, die Here weet wat die passie is wat ons het. Ons hoop net dat Rudi gaan oukei wees, want hy is in goeie hande,” was Nelius se reaksie nadat sy tyd saam met boer Rudi op ‘Boer soek ’n vrou’ tot ’n einde gekom het. 

Meer
23

20+ Afrikaanse flieks wat jy nou kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling Afrikaanse fliek? Met 'Khaki Fever' wat ook nou op Showmax beskikbaar is, het die poel flieks waaruit jy kan kies nog groter geraak. Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax. 

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Khaki Fever’

FOTO'S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van die bekroonde filmmaker Brett Michael Innes se gewaagde komedie 'Khaki Fever', nou op Showmax.

Meer

Christopher Jaftha bult meer as net spiere in ‘Khaki Fever’-hoofrol

Agter die grootpratery en sy bultende spiere, lê daar ’n kwesbaarheid wat hom tot die karakter van Daniel in die bronstige komedieprent 'Khaki Fever' gelok het, vertel die akteur Christopher Jaftha.

Meer

‘Mense gaan óf mal daaroor wees, óf dit haat’, sê stoute ‘Khaki Fever’ se regisseur

Broekies so kort dis meer soos bikini’s, ’n groepswoeps met ’n leeu as getuie, dáái blou pilletjies en vuilpraatjies wat jou óf gaan laat bloos óf gaan laat skater. Die bekroonde filmmaker Brett Michael Innes vertel meer oor sy gewaagde komedie, 'Khaki Fever'.

Meer

Kyk nou: Die broekies is kort en die sexy tye volop in Showmax se ‘Khaki Fever’

Showmax het pas die lokprent vir 'Khaki Fever', met onder andere Francois Jacobs, Liam Bosman en Trix Vivier in die rolverdeling, vrygestel.

Meer

‘Magda Louw’ steeds heerlik slim, skerp, en snaaks in derde uittog

Die lag-uit-jou-maag-lekker-komediereeks ‘Magda Louw’ is terug op die kassie met ’n derde seisoen wat, met die storie se heerlike vermenging van introspeksie en lawwigheid, soos ’n stywe drukkie voel.   

Meer

Hannes van Wyk oor trefferkomedie ‘Magda Louw’ en sy Erhard-karakter

Die derde seisoen van ‘Magda Louw’ is op hande en daar gaan beslis gelag word… En dalk ’n traan of twee tussendeur gepink word. Dit sal ook die derde seisoen wees waarin die geliefde TV-aanbieder en akteur Hannes van Wyk die rol van Magda se man, Erhard, vertolk. 

Meer
9

9 reekse wat jy nou saam met jou tieners kan kyk

Van die wonderlike Afrikaanse reekse 'Wyfie', 'Spooksoeker' en 'Trompoppie' op Showmax, tot die internasionale trefferkomedies 'Never Have I Ever' en 'Fuller House' op Netflix – hier is nege reekse wat jy saam met jou tiener (of alleen!) kan kyk.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Nuwe seisoen van ‘Magda Louw’ op pad – en kom met ’n paar skokke, vertel Desiré Gardner 

Dié geliefde kat (of is dit in hierdie geval die hond?) kom weer. Die derde seisoen van ‘Magda Louw’ is eersdaags terug op die kassie op kykNET.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Die Kwiksilwers’ ’n lieflike herinnering dat jy nooit te oud vir enigiets is nie

In 'Die Kwiksilwers' onderneem vier bejaarde vriendinne ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting te beleef. Jordy Sank, regisseur en mede-draaiboekskrywer van dié Afrikaanse fliek, vertel meer oor dié speelfilm en sy ongelooflike rolverdeling.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

The Sex Lives of College Girls S1-3

Op Showmax

'The Sex Lives of College Girls' gee die ervarings van vier eerstejaarstudente met vermaaklike deernis weer. Kyk dit nou op Showmax.
Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

‘White Lotus’ se derde seisoen is skitterende schadenfreude-televisie

Van ’n swak skakel is daar nie ’n enkele een ter sprake op die nuutste seisoen van die dramareeks ‘White Lotus’ nie. 

Meer

Van vriende tot verlief… op die skerm: Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck vertel oor hul romkom, ‘Soos Pynappel op Pizza’

Vir die jare lange vriende en komediante Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck is Showmax se 'Soos Pynappel op Pizza' die eerste keer wat hulle die hoofrolle in ’n romkom vertolk. Dié duo vertel meer.

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer
20

terloops se lekkerste onderhoude van 2024

Van 'Een keer om die son' se Donnalee Roberts en 'Suidooster' se Lauren Joseph, tot ’n in-diepte gesprek oor intimiteit op die skerm en doyenne Sandra Prinsloo oor haar geliewe Moekie in 'Koek' – ons skrywers het vanjaar met van Suid-Afrika se talentvolste kunstenaars gesels.

Meer
8

Gesinsvermaak: Kyk dié 8 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Barbie’ tot ‘Fuller House’ – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lange skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies