’n Afrikaanse weergawe van The Office het pas op kykNET begin uitsaai, met akteurs soos Albert Pretorius, Schalk Bezuidenhout, Lida Botha en Ilse Oppelt wat deel van die rolverdeling uitmaak. Hotel se Bennie Fourie is die regisseur en hoofskrywer.
Dis nou al meer as twee dekades sedert die eerste episode van Ricky Gervais en Stephen Merchant se oorspronklike Britse weergawe van The Office in Julie 2001 uitgesaai is, en Die Kantoor is dan die die 14de verwerking van dié formaat. Pole, Frankryk, Kanada en Australië tel onder van die ander lande wat al hul eie weergawes gemaak het, maar dit was veral die Amerikaanse weergawe wat omslagtige sukses behaal het. Oor nege seisoene heen het dié weergawe etlike benoemings en toekennings ontvang.
Die Kantoor is egter nie bloot ’n Afrikaanse vertaling van The Office nie. Die reeks is herverbeel vir ’n plaaslike konteks met die kantoor-omgewing wat verander is na ’n maatskappy wat in polonie spesialiseer, Deluxe Processed Meats, eerder as die papierverskaffer, Dunder Miffler Paper Company, van die oorspronklike storie.
Nog akteurs wat in die stewige rolverdeling verskyn: Daniah de Villiers, Gert du Plessis as Joubert, Mehboob Bawa, Sipumziwe Lucwaba, Carl Beukes, Zenobia Kloppers, Mila de Villiers, Pierre Nelson, Marcel van Heerden, Therese Bam en James Borthwick.
Hier is wat agter die skerms tydens verfilming van dié komediereeks gebeur het (alle foto’s is deur Charl Folscher geneem):



























Die eerste episode van Die Kantoor is Sondag 18 Januarie 2026 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai met die eerste twee episodes wat Dinsdag 20 Januarie op Showmax beskikbaar sal wees. Daar sal weekliks elke Sondag een episode op kykNET uitgesaai word, terwyl twee episodes op Dinsdae op Showmax vrygestel sal word.