Menu terloops
In TV [30 Mar 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van nuwe Afrikaanse komedie, ‘Mevrou Fourie en kie’


Terloops gee vir jou ’n blik agter die skerms op die stel van die komediereeks ‘Mevrou en Kie’ wat in April op kykNET begin. Dié reeks sien ook die terugkeer van Henriëtta Gryffenberg tot die kassie in die hoofrol.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op die stel van nuwe Afrikaanse komedie, ‘Mevrou Fourie en kie’
Kyk lokprent

In Mevrou Fourie & Kie, ’n nuwe Afrikaanse komedie wat eersdaags op kykNET begin uitsaai, besluit Anita Fourie (Henriëtta Gryffenberg) om van haar man, tandarts Barend (Deon Coetzee), te skei. Haar tydsberekening is egter aaklig. Sien, hul dogter, Melissa (Luandri Reynders), los ook net dan haar man, Quintin (Arno Greeff), nadat sy van sy ontrouheid uitvind. Op soek na stabiliteit trek sy terug huis toe. Maar dít gebeur nes Anita self probeer om haar eie lewe weer op koers te kry. En dis nie al nie – Anita se ma, Tina (Elzabé Zietsman), daag ook onverwags op ná sy uit die ouetehuis geskop is.

Jip, dis chaos…

Kyk saam met Terloops na wat op die stel van dié reeks tussen tonele gebeur het. 

Alle foto’s is deur Lisa Skinner geneem.

Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie
Mevrou Fourie en Kie

Mevrou Fourie & Kie begin op Sondag 19 April om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies