Menu terloops

Drama

‘The Handmaid’s Tale’: ’n Ontroerende slot vir ’n reeks wat ons agt jaar lank aan die strot gegryp het

Elisabeth Moss lewer wéér een van die beste karaktervertolkings op televisie in hierdie laaste uittog van die ontnugterende dramareeks 'The Handmaid's Tale'.

Meer

‘Niggies’: Kristen Raath, Cintaine Schutte en nog spelers pak die 80’s aan

Met die vertelling van kykNET se meesleurende waremisdaaddrama 'Niggies' wat oor meer as 20 jaar strek, is daar vanaf die vierde episode ’n hele nuwe lot akteurs wat hulle by die reeds indrukwekkende rolverdeling aansluit.

Meer

‘The Last of Us’ keer terug met ’n ontsaglike tweede seisoen 

Vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey) neem die tweede seisoen van die aangrypende oorlewingsage, ‘The Last of Us’, vir kykers op ’n kragtoer wat die mensdom se verwoestende siklusse van geweld, weerwraak en verwronge geregtigheid op die voorgrond plaas.

Meer

‘Ons ken almal ’n Adam’: Regisseurs vertel oor fliek wat op eie skoolervarings gegrond is

Die skrywer-regisseur Winford Collings en mede-regisseur Liyema Speelman se fliek, ‘Adam’, oor ’n tienerseun wat deur alle soorte hel op ’n militaristiese plaasskool gaan, is wel op hul eie skoolervarings gegrond, maar met temas wat strek van idealisme tot verkrampte manlikheid, is dié nie net húl storie nie. Soos hulle ook dan sê: ‘Ons almal ken ’n Adam.’ 

Meer

‘Ek kan nie glo wat ons reggekry het nie’: Dís hoe die visuele wêreld van ‘Niggies’ geskep is

Elke liewe kledingstuk, motor en mat, word deel van die hartklop van ’n reeks soos ‘Niggies’. Die produksie- en -kostuumontwerpers van 'Niggies', Rocco Pool en Mariechen Vosloo, vertel hoe hulle visuele wêrelde vir TV skep.

Meer

‘Niggies’: Nuwe podcast delf nog dieper as reeks

Kykers is vasgevang deur die boeiende dramareeks 'Niggies' en die ware gebeure wat as die storie se grondslag dien. Juis daarom het kykNET nou ook ’n spesiale podcast vervaardig om hul vertelling oor die ontvoering, verkragting en moord van die twaalfjarige niggies Issie Fourie en Petro Nel in 1966 aan te vul.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Niggies’: Egtheid en menslikheid in elke skoot vervat

Die waremisdaadreeks ‘Niggies’ begin hierdie week op kykNET en hoewel dit moeilike kykstof is, word dit in die hande van vernuftige storievertellers ’n moet-kyk wat wys misdaad is allermins ’n nuwe verskynsel in Suid-Afrika.

Meer

‘Niggies’-vervaardiger vertel oor sy familie se smart én genesing

Hy het as vyfjarige bewus geword van die familietragedie wat ’n blywende impak op hulle sou hê. Dekades later is hy deel van dié treurspel se TV-verwerking. Een van die vervaardigers van 'Niggies', Willem van der Merwe, het op die mees onlangse episode van 'Kwêla' oor dié reeks, en sy familie se verbintenis met die verhaal, vertel.

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Niggies’

FOTO'S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meevoerende nuwe dramareeks, 'Niggies'.

Meer

Transplant S1-4

Op Showmax

Wall Street Journal beskryf 'Transplant' as “die beste mediese reeks op Amerikaanse televisie”.
Meer

The Cleaning Lady S1-4

Op Showmax

'The Cleaning Lady', gegrond op die Argentynse reeks 'La Chica que Limpia', is ’n bloederige misdaaddrama.
Meer

Aktrise Lorcia Cooper Kumalo oor ‘Breekpunt’, toneelspel en Afrikaans op TV

Vir haar spel as Tyson in 'Lockdown' het sy ’n Safta gewen. En vir haar vertolking as speurder Morapedi in die Showmax Original-treffer 'Red Ink', is sy by die Nasionale Rolprent- en TV-pryse vereer. Nou vat Lorcia Cooper Kumalo die tenniswêreld in die nuwe Showmax Original-dramareeks, 'Breekpunt', aan.

Meer
View trailer
Kyk lokprent

Breekpunt S1

Op Showmax

In Showmax se Afrikaanse tennisdrama, Breekpunt, span die aktrise Chelsea Thomas weer kragte saam met haar 'Spinners'– en 'Arendsvlei'-medester Cantona James.
Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

‘Suits L.A.’: Helaas, dis nie Harvey se wêreld dié nie 

Dis deels weens die destydse regsdrama 'Suits' se sukses en amperse kultusaanhang dat dié se spin-off, ‘Suits L.A.’, sover tragies tekort skiet. Maar daar’s hoop. (’n Bietjie.)

Meer

‘Reënboogrant’ se Sunette ’n droomrol vir Mila de Villiers

Om die rol van Sunette in Showmax se verwerking van die 'Reënboogrant'-boeke te vertolk, is ’n droom bewaarheid, vertel aktrise Mila de Villiers.

Meer

Kyk nou: Lokprent vir Jaco Bouwer-reeks, ‘Niggies’, stel volronde rolverdeling bekend

Van Tinarie van Wyk Loots en Jacques Bessenger tot Beer Adriaanse en Cintaine Schutte – van Suid-Afrika se bekendste teater-, film- en televisie-akteurs vorm deel van die besondere rolverdeling van regisseur Jaco Bouwer se nuwe Afrikaanse dramareeks, 'Niggies', wat eersdaags begin.

Meer

Kyk nou: Lokprent vir nuwe Afrikaanse tennisdrama, ‘Breekpunt’

Kykers het haar destyds ontmoet as Angel in die kykNET-telenovela 'Arendsvlei' en later gesien as ’n waaghals agter die stuur op 'Spinners' – nou vertel die aktrise Chelsea Thomas oor haar nuutste rol as ’n jong tennisspeler met gróótse drome in Showmax se Afrikaanse drama, 'Breekpunt'.

Meer

‘White Lotus’ se derde seisoen is skitterende schadenfreude-televisie

Van ’n swak skakel is daar nie ’n enkele een ter sprake op die nuutste seisoen van die dramareeks ‘White Lotus’ nie. 

Meer

‘Tuiskoms’: Afrikaanse storie met ’n universele hart

Afrikaanse televisiereekse deur die kreatiewe-duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films is ongeëwenaar en van 28 Februarie af word die reikwydte van hul storiekuns vergroot na ’n internasionale gehoor, wanneer die reeks 'Tuiskoms' op Netflix vrygestel word.

Meer

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Recipes for Love and Murder’ se tweede seisoen

Tannie Maria is weer aan die kook in ’n tweede seisoen van die gewilde M-Net-reeks 'Recipes for Love and Murder' – hier is ’n blik op wat agter die skerms tydens verfilming op die stel gebeur het.

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies